Jump to ratings and reviews
Rate this book

Soen

Rate this book
Peet Rautenbach is Algoa Hoër se hoofseun: hoogs intelligent en met baie talent in musiek, kuns en redenaars. Daarby is Peet 'n voorbeeldige seun in die oë van sy pastoor-ouers. Maar Peet het 'n swakheid: sy obsessie met die onderwyseres Scarlett Reynolds. Dit maak die deur oop vir talle aanslae op hom, en wat hom uiteindelik amper sy lewe kos.

255 pages, Kindle Edition

Published November 1, 2017

7 people are currently reading
15 people want to read

About the author

Jan Vermeulen

48 books14 followers
Jan Vermeulen is in Bethanie in die suide van Namibie gebore. Op veertien word sy eerste kortverhaal in die destydse jeugtydskrif Patrys gepubliseer. Hy het die graad BA Admissie met hoofvakke Hebreeus en Filosofie aan die Universiteit van Port Elizabeth behaal, en in 1987 'n BTh. en Teologiese Lisensiaat aan die Universiteit van Stellenbosch. In 1998 voltooi hy 'n kursus in kreatiewe skryfkuns aan die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit van Port Elizabeth, en in dieselfde jaar verskyn sy debuutroman, Die laaste dans, by Queillerie. In 2000 verskyn sy eerste jeugboek, Geraamtes dra nie klere nie. Dit is met die Sanlamprys (goud), die M.E.R.-prys, die Scheepersprys en 'n ATKV-Kinderboektoekenning bekroon. In 2006 word sy kortverhaal 'In Ma se Stoofᅮ in die kortverhaalbundel Van Spoke Gepraat (Tafelberg) opgeneem. Jan en sy vrou Diana woon in die Oos-Kaap.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
13 (39%)
4 stars
9 (27%)
3 stars
9 (27%)
2 stars
1 (3%)
1 star
1 (3%)
Displaying 1 - 8 of 8 reviews
Profile Image for Coenraad.
807 reviews43 followers
December 18, 2017
Jan Vermeulen vertel skynbaar moeiteloos 'n pakkende verhaal wat boei tot op die laaste bladsy - juis omdat dit nie al sy raaisels heeltemal oplos nie. Bekende tienerromanelemente word hier omvorm en verweef in 'n misdaadroman wat sy Silwer Sanlamprys vir Jeuglektuur verdien het, maar, soos J.B. Roux in Die Burger gesê het, is dit 'n spanningsverhaal wat ouer lesers ook baie sal geniet.

Peet Rautenbach is sy skool se hoofseun - en dit begin lyk of die narratiewe heelal spesiale probleme voor die voete van hoofprefekte lê: daardie lysie moet nog gemaak word. In Peet se geval is dit sy diepgesetelde aantrekking tot die proefstudent, juffrou Scarlett Rose Reynolds. En dan is daar 'n drietal meisies, almal blond, almal met Engelse blomname, wat verdwyn het. En dit lyk of juf. Reynolds se lewe bedreig word - en Peet word verdink.

Vermeulen se oortuigende karakters en hul komplekse lewens, asook die insluiting van 'n ondergrondse Goth-kultuur in Port Elizabeth, maak van Soen 'n boek wat baie lesers met genot sal lees.

(Op bl. 243, midde-in die klimaks, gebeur iets byna onopvallends wat my laat hoop op 'n afdraai-boek, of laat wens dat 'fan fiction' 'n verskynsel in Afrikaans is ... )

This novel by Jan Vermeulen provides a stunning suspense story that does not solve all its mysteries. One reads as if mesmerized because of the characters and the complexities of their fascinating lives, as well as the glimpse into the Goth underworld of Port Elizabeth. The Silver Sanlam Prize for youth literature is well-deserved, but should not frighten off older readers - they will miss out on an excellent yarn if they deem themselves too old for this book.
Profile Image for Veronica Lamprecht.
6 reviews2 followers
June 8, 2020
Gewoonlik wanneer ek `n boek soek om te lees kyk ek eerste na die omslag - as dit my aandag trek het die boek reeds my hart gewen.
Daarom moet ek in dié geval `n "shout out" gee vir Linki Lutz... die omslag is by ver b-e-a-utiful!

Hoofseun Peet Rautenbach met die stem in sy kop het my vasgevang vanaf die eerste bladsy.

Die boek was blerrie skitterend! Baie goed het ek nie verwag nie.

Die karakters is goed geskryf, die storielyn is onvoorspelbaar en die eindproduk `n meesterstuk!

Ek verstaan heeltemal hoekom dié boek die silwer in 2017 Sanlam-prys gewen het!
Profile Image for Amanda.
1,155 reviews
May 19, 2018
Ek het aanvanklik moeite gehad om my verwysingsraamwerk met betrekking tot jongmense te versoen met, wat ek glo, die realiteit is, soos verwoord deur die skrywer. Eers tóé kon ek begin waardeer hoekom hierdie boek bekroon is met die 2017 Sanlam Silwertoekenning vir Jeuglektuur. Die skrywer skram nie weg van sake soos onder andere charismatiese werkswyses, die Goth-onderwêreld en psigiatriese afwykings nie, alles dinge wat die potensiaal het om lesers te ontstig. Ek vermoed dat die skrywer nie gepoog het om die leser noodwendig in die duister te hou oor die identiteit van die brein agter die verdwyning van blonde jong meisies nie, maar eerder om die leser te verras met die skokkende detail van die ontknoping van die plot. Hoewel ek die regte skuldige partye verdink het, het die boek enduit geboei en geskok.
Profile Image for Synteché !.
25 reviews
February 23, 2025
Hierdie boek was insane! Die konsep agter Peet en Rose is wel.. vreemd. Maar dis sulke goeie storie - ek het myself orals verskoon nét om dié boek klaar te kan lees. Ek was op die einde van my sitplek die laaste paar bl’e. Lees lees lees hierdie boek!
Profile Image for Madri.
212 reviews8 followers
April 2, 2018
Effens aweregs, spannend en flippen goed geskryf! Hou hierdie skrywer dop!
Profile Image for Margaret.
5 reviews1 follower
July 13, 2018
Dit is goed geskryf, maar ek sal dit nie met 'n rein gewete vir iemand kan aanbeveel om te lees nie.
Heelwat tonele is onsmaaklik, kru en onnodig.
Displaying 1 - 8 of 8 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.