Jump to ratings and reviews
Rate this book

Die koning se wingerd

Rate this book
Agab staan verskeurd. Moet hy getrou bly aan die ou Israelitiese waardes, of kan hy sy heidense vrou, die skone en geslepe prinses Isebel, volg die afvallige tydsgees in? Teenoor die lis van Isebel staan die skraal, profetiese figuur van Elia. Elia wat die droogte oor Israel voorspel, die profete van Baäl in 'n tweestryd op Karmelberg verneder, en uiteindelik die finale doemwoord oor Agab en sy huis uitspreek. Hierdie boek vertel ook die verhaal van Nabot, godvresend, maar nie bereid om te erken dat God die God van alle mense is nie. En van die liefde van Nabot se seun Johanan vir Ada, die dogter van hul dienskneg. Dan is daar Johanan en God se plan om Israel te verlos van Agab se slegte regering... Die geliefde skrywer F.A. Venter herskep die wêreld van Agab, Nabot en Johanan, die vroue in hul lewens, en die politieke strome wat hul omring het, met die gesag van iemand wat diep nagevors en gedink het. Hy laat dié aangrypende stuk Bybelse geskiedenis opnuut leef in fyn besonderhede, en die Bybelse waarhede wat só deurskemer is verstommend relevant vir vandag.

293 pages, Kindle Edition

First published January 1, 1984

Loading...
Loading...

About the author

F.A. Venter

20 books21 followers
François Alwyn Venter was born in Hopetown on 27 November 1916. He attended school at Vioolskraal, Strydenburg and Hopetown, and matriculated in 1934. He studied at Stellenbosch University and commenced a career as journalist in 1938, working in Cape Town, Pretoria, Windhoek and Johannesburg. In 1960 he began farming in the Kenhardt district, and ten years later started farming near Vredendal in the Olifants River Valley. In 1976 he retired to Strand, where he began to write full-time.

F.A. Venter was known for his historical novels, short stories and books for young adults. He received the Hertzog Prize for prose in 1961 for his novels Swart pelgrim and Geknelde land. Geknelde land formed part of his Great Trek tetralogy which appeared in the 1960s and also included Offerland, Gelofteland and Bedoelde land. His last book, Van Botterkraal na Altena, appeared in 1996 in celebration of his 80th birthday. It contained a selection from his four autobiographical works, one of which, Die keer toe ek my naam vergeet het, won him the Andrew Murray Prize in 1996. This book is about his recovery after suffering a stroke in 1990. F.A. Venter died on 8 July 1997 at the age of 80.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
46 (50%)
4 stars
36 (39%)
3 stars
6 (6%)
2 stars
2 (2%)
1 star
1 (1%)
Displaying 1 - 4 of 4 reviews
Profile Image for Heidi Sinclair.
77 reviews7 followers
August 25, 2018
According to I Kings 21:1-16, Naboth owned a plot of land close to the palace of King Ahab, who wished to acquire it for a vegetable or herb garden. Naboth, however, had inherited his land from his father, and he refused to sell it to the king. Since it was an inheritance, the law forbade him from selling it outright.

Frustrated at not being able to procure the vineyard, Ahab returned to the his palace and went to bed without eating anything. His wife, Jezebel, after learning the reason for his being upset, asked mockingly, "Are you not the king?" She then said that she would obtain the vineyard for him. To do so, she sent a letter, under royal authority, directing the Elders to falsely charge Naboth with blasphemy......

FA Venter het hierdie boek in 1984 vrygestel. As tiener in 1990 het ek dit as voorgeskrewe boek op skool vreeslik baie geniet. Nou 28 jaar later het ek weer dit geniet. FA Venter se navorsing oor Nabot, Johanan, Isebel, Agab en Elia was uitstekend, die verhaal is boeiend, aangrypend en regtig goed geskryf.
Profile Image for Jan Harm.
12 reviews
March 13, 2024
I have read this probably 5 times since leaving high school. Im in love with the characters, its eventful and easy to read.
Profile Image for Barend van der Merwe.
51 reviews1 follower
November 20, 2023
Ek is nie die godsdienstige soort nie. Maar geniet 'n roman soos hierdie van tyd tot tyd. En dan is daar Bybelse romans EN Bybelse romans. Die verskil le by die skrywer. F.A. Venter is nie verniet 'n bekroonde en geliefde skrywer nie. Die manier hoe hy die Bybelse gegewens verwerk het tot 'n meesterlike, meesleurende eenheid, maak die lees van hierdie boek absoluut die moeite werd. Die karakter genaamd Johanan, wat die hoofkarakter is, skyn totale fiksie te wees, en ek het nie die karakter in die Bybel raakgelees nie. Bygese, ek het nie die Bybel se weergawe soos vervat in 1 Konings weer noukeurig deurgelees nie. Die medekarakters kom wel grotendeels uit die Bybel, soos koning Agab, sy vrou Isebel, Nobot, wat die vader is van Johanan, en die hele verhaal van Nabot se wingerd, is alles oorgeneem uit die Bybel.

Een sagte punt van kritiek, ek dink nie die boek is juis histories akkuraat nie. Dit is geskryf deur die bril van die Christelike interpretasie van die oorspronklike verhaal. Die skrywer probeer gedurig die Israeliete se godsdiens meer verbruikersvriendelik voorstel, en vir God voorstel as 'n vriendelike God wat alle volke en mense liefhet en wil red. Dit is gewis nie die realiteit van antieke Israel en hulle god nie. Dit is maar die Christelike interpretasie van daardie god.

Oor FA Venter se soort taal sal mens seker 'n hele boek vol kan skryf. As daar net een uitstaande rede is om sy boeke te lees, dan is dit om die taal daarin te bewonder. Dit is nie elke mens wat so met Afrikaans kan omgaan nie. Maar benewens die taal, is daar die storie. Storie ja, want dit is fiksie. Maar wat 'n storie is dit nie!
Displaying 1 - 4 of 4 reviews