Jump to ratings and reviews
Rate this book

Hans steek die Rubicon oor

Rate this book
Hans loop op 90 nié met ’n loopring nie. Sy orige kinders maneuvreer hom vanuit hul tuistes oorsee in Huis Madeliefie in, maar Hans skop nog kliphard, en gou lei hy ’n ouetehuisopstand teen die onhoudbaar drakoniese matrone. Dis daggakoekies, ontkleedansers en vet sports net waar jy kyk in hierdie hoogs komiese roman oor oudword op eie terme.

193 pages, Kindle Edition

First published January 1, 2017

56 people are currently reading
109 people want to read

About the author

Rudie van Rensburg

29 books65 followers
Rudie van Rensburg is op 6 Oktober 1951 in Bloemfontein gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein en behaal die grade BA (HOD) en BA (Kommunikasiekunde) aan die Universiteit van die Vrystaat en ’n BA (Hons.) in Kommunikasiekunde aan Unisa.

Hy begin sy loopbaan as joernalis by Die Volksblad in die sewentigs, waarna hy in 1982 mede-stigter en uitgewer van Bloemnuus (die eerste gratis weekkoerant in die Vrystaat) sou word en later die redakteur van Die Ekonoom (’n landwye saketydskrif). Hy was ook verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat se skakelburo voordat hy in 1987 Kaap toe verhuis en hom by Sanlam aansluit. In sy twee dekades by Sanlam is hy onder meer senior bestuurder: reklame, uitgewer van die kliëntetydskrif Sanlamklub en hoof: borgskappe en promosies.

In 2008 word sy komedie Die Begrafnis (onder die skuilnaam van Phil Janse) by die KKNK bekroon met die Sanlamprys vir Afrikaanse Teater (beste dramaturg), en word opgevoer by al die groot Afrikaanse kunstefeeste. Die Begrafnis verskyn ook in boekvorm by Genugtig! Uitgewers. In 2009 verskyn ’n selfpublikasie van hom, Die Doempies van Tafelberg, vir kleuters.

Sy debuutroman, Slagyster, was een van die drie finaliste vir die Jan Rabie-Rapport-prys vir Afrikaanse debuutfiksie wat in 2013 by enige uitgewer in Suid-Afrika verskyn het. Slagyster is ook een van die drie finaliste vir die Prys vir Spanningslektuur van die ATKV-Woordveertjies.

Hy skilder ook die afgelope 26 jaar, het meegedoen aan verskeie uitstallings in Suid-Afrika, en sy werke is opgeneem in versamelings in Suid-Afrika, die VSA, Duitsland, Brittanje, Australië en Nieu-Seeland.

Hy is getroud met Lize en het drie kinders, MC, Neil en Amieke.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
108 (38%)
4 stars
102 (36%)
3 stars
50 (18%)
2 stars
14 (5%)
1 star
3 (1%)
Displaying 1 - 30 of 31 reviews
Profile Image for Thea.
22 reviews2 followers
October 22, 2020
'n Heerlike boek om te lees. Het kliphard sit en lag.
Profile Image for Marie-Antoinette.
245 reviews
May 13, 2019
Ek het nou regtig die boek baie geniet. Die eerste keer wat ek besluit het om die boek te lees, was toe RSG dit begin gebruik het as hulle boek voorlesing en Tobie Cronje doen uitstekend. Terwyl ek die boek gelees het, was dit asof ek hom die boek kon hoor lees. Selfs Hans se dogter Carla, Boerbok, Matrone Van Dussen, Vasie, Baby en ander karakters se stemme kon ek hoor in Tobie se stem. Hy doen 'n puik taak om die boek te lees.

Ek het dit so geniet om die boek te lees en was eintlik hartseer toe dit klaar was.

Gelukkig kon ek die boek op 'n uitverkoping kry en dus kan ek dit vir my ouers gee om te lees.
Profile Image for Ad Wegner.
17 reviews4 followers
January 1, 2021
Goeie humoristiese blik van rebelsheid op geykte ouderdom bied goeie vakansie vermaak sonder inspanning. Outydse idiome en taalgebruik kleur die prent ten volle in.
Profile Image for Anne-Marie.
261 reviews25 followers
December 15, 2017
Op 90-jarige ouderdom prop Hans se kinders hom in die ouetehuis, teen sy sin en wil. Omdat sy huis, volgens hulle, nie meer veilig is nie. Hans is nog op en wakker vir sy jare en die ouetehuis wat hulle vir hom kies, is 'n kloon van Pretoria Sentraal gevangenis. Die matrone is dan ook 'n gewese personeellid van Pretoria Sentraal of Kgosi Mampuru, soos dit deesdae bekend staan.

