Elle kan nie wag vir die Musikanto-musiekfees in Parys nie. Maar hoekom tree die nuwe goth-meisie so vreemd op? En sal Elle dit regkry om Divan se rockgroep te red? Nog 'n Elle-avontuur – propvol raaisels, romanse en rock!
Christien het grootgeword op Bloemfontein en Pretoria. Sy woon tans saam met haar man in Sandton. Sy het ‘n pro bono spraakterapie-praktyk en hou haar ook besig met toetsing, voorligting en terapie by ’n plaaslike parallelmedium laerskool. Christien is baie lief vir haar drie kinders, honde en leer al 30 jaar lank Frans. Kondensmelk is haar eerste boek.