Armin is te befoeterd vir Sabrina en Sabrina verkies surfers met sexy bolywe wat nie heeldag werk nie. Maar dan leer sy hom van feng shui en hy begin wonder of sy dalk die yin van sy yang is.
I have been reading love stories for as long as I can remember and when I ‘met’ the classic authors like Jane Austen, Elizabeth Gaskell, Henry James The Brontë sisters, etc. during my studies, I was hooked for life. I married my college boyfriend and soul mate and we are fortunate to live in the picturesque little seaside village of Betty's Bay, South Africa with the ocean a block away and a beautiful mountain right behind us. And although life so far has not always been an easy ride, it has always been an exiting and interesting one! I like the heroines in my stories to be beautiful, feisty, independent and headstrong. And the heroes must be strong but possess a generous amount of sensitivity. They are of course, also gorgeous! My stories typically incorporate the family background of the characters to better understand where they come from and who they are when we meet them in the story.
Ek dink gelukwense is in orde. Eerstens aan die uitgewers vir die buiteblad, wat een honderd persent in die kol is, wat betref kleur en foto. Ek het nie vooraf die lokteks gelees nie, maar die voorkoms dra 'n duidelike gevoel van rustigheid en balans oor. Balans is dan ook die spil waarom die verhaal draai. Die heldin, Sabrina, is 'n ywerige implimenteerder van die beginsels van feng shui, en glo aan die beginsels van yin en yang wat mekaar aanvul en harmonie teweegbring.
Dan wil ek ook die skrywer komplimenteer wat, myns insiens een van haar sterkste manlike karakters geskep het in Armin. Die skrywer het aan hom 'n baie spesifieke en herkenbare stem gegee. Hy is glad nie geneë om te verstaan waaroor die "feng of peng" gaan nie, en telkens is sy finale versugting: "Wel, hel."
Soos met haar vorige boek oor bewustelikheid, neem die skrywer die leser weer deur 'n leerskool met begrippe soos feng shui, yin en yang, chi en bagua, wat vir baie lesers dalk vreemd op die oor val en dalk nie noodwendig byval vind nie. Dit verleen die agtergrond waarteen ’n stomende liefdesverhaal afspeel, wat Winckler aanhangers nie sal teleurstel nie.
Weereens verras Winckler die leser met alles wat die held en heldin beleef: stomende emosies en natuurlik onnodige, maar in ‘n romanse, onmisbare misverstande. Haar aanhangers sal al te gretig lees aan Op die sypaadjie. Die ingewikkeldhede van die liefde figureer met oorgawe in Op die sypaadjie. Elsa Winckler weet hoe om aan die leser se hart te raak. Wat die lees van hierdie romanza nog lekkerder maak, is die belofte van ‘n positiewe einde en daar stel Winckler beslis nie teleur nie. Die held, Armin, en die heldin Sabrina, is twee uiterstes. Armin is befoeterd en hopeloos aantreklik terwyl Sabrina ‘surfers’ verkies met mooi bolywe. Soos wat Kupido dit wil hê, of te wel Jody, Armin se tydelike assistent, kruis Armin en Sabrina se paaie. Sabrina hou daarvan om sommer na ‘n wildvreemdeling toe te stap wanneer sy sien die wêreld rus swaar op hul skouers. Armin het Sabrina glad nie in sy lewe verwag nie. Haar aanraking was egter 10 op die richterskaal. Armin veg teen sy eie gevoelens, maar dan leer Sabrina hom van feng shui en hy begin wonder of sy dalk die yin van sy yang is. Al bogenoemde gegewens spel net een ding: genotvolle leesure. #SoDinkSylvia #Op die sypaadjie