In sy nuwe tuiste rebelleer Hans teenoor die drakoniese reëls soos 'n tiener wat pas sy plek in die wêreld ontdek het en dit ly tot allerhande snaakse avonture vir hom en 'n paar nuwe vriende.

Ek kan verstaan dat hierdie boek nie in almal se smaak sal val nie. Hans se avonture is somtyds regtig te dik vir 'n daalder. Dis herinner aan 'n James Bond fliek, waar James Bond ontsnap uit die mees onmoontlike situasies. Tog het ek die lees baie geniet. Ek hoop wanneer ek eendag 90 jaar oud is, sal ek nog Hans se "spunk" hê.

Eerstens dink ek mens moet die boek tong-in-die-kies lees. Verder kry die skrywer dit baie goed reg om uit te beeld hoe maklik kinders vergeet hul ouers is ook nog mense wat geken en gereken wil wees in besluite oor hul lewens, maak nie saak hoe oud hulle is nie en veral as hulle nog redelik gesond is. Ou mense is nie breindood nie. Meeste van hulle het nie vergeet hoe dit was om jonk te wees nie. Hulle wil nie nutteloos en weggegooi voel net omdat hulle ouer as 65 is nie. Deesdae is 70 die nuwe 50. Kinders wil aangaan met hul lewens en nie bekommerd wees oor hul ouers nie, maar dan dink hulle verkeerdelik dis goed en reg om die ouer in 'n inrigting te gaan stop, sonder dat hulle regtig seker maak van wat die ouer self wil hê of hoe daardie inrigting werklik is wanneer die deure toe is en daar nie buitestaanders binne is nie.

Ek sal hierdie boek aanbeveel, al is dit vir die alleenlike rede dat elke volwasse kind wat dit lees kan verstaan dat 'n bejaarde ma of pa ook steeds 'n mens met gevoelens, wense en drome is, maak nie saak hoe oud hulle is nie.
Profile Image for Gerhard.
75 reviews27 followers
September 26, 2019
Ek kan my nie voorstel dat enige leser Rudie van Rensburg se roman sal begin lees sonder om sommer vanaf die eerste bladsy die lagbuie te prober onderdruk nie. Binne oomblikke begin die pret met mening, en kort voor lank galop Hans se verhaal soos ‘n wulpse hingsie in volle vaart onder jou uit. Jy moet net klou om by te bly.

Om ‘n lastige cliché-agtige uitdrukking te gebruik: Hans mag oud wees, maar koud is hy voorwaar nie. Hy gaan hom beslis nie laat onderkry deur sy skynheilige kroos nie, en nog minder deur die tiraniekke Matrone van Dussen (eks-tronkbewaarder) en haar slaafs-getroue “adjudant” Esmeraldus nie. Hans is ‘n doring in Van Dussen se vlees, en hy maak moleste wat haar gesag om elke hoek en draai skouspelagtig ondermyn. Die skrywer slaag daarin om van die matrone ons eie Nurse Ratched van “One Flew Over the Cuckoo’s Nest”-faam te maak. Ek kon nie wag om dié dierasie tot ‘n val te sien kom nie.

Daar sal seker lesers wees wat hierdie wilde rit as vergesog of darem net so ‘n bietjie buite beheer sal klassifiseer. Ek hoef sekerlik nie te beklemtoon dat ons hier met ontspanningslektuur te make het nie, waarvan hierdie roman ‘n voortreflike voorbeeld is. Hopelik bestaan daar nie in werklikheid ‘n tehuis waar sulke kleingeestige reëls en regulasies (om nie van strafprosesse te praat nie) aan die orde van die dag is nie!

Gordel jou dus in en laat Hans en ‘n hele horde onvergeetlike karakters toe om jou te laat vergeet van skete en klagtes.
Profile Image for Susanna.
252 reviews7 followers
June 25, 2021
Hans steek die Rubicon oor
Rudie van Rensburg
 
Hans is al 90 jaar oud en bly op sy eie. Hy is hardkoppig, baie gesond vir sy ouderdomen is nie op sy mond geval nie. Sy kinders bly oorsee met hulle families en is bekommerd oor hom alleen is sy huis – hy moet outehuis toe gaan.
 
