The Camp Whore is the true story of a woman who was brutally raped during the Anglo-Boer War and left for the vultures. With the help of a number of benefactors she escapes the clutches of death and dedicates her life to the healing of exactly the kind of trauma to which she was subjected.
Francois Smith doseer Afrikaanse letterkunde en kreatiewe skryfkuns aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy debuutroman, Kamphoer (2014), is met die ATKV-Prosaprys en die Sala vir Beste Debuutwerk bekroon. Voordat hy in 2015 die akademie betree het, het hy sy brood en botter as uitgewersredakteur verdien en het skrywers soos Elsa Joubert, P.G. du Plessis en Eben Venter begelei. Van sy verhale het in die bloemlesings Bloots, Kosblik, Skarlakenkoors en Op die spoor van verskyn; sy vertaling David Kramer: ’n Biografie is ook met ’n Sala-letterkundeprys bekroon. Hy het ’n Ph.D. in die letterkunde van die Universiteit van Kaapstad, was kortstondig ’n onderwyser en lank ’n kunsjoernalis. In ’n vorige lewe was hy ’n siviele ingenieur; in die volgende wil hy met wedvlugduiwe boer.
ENGLISH BOOK BLURB It is the First World War and Susan Nell stands before the door of a private ward in a British military hospital. On the door she reads a single name. She knows that name. Sixteen years ago, during the Anglo-Boer War, she encountered that name in a concentration camp in Winburg. She lifts her hand to open the door. Her hand shakes uncontrollably. But she is a psychiatric nurse and this is what she has to do, bring traumatised soldiers back to the light. However, if this soldier is the one who sixteen years ago thrust all light out of you with his hips, it is not that obvious. Susan Nell hesitates before she opens the door, desperately uncertain – teetering on the threshold between life and death.
Kamphoer is the true story of a woman who was brutally raped during the Anglo-Boer War and left for the vultures. With the help of a number of benefactors she escapes the clutches of death and dedicates her life to the healing of exactly the kind of trauma to which she was subjected. And in the process re-encounters her rapists . . .
In Kamphoer the resilience of the human spirit is weighed up against the equally persistent influence of trauma. It is a psychological thriller that will hold you in its icy grip till the very last page.
AFRIKAANSE BLURB: Kamphoer is die ware verhaal van ’n vrou wat gedurende die Anglo-Boereoorlog wreedaardig verkrag en vir die aasvoëls gegooi is. Met die hulp van ’n reeks weldoeners ontsnap sy aan die kloue van die dood en wy sy uiteindelik haar lewe aan die genesing van presies die soort trauma waaraan sy onderworpe was. En in die proses word sy teruggestamp in ’n bomkrater wat sy geglo het lank reeds toegegroei het en veilig bedek was. In Kamphoer word die weerbarstigheid van die menslike gees opgeweeg teen die ewe blywende invloed van trauma. Dit is ’n sielkundige riller wat jou tot op die laaste bladsy in sy yskoue greep sal hou.
KOMMENTAAR Die aanvang van die boek was verwarrend en op die oog af 'n steriele kennismaking met die hoofkarakter, Susan Nell. In 'n paralelle gang word twee verhale vertel van haar lewe. Die een begin waar sy in 'n psigiatriese hospitaal by 'n toe-deur staan waarop 'n naam aangebring is. Die naam laat haar steier. Die tweede verhaal word in die eerste persoon vertel, van die verkragtingslagoffer wat in 'n grot bykom en stadig maar seker die drade van haar herinnerings en gebeure moet optel.
'n Gedeelte van die roman is gegrond op die ware verhaal wat, in 'n ander boek, "The Boer Whore" deur Nico Moolman, vertel word.
Alhoewel die boek my nie so aangegryp het soos byvoorbeeld P.G. Du Plessis se Fees Van Die Ongenooides nie - daar is eintlike nie eers 'n vergelyking te tref nie, was dit tog 'n boeiende verhaal, deurspek met indringende prosa. Dis 'n maklike lees, met genoeg diepte om dit 'n literêre juweel te maak, maar met net genoeg dissipline om dit nie in 'n sielewroegende, neurotiese, depressiewe drama te laat ontaard nie. In die hande van 'n skrywer soos André P. Brink, Marlene van Niekerk, of selfs Ettienne van Heerden, sou dit wel aan meer blatante waagmoed ten opsigte van politiek, emosie en dade blootgestel gewees het, en sou dit heelwat meer lyf gekry het. Maar die skrywer het juis daarvan wegbeweeg om 'n verhaal van integriteit en waardigheid totstand te bring.
