Jump to ratings and reviews
Rate this book
Rate this book
Een en twintig uitverkorenes van die Meetsnoer Tempel sal op 20 Oktober 2010 weggeraap word. Dit sal die begin wees van die einddae van die aarde en die verskrikking wat daarmee gepaardgaan.

Voor die wegraping egter kan plaasvind, moet die apokaliptiese sluier gelig word. Profeet Sias moet neerskryf wat aan hom geopenbaar word en dit kan net op die nuwe Eden gebeur.

Toe Raine Quinn Fluisterbos koop, weet sy nie sy ry Sias se heilige taak in die wiele nie, ook nie dat Fluisterbos die nuwe Eden is nie. En nog minder van Flint Fletcher se obsessie oor dié klein stukkie oerbos. Sy kon ook nie voorsien dat een van die Meetsnoer-lidmate die nag van haar aankoms op Fluisterbos vermoor sal word nie.

Raine twyfel of die aarde se einde werklik in sig is, maar besef kort voor lank, haar eie is dalk wel.

Inspekteur Gys Niemand en Fortuintjie moet weer hulle speurvernuf inspan ondanks teenkanting in eie geledere.

617 pages, Kindle Edition

First published January 1, 2010

5 people are currently reading
48 people want to read

About the author

Chanette Paul

68 books142 followers
Chanette Paul word rond en bont groot. Sy woon nege skole by, studeer aan vyf universiteite en het al in sewe provinsies gebly. Haar eerste verhaal waarvoor sy betaling ontvang het, is ‘n sprokie wat sy op sestienjarige ouderdom geskryf het en op Siembamba voorgelees is. Die tweede, ‘n kortverhaal, is in haar universiteitsjare in Huisgenoot gepubliseer.
Eers twintig jaar later, in 1995, gee sy weer aandag aan haar skryfwerk. Sedertdien het ‘n verskeidenheid verhale en humoristiese artikels in tydskrifte verskyn asook in die omgewing van 50 boeke in verskillende genres.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
33 (41%)
4 stars
29 (36%)
3 stars
14 (17%)
2 stars
2 (2%)
1 star
2 (2%)
Displaying 1 - 9 of 9 reviews
Profile Image for Karin Behrens.
65 reviews7 followers
July 1, 2017
Hoe weet jy wanneer jy ‘n goeie boek in jou hande het ? As jy dit met die herlees WEER nie kan neersit nie! Meetsnoer van Chanette Paul is SO ‘n boek. Ons maak weer kennis met Inspekteur Gys Niemand, Fortuintjie en Gertjie. Die boek is propvol spanning, intrige ‘n beeldskone heldin. En n ‘’hunky’ held’….. of nie? Humor bly ook nie agterweë nie.

Op ‘n ernstiger noot: Ek hou daarvan dat Chanette nie skroom om kontroversiële en relevante onderwerpe aan te spreek nie. In die geval kom destruktiewe sektes en kultusse ter sprake en hoe mense se kwesbaarheid en goedgelowigheid deur ander uitgebuit en gemanipuleer word. Chanette is ‘n skrywer wat groei met elke boek wat sy skryf.
Profile Image for Marnich.
87 reviews3 followers
August 21, 2017
Wow!
Chanette het haarself weer oortref met die boek.
En ek weet, elke keer as ek klaar is met een van haar boek dan sê ek die een is so vêr die beste. Elke boek is net beter en beter.
Eers toe ek sien die boek het te dien met kerke en tempels het dit my bietjie af gesit. Maar nou is ek spyt die boek is klaar.
Profile Image for Adele Vorster.
97 reviews8 followers
February 10, 2017
"'n Sprokiesomgewing is goed en wel, maar nare dinge gebeur in woude. Vra maar vir Rooikappie. Vir Hansie en Grietjie. Raponsie. Sneeuwitjie. Okei, miskien nie Sneeuwitjie nie, dié het redelik veilig by die dwerge uitgekom, maar sy laat haar nie vertel die Brothers se naam was per toeval Grimm nie en hulle het alles van woude geweet" (bl. 32).