Skielik moet hy tussen ‘n spul siek ou mense gaan sit en vergaan in ‘n koshuis vir die oud en vergete? Nee dankie! Hans doen alles in sy mag om dit te voorkom. Ongelukkig vir Hans, loop sy hardkoppige gene sterk in sy kinders en word hy geforseer om Huis Madeliefie sy nuwe tuiste te noem. Hymaak egter gou vriende wat hom baie graag help om die outehuis en al sy reels en die kwaai matrone te ondermyn. Hopelik word hy uitgeskop en kan die plek verewig verlaat.
 
Dinge is egter nie so eenvoudig nie. Om selfs net by ‘n eiendomsagent uit te kom om ‘n bekostigbare woonstel te soek, is ‘n opdraende stryd. Hans en sy makkers is soos ‘n spul stout skoolkinders en mens kan nie glo watse avonture hulle alles het en wat hulle alles aanvang nie. Van hongerstakings tot geheime organisasies, hou Hans Huis Madeliefie en hul bestuur behoorlik op hul tone.
 
Hierdie is ‘n heerlike boek om mee te ontspan en lekker te lag. Ek sal dit beslis aanbeveel vir enigeiemand wat ‘n lekker boek soek om mee te ontspan en so die manewales van Hans en Huis Madeliefie te kan geniet.
Profile Image for Amanda.
1,154 reviews
January 7, 2018
My nuwe leesjaar het op ’n baie goeie noot afgeskop, met my eerste kennismaking met die skryfwerk van Rudi van Rensburg. Weliswaar beweeg hy hier uit sy gewone genre, maar hy doen dit met die gemak wat 'n ervare skrywer definieer. Vanaf die eerste paragraaf, ’n veelseggende drie woorde, het die hoofkarakter, Hans, my volle aandag gehad. Heel gou was ek oortuig dat die verhaal lees soos ’n kortverhaal met effektiewe en ekonomiese woordgebruik. Hierdie waarneming is toe ook bevestig deur ’n onderhoud wat ek later raakgelees het op litnet, en ook die erkennings aan die einde van die boek. Ek is dit roerend eens dat Hans se kortverhaal ’n volledige boek verdien het.

Die manewales van ’n negentigjarige het gesorg vir oorgenoeg humor, terwyl ek toenemend gesidder het oor die gevolge wat hy vir homself op die hals haal. Die storie is ingekleur deur 'n verskeidenheid van newekarakters wat almal oortuig en vermaak het. Daar is egter ook die hartseer van ouers wat hulle kinders aan die buiteland verloor, en die frustrasies wat met oud word gepaard gaan, wat gesorg het vir die meer nugtere sy van die storielyn.

’n Verhaal wat oud en jonk kan waardeer; dit lees maklik terwyl dit jou deur 'n wye spektrum van emosies neem.
8 reviews1 follower
December 30, 2021
Ligte leesstof. Jy gaan nie slimmer of dieper raak met die lees van die boek nie. Dis vermaak, mens kry lag en dink “wtf” maar dis lekker. Dis n lekker boek om n vakansie af te skop om jou in n ligter bui te kry. Kan hom aanbeveel.
Profile Image for Trisa Hugo.
Author 10 books33 followers
December 5, 2017
Ek kon net nie aanklank vind hierby nie. Dis een van daardies, you either love it or you hate it. Jammer, Rudie, ek het probeer vasbyt.
1 review
June 28, 2019
Miskien het dit gehelp dat ek dit oor rsg deur Tobie Cronjé, voorgelees, gehoor het? Hy het heeltyd in my kop sommer self die hoofrol gespeel! Ek het myself gate uit geniet!
5 reviews
July 4, 2019
Puik! Lekker gelag. Goeie taalgebruik. Oulike storie. Wens iemand wil die fliek maak!
61 reviews3 followers
November 20, 2019
Hoe lekker kan mens nou lag vir
Hans en sy makers se doen en late... Maar ook bietjie met n traan.
Profile Image for Margitte.
1,188 reviews667 followers
September 11, 2022
Ons hoofkarakter is Hans van Kraaienburg.

