Jump to ratings and reviews
Rate this book

Vet feetjies vlieg nie

Rate this book
As Lucy Lombaard in Rubens se tyd geleef het, was sy met haar ronde lyf ’n gesogte skoonheid. Maar nou leef sy in ’n eeu waar vrouelywe soos kodestrepies lyk. Om dan nog vir Jan Taks by Bellville se SARS-kantoor te werk dra nie juis by tot haar gewildheid nie. In Lucy se lyf klop daar die hart van ’n feetjie wat veerlig deur die lewe wil gaan. Dis net – vet feetjies kan nie vlieg nie . . . Met die familiefees wat vir haar voorlê, het Lucy ’n metgesel dringend nodig. Billy Bruwer van Media Uniek stel wel in haar belang, maar wil hy eintlik net die blog wat sy as Funky Feetjie skryf in sy nuwe tydskrif gebruik? Lucy se pad kruis met dié van Wouter Weet-als wanneer hulle saam aan die rubriek moet skryf en die vonke spat behoorlik tussen die twee. Al is Billy Bruwer ’n lus vir die oog wat haar hart in die hoogste versnelling plaas.

211 pages, Kindle Edition

Published July 6, 2017

3 people are currently reading
26 people want to read

About the author

Kristel Loots

53 books13 followers
Kristel Loots bly knus agter die boereworsgordyn in die Kaap. Sy luister na die stories om haar en skryf graag oor die vroue wat sy hier – en elders – raakloop. “Gewone” voorstedelike vroue, soms met voorskote om die geronde heupe, ander tye weer modieuse stadsbewoners in stylvolle stiletto’s wat vir niks skrik nie. Of oor “anderste” vroue, verskillende vroue, vroue met issues. Want menswees en veral vrouwees en die vele fasette daarvan fassineer haar. Vroue is stunning en dikwels die hoeksteen wat huis en haard aanmekaar hou en elke vrou het ’n storie.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
10 (30%)
4 stars
13 (39%)
3 stars
8 (24%)
2 stars
2 (6%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 6 of 6 reviews
Profile Image for Amelia Strydom.
Author 10 books59 followers
August 6, 2017
Lucy Lombaard is in die verkeerde eeu gebore. Sy sou haar kurwe-bedeelde lyf model kon hou vir Rubens, maar nou leef sy in 'n hoe-maerder-hoe-beter samelewing. En sy dra so swaar aan haar bagasie daaroor as aan die oortollige kilogramme.
Bedags werk Lucy vir die gehate SARS; saans kry haar alter ego, Funky Feetjie, 'n spreekbeurt op haar blog. Stel jou haar 2XL verbasing voor toe Billy Bruwer van Media Uniek haar kontak. Die man is nie net 'n erelid van SA se Wie's Wie klub nie, hy is mooier as 'n mens. En hy wil hê Funky Feetjie moet 'n rubriek skryf vir sy avant garde tydskrif. Saam met die geheimsinnige (en diepsinnige, besef sy gou), Wouter Weet-als. Voor Lucy kan keer, slaan Billy haar voete onder haar uit. Groot probleem, want Lucy weet uit ervaring dat Vet Feetjies nie vlieg nie, hulle val. Ekstra hard. Nietemin kan sy nie help om te droom nie: sy kan sweer Billy kyk na haar soos 'n volbloedman na 'n begeerlike vrou...
Wouter Weet-als klits haar verder deurmekaar. Hulle kliek net, gesels sommer gou diep dinge per e-pos. Sy sien uit daarna om hom by Media Uniek se glansgeleentheid in lewende lywe te ontmoet. Miskien, net miskien, kry elke pot tóg 'n deksel. Miskien is daar iemand vir haar, iemand wat haar vetrolletjies en al kan liefhê en begeer. Is daardie iemand Billy of Wouter? wonder die leser saam.
Vet Feetjies is nog 'n heerlike chick lit storie uit Kristel Loots se spitsvondige sleutelbord. Enige vrou sal met Lucy identifiseer en duim vashou vir haar geluk. Kristel balanseer humor met dié bittersoet onderwerp, en sy skram nie weg van moeilike kwessies nie. Soos Lucy sukkel ons almal om vrede te maak met 'n liggaam wat nie soos 'n supermodel s'n lyk nie. En die van ons wat nou rêrig plus-size is? Mag Lucy ons inspireer om méér te doen as om onsself te aanvaar: mag ons, soos Snotkop sing, begin glo ons is nie dik nie, maar dikkelicious!
Profile Image for Amanda.
1,164 reviews
December 26, 2022
Kristel Loots is een van ons Afrikaanse skrywers wat baie tuis is in die chicklit-genre. Die verhaal van Lucy Lombaard is goeie bewys daarvan. Lucy is behep met feetjies, soveel so dat sy blog as Funky Feetjie en as sodanig die aandag trek van Billy Bruwer, grootbaas van Media Uniek. Daarmee word die tafel gedek vir ’n onwaarskynlike verhouding en ’n baie lekker storie. Sy is plus grootte, verslaaf aan eet en werk by SARS. Verder het sy nie veel van ’n lewe nie. Sy dra verslete klere want klere koop is ’n nagmerrie. Billy Bruwer, daarenteen, is aantreklik, ryk en bekend.

Ek het weer, soos my gewoonte helaas is, die storie algaande probeer vooruitloop, nogal met groot sukses in hierdie geval. Die voorspelbaarheid ten spyt, verveel hierdie deurwinterde skrywer se skryfstyl nooit. Die bekende fyn humor, maar ook diepgaande emosionele stryd, met die veelbesproke temas van eetversteuring, drankmisbruik en gebroke verhoudings laat die leser nie onaangeraak nie.

Die hartseer realiteit dat feetjies nie vlieg nie, word behendig met die storielyn vervleg. Vet feetjies pas ook nie in die veiligheidsgordels van vliegtuie nie, en raak verstrengel in swart toppies in benoude aantrekkamers vol spieëls. Maar dalk is daar net ’n Rots van Gilbraltar wat ’n vet feetjie kan liefkry vir wie sy is, nie vir hoe sy vlieg nie.

Profile Image for Alta Cloete.
Author 32 books49 followers
September 5, 2017
'n Lekker liefdesverhaal met Kristel Loots se bekende humor en insig. 'n Moet vir chicklit-aanhangers. En 'n uitdaging vir dié wat nog nie weet chicklit kan ook in Afrikaans werk nie.
Profile Image for Christine Byleveld.
232 reviews2 followers
March 2, 2020
Die boek het my teleurgestel. Die storie idee is goed (3 sterre werd), al kon ek van die ontknoppings voorspel. Die verteller is vet. Die leser leer haar ken en vind uit sy het heelwat issues daarmee. Sy dink heeltyd almal maak snedige opmerkings oor haar gewig en dat geen man ooit na haar sal kyk nie. Maar waar sy nou in haar lewe is, het sy dit gelate aanvaar. Dis in haar gene. Dan, as die Held haar vertel dat hy haar lief het, is dit vir haar te veel om te glo. Hoe kan hy? Sy is dan vet. Daar is 'n paar situasie wat ook vreemd hanteer word, in die moderne tyd van Uber, selfone en winkels met pragtige klere vir die voller figuur. En terloops, ek het baie meer gehou van die kostelike Mario.
Displaying 1 - 6 of 6 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.