Raine Quinn kan haar geluk nie glo toe sy Fluisterbos koop nie. 'n Stukkie paradys is haar uiteindelik beskore. Of só dink sy. Die Meetsnoer-gemeente wat naby Fluisterbos bly, begin gou om dinge vir haar moeilik te maak - baie moeilik. Hulle leier, Profeet Sias, glo dat Fluisterbos die Nuwe Eden is vanwaar die wegraping gaan plaasvind. Dan is daar boonop Flint Fletcher wat glo Fluisterbos kom hóm toe. Raine se lewe ontaard gou in 'n nagmerrie. Wat staan haar te doen?

Ons ontmoet weer vir Inspekteur Gys Niemand en Faantjie Fortuin. Sal hulle betyds wees om 'n tragedie af te weer?

Die skrywer ondersoek in hierdie roman, onder andere, die tema van geestelike mishandeling en manipulering. Dit was vir my eindeloos fassinerend.

Dit was my tweede leeservaring van Meetsnoer en ek kon dit wéér nie neersit nie. Afrikaans is skatryk om 'n skrywer soos Chanette Paul te hê.
Profile Image for Lelani.
101 reviews30 followers
June 15, 2017
"Vrae soos waarom mense vernietiging so graag verheilig. Waarom mense vergeet om te leef en hulle eerder toespits op die einde van die aarde. Waarom daar soveel klem gelê word op sonde pleks van vreugde, die bose in stede van die goeie, Satan eerder as Christus."

Raine Quinn word uitgekryt as 'n Satanis en die smeerveldtog wat op grond van die wanpersepsie geloods word, kos haar haar besigheid.
Oppad na Fluisterbos waar Raine hoop om vir haar 'n nuwe lewe te begin, ry sy iets in die donkerbos raak.
By Fluisterbos en Niemandsdorp kruis Raine se pad weer met 'n destruktiewe kult wat alles in hulle vermoë sal doen om Fluisterbos te besit en dit sluit selfs moord in. Haar pad kruis ook met Flint Fletcher wat sy eie motiewe en agenda.

In Meetsnoer het Chanette die impak van indoktrinasie en die charismatiese invloed wat sekteleiers op hulle volgelinge het met 'n akuraatheid weerspieël wat my nog lank koue rillings sal gee. Die spanningslyn is ook snaarstyf gespan en jy kan nie anders as om asem op te hou om te sien of Raine en Flint hulle self betyds uit die gemors gaan kry nie.

Meetsnoer is die 4de boek in Gys-reeks en 'n waarlike moetlees.
101 reviews3 followers
December 21, 2016
11/10 vir #Meetsnoer #LAPA Uitgewers
Meetsnoer is die vierde boek in die Gys Niemand-reeks deur Chanette Paul. Sy is 'n ongelooflike skrywer. Ek is 'n leesvraat en kan nie genoeg van haar boeke lees nie.
Daar is baie aksie en bietjie romanse in haar boeke.
Meetsnoer is boeiend en die leser bly aan die raai oor wie goed en wie boos is in die boek.
Ek beveel dit aan saam met die res van die Gys Niemand-reeks boeke.
Profile Image for Carolien.
1,071 reviews139 followers
June 3, 2018
Ek is mal oor die Gys Niemand reeks en Chanette Paul het weereens 'n uitstekende boek geskryf. Dis egter baie donkerder in toon en die tema van 'n kultuskerk waar vroue effektief as onderdanige slawe moet optree met lydsame gevolge vir enige oortreding het dit 'n uitdagende en uitmergelende lees gemaak. Dis boeke soos hierdie waarteen die oppervlakkige storielyne en karakters van soveel internasionale speurverhale erg afsteek.
Displaying 1 - 9 of 9 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.