Die Verenigde Nasies, dis hoe hy sy kinders bejeen: vier van hulle—wat so wyd soos die Heer se genade oor die aardbol versprei is. Daar is Carla in Vancouver, Ben in Christchurch, Willem in Melbourne en Mara in Tokio(bene in die lug na 'n heup operasie). Ookal almal bejaard, sou 'n mens kon sê, gegewe dat Hans van Kraaienburg homself al negentigjaar die aarde bewoon. HULLE besluit dat hy na 'n versorgingsoord moet verhuis. Soos die welbekende Franse viermanskap Athos, Porthos, Aramis en D'Artagnan, staan hulle gedetermineerd saam as die Van Kraaienburg- musketiers om Hans van homself en sy onafhanklike lewenstyl te verlos, en slaan die bot toe op Huis Madeliefie, waar 'n skrikbewind gevoer word d.m.v. die fanatiese bestuur van Matrone Van Dussen. Sy word bygestaan deur Esmeraldus Hanekom. In Hans se weltaligheid word die duo opslag herdoop na Krimpvarkie en Boerbok. Sy twee voorbok kinders, Ben en Carla, herdoop hy die Goebbels-tweeling.

Volgens Hans word die plek omring deur die Berlynse muur, en matrone handhaaf streng skedules wat insluit ligte uit om nege, stiltetyd voor etes, skellende alarms wat opstaantyd, etes, en enige ander aktiwiteit aankondig. Dié streng militaristiese reëls het goed gewerk tydens haar dienstydperk as kolonel in die Department van Korrektiewe Dienste. Dit het ook die afgelope vyf jaar orde gehandhaaf in die ouetehuis.

Miskien was Hans een van Dylan Thomas se aanhangers wat vasgeglo het dat die lewe op aarde nie gedwee en moeg afgesluit moes word nie.

Do not go gentle into that good night,
Old age should burn and rave at close of day;
Rage, rage against the dying of the light.


Dis hierdie houding van Hans wat 'n nuwe tydperk inlei in die lewe van Huis Madellief en die inwoners. Maar eers beoefen hy 'n vernuftige Houdini-manoever en verdwyn Namibië toe vir twee weke waar hy bekendgestel word aan besonderse koekies. Nou ja, dit het 'n lughawe beampte sy werk gekos nadat Hans vir hom twee koekies gegee het om saam met sy middagkoffie te geniet.

Spoedig het Hans genoeg gehad van die hele opset, en beplan 'n rebellie wat alles herdefinieer waarvoor ouderdom en ouetehuise staan. Dit laat die leser onbehoorlik giggel en skaterlag, en laat 'n gevoel van optimisme agter wat die harde werklikheid van ons realiteit aansienlik versag.

Hierdie is die eerste boek van vyf sover waarin Hans se kapperjolle ure se pret verskaf. Die skrywer dryf die spot met al wat sosiale gogga is waaraan ons glo. Niemand word gespaar nie. Sy kwinkslae en fokus is modern; die ankerkarakters is bedenklik, eksentriek, en sy temas universieel maar ook inheems.

Wyle PG Du Plessis het op soortgelyke wyse vermaak met sy Koöperasiestories, en Pandjieswinkelstories. Herman Charles Bosman, op 'n vroeëre noot, het Oom Schalk Lourens aan die leser se voete kom lê. Daar is minder filosowe, en meer karikature in die Hans van Kraaienburg-stories ingeweef. Die aanslag is ligter. Die uiteinde is dieselfde: diep, maar komiese menslike vermaaklikheid.


Hans steek die Rubicon oor (Januarie 1, 2017)
Hans gee Herklaas horings ( Augustus 21, 2020);
Hans bars die bioborrel (September 26, 2021)
Hans hou sy lyf Sherlock (Junie 26, 2022)
1 review
August 22, 2021
Na al die bohaai oor Hans wat ouetehuis toe gaan, het ek besluit om die boek (teen my beterwete) 'n kans te gee. Met die intrapslag het dit my amper teruggeneem toe ek as 11/12-jarige dogtertjie op koue wintervakansiedae op my bed gele het met my kat op my maag: 'n beker warm kakao langs ons en 'n Crunchie wat ons ewe demokraties saam aan peusel, terwyl ek Saartjie Bauman verslind. Amper. Maar dan sal ek vir Saartjie beledig.
Hans herinner my aan stories oor amper-teens oppad om volbloed tieners te word, a la Spud. En met dieselfde tematiese agtergrond. Die standerd Vyfie gaan standerd ses toe en moet boonop, onwillig, ook vir die eerste keer koshuis toe gaan. Maar voor jy kan se 'mes' is die outjie die leier van die Boksombende, net reg om al wat 'n reel en regulasie; elke boelie en bloudrup, by te kom en reg te ruk. Aai, die Kaskenades, Kattekwaad en Konsternasies!

