Jump to ratings and reviews
Rate this book
Rate this book
Onskuld word nie maklik bewys nie ... veral nie 'n tweede maal nie

588 pages, Paperback

First published January 1, 2009

2 people are currently reading
63 people want to read

About the author

Chanette Paul

68 books142 followers
Chanette Paul word rond en bont groot. Sy woon nege skole by, studeer aan vyf universiteite en het al in sewe provinsies gebly. Haar eerste verhaal waarvoor sy betaling ontvang het, is ‘n sprokie wat sy op sestienjarige ouderdom geskryf het en op Siembamba voorgelees is. Die tweede, ‘n kortverhaal, is in haar universiteitsjare in Huisgenoot gepubliseer.
Eers twintig jaar later, in 1995, gee sy weer aandag aan haar skryfwerk. Sedertdien het ‘n verskeidenheid verhale en humoristiese artikels in tydskrifte verskyn asook in die omgewing van 50 boeke in verskillende genres.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
53 (51%)
4 stars
33 (32%)
3 stars
13 (12%)
2 stars
4 (3%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 8 of 8 reviews
Profile Image for Marnich.
87 reviews3 followers
August 10, 2017
Weer een uit die boonste rakke uit.
Het dit baie geniet.
Chanette jou yster!
Profile Image for Carolien.
1,084 reviews139 followers
January 28, 2018
Chanette Paul het weereens 'n uitstekende boek met hierdie komplekse moordvehaal die lig laat sien. Die ou spreekwoord van "weerlig slaan nie twee keer in dieselfde plek nie" is van toepassing en in hierdie geval word beide die weerligstrale deel van die storielyn.

Kayla Cilliers wen 'n skryfkompetisie wat haar na die kustenaarsdorpie Bohemia bring en 'n toevlug verskaf vir die vrou wat verdink word (maar waar daar nooit genoegsame bewyse was nie) van haar eerste man se moord. Met die intrapslag op Bohemia kom sy op Rose-Anne Lockwood, die outeur wat haar sou help om haar eerste boek klaar te maak, se lyk af. Nog 'n lyk, nog 'n vingerafdruk.

Gys Niemand mag nie die nuutste moord ondersoek nie en versit homself na die toneel van die eerste moord waar hy agterkom dat alles nie pluis is met die oorsponklike ondersoek nie. Die twee storielyne word verweef met 'n groep eksentrieke en interessante karakters wat lank in jou geheue sal bly. Kan nie wag om die volgende een in die reeks te lees nie.
Profile Image for Lelani.
101 reviews30 followers
June 15, 2017
Kayla Cilliers wen 'n skryfkompetisie en een van die pryse is om vir 'n maand lank saam met haar mentor, Rose-Anne Lockwood, aan die manuskrip te slyp.

Na 'n misverstand kom Kayla uiteindelik by Bohemia, die kunstenaarskolonie wat aan Rose-Anne behoort, aan. Net om haar mentor vermoor aan te tref. Die enigste probleem is dat Kayla reeds voorheen vir moord aangekla was en sy het aan die moordwapen gevat.

Boheem is vol kleurryke karakters en 'n regte prutpot wat net wag om te ontplof. Boon-op het elkeen op Bohemia 'n motief om van Rose-Anne ontslae te wou raak.

Boheem is soos 'n eietydse sprokiesverhaal. Die koninkrykie, Bohemia, met Kayla, die prinses wat gered moet word. Mitch die sjarmante prins. Rose-Anne, die onwaarskynlike fairy godmother, 'n profesie en 'n soektog na antwoorde, onder andere wie die bose heks/towenaar is.

Van al die Gys-boeke is Boheem my gunsteling en beslis 'n moet-lees vir enigeen wat van 'n lekker boek propvol intrige hou.
Profile Image for Anne-Marie.
261 reviews25 followers
September 16, 2012
Nog 'n uitstekende Gys boek. Ek voel elke keer soos 'n koshuiskind aan die einde van die skoolvakansie as ek een van Chanette Paul se boeke klaar gelees het. So half verlore, verlangend na die karakters wat ek tussen die blaaie moet agterlaat.
Profile Image for Maja the Bookworm.
65 reviews
December 10, 2016
Kayla Cilliers vertrek na die kunstenaarskolonie, Bohemia, om by die wêreldbekende skrywer, Rose-Anne Lockwoord, te leer. Wanneer sy daar aankom, kom sy op Rose-Anne se lyk af. Kayla is vrygespreek van die moord op haar eksman, maar sy kan nie haar verlede afskud nie. Nou word sy weer verdink. Sal sy haar onskuld kan bewys? En sal sy haar gevoelens vir Rose-Anne se broer, Mitch, kan in toom hou?
Boheem is ‘n heerlike spanningsverhaal. Ek het veral daarvan gehou dat kuns en kreatiwiteit so ‘n groot deel van die storie is.
101 reviews3 followers
June 10, 2016
baie goeie boek.
dit het my gebind van die begin tot die einde, sy mag maar boeke skryf.

Chanette dankie vir die lekker leesstof.
Displaying 1 - 8 of 8 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.