Jump to ratings and reviews
Rate this book

Sielsiek

Rate this book

240 pages, Paperback

Published October 1, 2017

1 person is currently reading
8 people want to read

About the author

Henk Swanepoel

2 books1 follower

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
0 (0%)
4 stars
5 (50%)
3 stars
3 (30%)
2 stars
1 (10%)
1 star
1 (10%)
Displaying 1 - 2 of 2 reviews
Profile Image for Karin Behrens.
65 reviews7 followers
November 3, 2017
Sielsiek: Die psige van Suid-Afrika se koel bloedigste misdadigers: Dr Henk Swanepoel en Carla van der Spuy

Die psige van Suid-Afrika se koelbloedigste misdadigers

Waarom pleeg mense geweldsmisdade? Dit is die vraag wat in Sielsiek beantwoord word. Die doel van die boek is om gedrag te verduidelik, nie om dit te verskoon nie.
In die eerste deel Sielsiek word persoonlikheidsversteurings bespreek. Dan volg ‘n hoofstuk waarin die verband tussen middelmisbruik en misdaad bespreek word. Die teoretiese kennis van die twee hoofstukke word dan aan die hand van vyf gevallestudies bespreek, onder andere die moord op die AWB-Leier, Eugene Terre’Blanche, ‘n kind wat beide sy aannemende ouers vermoor het en ook die psige van ‘n pedofiel. Die boek word afgesluit met die vraag of daar hoop op rehabilitasie vir geweldsmisdadigers is.

Dr Henk Swanepoel is ‘n kliniese sielkundige en Carla van der Spuy ‘n gesoute joernalis. Dit is duidelik dat hulle ‘n gedugte span vorm want die teoretiese kennis en die onderhoude met die misdadigers word uiters leesbaar aangebied. Sielsiek is ‘n baie interessante boek en baie goed nagevors.

Displaying 1 - 2 of 2 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.