Hans se storie werk nie. Eerstens is sy teikengehoor heeltemal te oud. Tweedens is sy humor geforseerd. Rudi van Rensburg WIL he die lesers moet lag. Ten alle koste. Dis soos om n mallemeule te ry waar die een rondomtalie holderstebolder on die volgende rollercoaster oor gaan sonder om enigsins tyd te kry om asem te skep. Derdens is elke karakter 'n karikatuur, hulle is papierpoppe. Maak nie saak hoeveel papierrokkies jy vir die poppie aantrek nie, die lyfie is net so uitgesny met net so 'n getekende gesiggie en haartjies wat nooit anders gaan lyk as wat dit lyk nie.

Ek herken Francois Bloemhof se hand in die boek. Maar minstens ken Francois sy teikengroep in sy eie skryfwerk.
Nee wat, ek kon nie die boek klaar maak nie. Ek sal dit bere vir my kleindogter. As sy oor so 3 jaar 11 word, sal ek dit vir haar gee as verjaarsdaggeskenk, maar met streng opdrag dat sy al die karakters 70+ jaar jonger in haar verbeelding moet maak.
Profile Image for Danica Gouws .
64 reviews2 followers
May 22, 2025
Huis Madelief is 'n spog ouetehuis wat hulself daarop roem dat hulle streng reëls het om die ou mensies veilig en geroetineerd te hou. As nuwe inwoner voel dit vir Hans eerder as 'n tronk. Sommer gou neem hy die plek op horings en totale anargie breek uit.

Ek het lekker gelag vir Hans en al sy manewales en was keer op keer beïndruk met hoe hy homself en sy vriende in en weer uit die moeilikheid kry!
38 reviews2 followers
December 15, 2022
‘n Lekker storie oor Hans wat op 90 na die ouetehuis, Huis Madeliefie (of Madies soos die inwoners dit noem), moet gaan onder dwang van sy 4 kinders.
Daar kom hy en die matrone glad nie oor die weg nie….. Hy beplan ‘n ontsnapping…., maar dit bring hom telke male in die moeilikheid by Matrone van Duissen en sy kinders.
Profile Image for Johann Rossouw.
63 reviews
November 13, 2023
Hans - rubicon

Hans, Hans, Hans! Ek kan my die oubaas se wrewelrige teenkanting voorstel, en die planne herinner my aan ons skooldae en derglike situasies, waar ons soortgelyke uitkomste wou bewerk.
Ek ys as ek dink dit lê vir meeste van ons voor - ek het notas geneem - ons kry mekaar agter die roostuin.
Profile Image for Nicolene Smith.
159 reviews3 followers
April 23, 2020
Ek kon net nie....

Almal is gaande oor hierdie boek en dit word selfs nou 'n 2de maal voorgelees oor die radio, maar die boek het net nie vir my gewerk nie.

Dit het geforseerd gevoel. Absurde gebeurtenisse wat mens móét laat lag.

Nee wat. Nie 'n boek wat weer afgestof sal word nie.
17 reviews
September 14, 2024
Wonderlik. Wonderlik. Wonderlik.

Hans het ons almal op ons tone gehou soos wat ek die verhaal oorvertel aan my mense wat ook graag wou weet hoe die storie verloop.

Konteks bly maar altyd die belangrikste aspek in 'n komedie en hierdie boek kry dit 100% reg om dit te bewys.
Profile Image for Ilse Van dyk.
22 reviews4 followers
December 22, 2021
Die boek het my baie laat dink aan die 'The 100 year old man' maar met sy eie pittige eg Suid-Afrikaanse karakters.
Profile Image for Susan Snyman.
17 reviews1 follower
January 15, 2023
Heerlike lessstof, nou vir die opvolg.
This entire review has been hidden because of spoilers.
Profile Image for Martelize Faber.
16 reviews1 follower
October 8, 2023
Was 'n goeie en lekker afwisseling van die ander boeke wat ek onlangs gelees het en dis baie beter om te lag as om te huil
7 reviews
December 7, 2024
Amazing, reminds me of A man called Ove! Beautifully written in Afrikaans. Watched the movie tonight. Outstanding.
Profile Image for Kedooms.
158 reviews
December 9, 2024
het so lekker gelag in die boek , ek kan verstaan hoekom daarvan ń vliek moes gemaak word.
Displaying 1 - 30 of 31 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.