Vir 'n debuutroman was dit uitstekend. Persoonlik is ek van mening dat die skrywer té huiwerig was om in die doolgange van naakte emosies verstrengel te raak, heelwaarskynlik omdat dit 'n onbekende terrein vir hom mag wees, en daardeur die verhaal 'n onguns aangedoen het. Origens is dit egter 'n wonderlike boek wat gunstig in die populêre boekemark ontvang behoort te word.
Dit is definitief 'n boek wat aanbeveel kan word. Dit is 'n storie wat vertel móés word! Ter nagedagte sou ek reken dat die oorspronklike boek, "The Boer Whore" deur Nico Moolman, waarskynlik saam met hierdie een gelees behoort te word.
Vir 'n eerste boek in 2015, was dit 'n baie goeie leeskeuse.
Dis 'n moeilike lees, maar absoluut die moeite werd. Dis 'n boek wat aan mens krap. Persoonlik was ek oneindig jammer vir die hoofkarakter, Susan, maar ek het dit nooit reggekry om regtig van haar te hou nie. Ek dink die trauma het haar so diep geskaad dat sy iets van haarself verloor het. En natuurlik is dit te verstane. Sy bly egter vir my so half op die rand, op die buitewyke, van haar eie lewe. Asof sy nie wil waag om ooit weer werklik iets te voel nie. Ek sal nog lank met hierdie boek in my kop loop.
Francois Smith neem 'n ware verhaal uit die Anglo-Boereoorlog en weef daaruit 'n vertelling oor Susan Nell se lewe. In afwisselende hoofstukke vertel die roman van haar lewe in die tyd van die Boereoorlog, toe sy in die Winburgse konsentrasiekamp deur twee Britse soldate en 'n joiner verkrag en vir dood agtergelaat is, en 'n tydperk in Engeland toe sy as psigiatriese verpleegster een van haar verkragters teengekom het. Die roman fokus eerder op die psigologiese impak van wat gebeur het as op die gebeure self, en word daarom 'n veel helender ervaring as wat die titel 'n leser laat verwag. Smith se prosa is sterk en ook mooi, sonder dat hy ooit in mooiskrywery verval. Die teks lees asof dit geskryf is deur 'n toeganklike Karel Schoeman - en ek bedoel dit as hoë lof. Die subtiliteit waarmee die gegewe uitgebeeld word, die bemoedigende invloed van weldoeners en die ontvouing van die verhaal verdien 'n latere herlees. Een van die beste romans wat ek in 'n lang tyd gelees het.
Despite dealing with the cruelty of war and the devastating impact on individuals, Francois Smith's take on a real person's history is more healing than depressing. He writes beautiful and powerful prose without prettifying his theme. It is a powerful novel in its subtlety.
Die idee van die verhaal was goed. Die naam en beskrywing gryp mens dadelik aan, dan begin jy lees... Ek wou my hare uit my kop uit trek nadat ek 'n kwart van die boek gelees het. Dit was 'n pynlike boek om te lees. Hoekom? Wel, ons Afrikaanse skrywers maak baie keer een van 2 foute. Skryf boeke met te min beskrywings en gaan dadelik vir die 'kill'. Dis die voel goed boeke soos die miljoene romanza's wat op elke vrou se rak lê(Lekker om te lees maar word gou vergeet). En dan is daar boeke soos hierdie een. Klein storie met te veel beskrywing. 'n boek té diep sodat dit op die einde homself verloor! Die vergelykings peul soos wurms uit die boek! Ek het besluit om 'n search te doen van hoeveel keer die woord 'soos' verskyn. Dis belaglik, tot 5 keer in een hoofstuk. Nou sit dit saam die search 'asof'. Dan kry jy tot 10 vergelykings in 1 hoofstuk. Nee dankie. Ek wonder of die skrywer heeltyd met 'n woordeboek langs hom gesit het en al sy tyd bestee om beskrywende woorde te kry, want een is nie genoeg nie, daar moet tot vyf beskrywings van een woord wees. En wanneer 'n leser dink aan wat die skrywer gedink het, dan moet jy weet die skrywer het iets verkeerd gedoen. Die hoofkarakter sit net en dink heeltyd diep nonsens! En dit nog terwyl sy besig is om 'n gesprek met iemand te voer. Ja, 'n hele 10minute se gedagtes voor sy 'n vraag beantwoord. Pynlike lees maar 'n goeie verhaal. Die skrywer wou net té diep wees. Beeldspraak, dis wat die naam moes gewees het. En dis 'n jammerte, want hierdie boek was so reg in my kraal. Ek is dankbaar dat ek nou te hore gekom het van Susan Nell. Maar ek dink nie ek het haar beter leer ken nie.
Vandag praat ons van "post-traumatise stresversteuring" - die toestand wat in Kamphoer "bomskok" genoem word. Ook die toestand waaraan Susan Nell ly wanneer ons haar ontmoet.
Die verhaal het vir my maklik gelees, maar het terselftertyd 'n emosionele "daar-wees" van my as leser gevra. Susan bly 'n randfiguur, onkenbaar - maar dit is waarskynlik waar sy haarself geplaas het.
Persoonlik het ek die boek geniet, die metafore en vergelykings wat ander lesers klaarblyklik gepla het, het ek toepaslik gevind (miskien omdat die psigoterapie baie van metafore gebruik maak?). Die taalgebruik het ek allermins as hoogdrawend ervaar (miskien omdat ek dit verstaan het?). Ek verkies dat taalgebruik pas by die milieu en tydperk waarbinne vertellings afspeel.
Gedurende die Anglo Boere Oorlog, in 'n Konsentrasie kamp in Winburg word Susan Nell wreed verkrag en vir dood gelos. Dis gebaseer op 'n ware verhaal.
'n Historiese fiksie met 'n parallel storie lyn na die hede is iets wat ek gewoontlik geniet, maar in Kamphoer is die wissel die storie so dat jy byna nie kan byhou nie. Alhoewel ek vreeslik jammer gevoel het vir die hoofkarakter kon ek nooit regtig van haar hou nie, of selfs vatplek aan haar kry nie - Susan bly amper 'n buitestaander in haar eie storie.
Die Afrikaans is oordrewe in vergelykings asof die skywer nie net tot die storie kan kom nie maar voortdurend net verdydelik.
Die verhaal gryp jou aan en sal vir lank by my bly, maar ek kon nie die boek geniet nie.
Ek dink Francois Smith het hierdie boek drie keer geskryf.
Die eerste keer om die storie te vertel, goed opgebreek in verskillende mileus en tydsones wat die leser gebind hou. ‘n Pragtige verhaar wat die mens bind en jy kan nie wag om uit te vind hoe die verloop van die storie gaan wees nie.
Toe die tweede keer. Dit voel soms of hy oor die storie gegaan het met ‘n woordeboek langs hom om te kyk wat is die “grootste” en mees ongebruikte woorde in Afrikaans wat hy kan gebruik. Die anglisismes maak dat die storie nie voel asof dit in die vroee 1900’s afspeel nie.
Maar toe besluit hy om dit vir ‘n derde keer te skryf en om elke moontlik ding met beeldspraak uit te beeld. Dit is soms geweldig verwarrend en omdat dit te veel gebruik word verloor dit heeltemal impak.
Sou graag dat hy dit ‘n vierde keer moes oorgaan en meer bou om die ander karakters in die boek. Dit is ‘n stukkie geskiedenis waarin hierdie verhaal afspeel en meer inligting oor konsentrasie kampe kon maklik ingeweef word in die boek.
Sal ek die boek aanbeveel: vir gesoute lesers sal ek sê lees dit gerus, wees geduldig en druk deur, dit is op die einde nie ‘n slegte boek nie. Vir iemand wat nie ‘n gereelde leser is nie sal ek beslis sê los maar eerder, dit sal jou net frustreer en dalk heeltemal afsit van boeke.
My twee groot probleme is die gedrag en taalgebruik van die karakter wat nie vir my strook met die tydsgees, of met haar bywonerstatus nie. Die skrywer skryf pragtige prosa, maar totaal uit pas met Susan Nell as verkragte bywonersdogter, in onmenslike toestande in 'n konsentrasiekamp. Ek mis die stem van die verkragte vrou. Dit was blykbaar 'n grootse werk, maar ek kon myself nie verloor in die storie en karakters soos bv met Buys nie. Ek sou meer gestroopte taalgebruik wou sien vir die boek, maar wie is ek nou om 'n groot skrywer se werk te kritiseer?
Nog iets wat my baie gepla het, is hoe verskillend ek die oumense wat vir my as kind en jong volwassene stories vertel het oor hoe hulle die konsentrasiekampe beleef het, se vertellings ervaar het vergeleke met die boek. Dis asof die verskrikking van die lewe in konsentrasiekampe totaal onderspeel is, met meisies wat vrolik tussen die tente deurloop, en die denke van 'n bywonersdogter wat min blootstelling aan die lewe gehad het, was net glad nie vir my in pas met die taalgebruik nie. Verder was sy as jong meisie van 18 uitgebeeld. Agtien was daardie tyd oujongnooiens, of getroud met drie kinders.
Wat ek die meeste van die boek geniet het us die beskrywende skryfstyl. Die storielyn was vir my amper opsioneel. Vir my laat die styl my dink aan Michael Ondaatje in Anil's Ghost en The English Patient. Dit is die moeite werd om die boek net hiervoor te lees, maar stadig om die beelde te geniet. Lees so twee tot vier hoofstukke op 'n slag.
Heelwat mense kla dat die boek moeilik is, ek stem nie saam nie. Deurmekaar is Bartho Smith se Die Son Struikel en 'n moeilke styl is Hillary Mantell se Wolf Hall.
Daar is basies drie storielyne wat in die afwisselende hoofstukke beskryf word. Die een handel oor die jong Susan se herstel na sy verkrag is en die ander hoof storie gaan oor haar werk as volwasse verpleegster in 'n hospitaal. Tussenin is die vehaal van die verkragting en hoe sy dit verwerk.
Baie teleurgesteld in die boek. Dit lees moeilik agv oordrewe hoogdrawende afrikaanse skryfstyl. Vir so 'n tragiese deel van ons geskiedenis was ek ongelukkig koud gelaat daardeur weens die skrywer se weergawe daarvan.
'n Ongelooflike storie wat jou die heel tyd in spanning hou. Die storie word nie in 'n liniêre tydlyn vertel nie wat dit nogals interesant maak maar my enigste kritiek is dat dit nie altyd duidelik is waar in die tydlyn 'n mens is nie.
Kamphoer deur Francois Smith was vir my nogal 'n moelike boek om te lees. Die storie self is nie lineêr nie, en skuif tussen die hede en die verlede, soos dit aangaan. Daar is distansie in die hede, terwyl die herinneringe meer persoonlik, onmiddelik is.
Dit is gebaseer op 'n ware verhaal van Susan Nell, wie se familie bywoners was op 'n Vrystaatse plaas gedurende die Anglo-Boereoolog. Toe sy in Winburg se konsentrasiekamp beland het, was sy verkrag deur twee Engelse soldate en 'n joiner, en toe so wreed aangerand is dat hulle haar byna doodgemaak het. Haar liggaam het van die lykswa afgerol en 'n Sotho man, Tiisetso, het haar ontdek. Al was se erg beseer, het hy en sy vrou Mamello, vir haar gesond gemaak en toe vir haar Kaap toe gestuur, waar die fotograaf Jack Perry vir homself oor haar ontverm het.
Ek gaan nie die hele verhaal oorvertel nie, maar gaan maar net uitskets hoe Susan se belang in psigoterapie vir haar gely het om te werk met die wat deur drie oorloë van bombskok gely het. Sy het ook twee van haar verkragters weer ontmoet, maar dié roman handel meestal net met haar tyd by die psigiatriese hospitaal in Engeland.
Kamphoer is 'n ongemaklike storie, en omdat dit op die waarheid gebaseer is, is daar nie 'n bevredigende einde nie. Die tema is die van die stories wat 'n mens vir jouself vertel, en hoe die lewe eintlik maar niks beteken nie – net 'n leë, oorgroeide graf iewers in die veld.
Based on the true story of Susan Nel, a bywoner's daughter, who was interred in a concentration camp in Winburg during the Anglo-Boer War. There she was raped by two English officers and a "joiner" (an Afrikaner working as an informer for the British). She was beaten up and left for dead. On the way to the burial grounds, she fell off the hearse-wagon, and was found by two Sothos who were hiding in the mountains above the town. They nursed her back to health, got her to Cape Town where she was fostered by Mrs Koopmans-de Wet. She then left Cape Town for Holland and ended up training in Germany to be a Psychiatric nurse. In WW1 she came face-to-face with one of the rapists. The second rapist also crossed her path again during the Kwai River Tribunal. Lucille, A Javanese "comfort woman" had been held by the Japanese. She in turn was fostered by Susan Nel, hence we now know Nel's story. This book does not recount her whole life - rather it gets into Nel's psyche and explores her own post-traumatic stress symptoms. It emphasises the resultant 'blackness' in her, the breakdown of her self confidence and continual unsettled feelings The book is Smith's speculations/interpretations on her reactions, behaviour and coping. Her memories come and go and influence her reactions to situations. Thought-provoking
Enjoyed the book very much, Title is 'misleading', sensationalist maybe bUT the afrikaans book is based on the original english book the Boer Whore by Nico Malan (I now want to read THAT book...). The style of the author draws you slowly into the book, softly spinning the words around you - definitely worth reading even a 2nd time LOL, so much to absorb, one reading is probably not enough
Pragtige boek, met 'n onnodig vieslike titel. As iemand wat self in die veld van psigiatrie werk, het ek die bewoording van trauma in die boek baie realisties en eg gevind. Die afwisseling tussen die jong-Susan en die ouer-Susan tussen hoofstukke het my aanvanklik geirriteer en toe lees ek die hoofstukke van jong-Susan eerste en daarna die van die ouer Susan. Werklik 'n pragtige boek en het ook weer my belangstelling in die geskiedenis van SA in die vroee 1900's geprikkel.
Hoogdrawende Afrikaans waarin gedagtes, emosies en omgewing laaangdradig beskryf word, waarbinne jy sukkel om regtig binne psige van Susan in te kom en haar te beleef. Daarteenoor word twee sleuteltonele net op geskimp en dan los dit jou in 'n onvoltooide geheel. Geen katarsis of klimaks om die roman behoorlik in te anker nie. Meer pretensieus as regtig goed.
This entire review has been hidden because of spoilers.
Moeilike lees. Die spronge tussen verlede en hede neem n rukkie om aan gewoond te raak. Persoonlik het ek gevoel Susan het haarself nooit toegelaat om deur haar emosies te werk nie en het dus deur haar hele lewe gegaan met baie overwerkte gevoelens wat haar die vreugde van sinvolle verhoudings ontneem het. Mens moet dit egter in die konteks van die tyd en omstandighede Sien
I read the translated novel and found the story compelling and the writing engaging. The time flips and being both in and out of the character’s mind made the story unfold in an interesting way. It is more an exploration of the mid of Susan rather than a mystery of her past. I enjoyed this book - The Camp Whore - English version
Ja dit was goed geskryf maar het my nie genoeg geraak nie. Dis asof Smith dit nie heeltemal reggekry het om haar subbewuste raak te vat nie. Ek het wel gehou van die eenvoudige struktuur, die afwisseling van tye en verteller.
Compared against the (very good) fast paced books I read the last year, this book was a difficult read. The story is good, and no disrespect to the author or the book, but it is not what I expected. Good book, but not the best I ever read.
Mijn eerste boek in het Afrikaans. Langzaamaan wordt het verhaal van Susan opgebouwd, vanuit verschillende tijdstippen. Een verhaal over een vrouw met een aanzienlijk trauma dat ze beetje bij beetje verwerkt.
Goeie boek... moeilik begin lees aan die boek, maar hoe verder ek dit gelees het hoe beter was die boek. Regtig met 'n swaar hart die boek klaargemaak.
Wie gee ‘n man die autoriteit om ‘n vrou se verhaal te vertel? Wie gee hom die reg, om te dink hy ken haar gedagtes? Hoe sou hy weet, hoe dit werklik vir ‘n vrou sou voel om verkrag te word? Die skrywer van die verhaal, doen nie veel minder as wat die mans aan Susan gedoen het nie. Hy vat die vrou se stem weg, en beskryf haar emosies en gedagtes op ‘n kliniese wyse, van dit wat hy aanneem is die werklikheid. ‘n Man het nie die reg, om so ‘n persoonlike, emosionele, vernederende ervaring te beskryf nie. Susan word nie voorgestel soos ‘n vrou haar sou voorstel nie. Inteendeel, sy is pure dit van wat die manlike spesie haar sou beskryf. Ek was verveeld en het geen emosie ervaar nie, die hoofkarakter is plat en ontrond. Sy het geen persoonlikheid nie en sy voel byna geen emosie nie. Ek was hoopvol vir die boek, ongelukkig sal ek dit nie aan enige iemand kan voorstel om te lees nie.
Dit spyt my dat sekere lesers die roman se taalgebruik onnodig hoogdrawend gevind het. Vir my was dit uitstekend, beide uitdagend en teer. Ek is veral beïndruk met die onmiddellike vleeslikheid wat Francois Smith opgeroep het. Die tydspronge was maklik om te volg? En ook baie belangrik om die klimaks, waar verlede en hede finaal bots, te benadruk. Ek dink die skrywer het baie sensitief met 'n moeilike onderwerp omgegaan, Niemand is as monsters uit die staanspoor afgemaak nie, tog is Susan Nel se trauma absoluut die fokus. Aangrypend.