What do you think?

Soen
Peet Rautenbach is Algoa Hoër se hoofseun: hoogs intelligent en met baie talent in musiek, kuns en redenaars. Daarby is Peet 'n voorbeeldige seun in die oë van sy pastoor-ouers. Maar Peet het 'n swakheid: sy obsessie met die onderwyseres Scarlett Reynolds. Dit maak die deur oop vir talle aanslae op hom, en wat hom uiteindelik amper sy lewe kos.
255 pages, Paperback
Published January 1, 2017
About the author
Jan Vermeulen
55 books15 followersJan Vermeulen is in Bethanie in die suide van Namibie gebore. Op veertien word sy eerste kortverhaal in die destydse jeugtydskrif Patrys gepubliseer. Hy het die graad BA Admissie met hoofvakke Hebreeus en Filosofie aan die Universiteit van Port Elizabeth behaal, en in 1987 'n BTh. en Teologiese Lisensiaat aan die Universiteit van Stellenbosch. In 1998 voltooi hy 'n kursus in kreatiewe skryfkuns aan die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit van Port Elizabeth, en in dieselfde jaar verskyn sy debuutroman, Die laaste dans, by Queillerie. In 2000 verskyn sy eerste jeugboek, Geraamtes dra nie klere nie. Dit is met die Sanlamprys (goud), die M.E.R.-prys, die Scheepersprys en 'n ATKV-Kinderboektoekenning bekroon. In 2006 word sy kortverhaal 'In Ma se Stoofᅮ in die kortverhaalbundel Van Spoke Gepraat (Tafelberg) opgeneem. Jan en sy vrou Diana woon in die Oos-Kaap.
Ratings & Reviews
Friends & Following
Create a free account to discover what your friends think of this book!
Community Reviews
Displaying 1 - 9 of 9 reviews
December 18, 2017
Jan Vermeulen vertel skynbaar moeiteloos 'n pakkende verhaal wat boei tot op die laaste bladsy - juis omdat dit nie al sy raaisels heeltemal oplos nie. Bekende tienerromanelemente word hier omvorm en verweef in 'n misdaadroman wat sy Silwer Sanlamprys vir Jeuglektuur verdien het, maar, soos J.B. Roux in Die Burger gesê het, is dit 'n spanningsverhaal wat ouer lesers ook baie sal geniet.
Peet Rautenbach is sy skool se hoofseun - en dit begin lyk of die narratiewe heelal spesiale probleme voor die voete van hoofprefekte lê: daardie lysie moet nog gemaak word. In Peet se geval is dit sy diepgesetelde aantrekking tot die proefstudent, juffrou Scarlett Rose Reynolds. En dan is daar 'n drietal meisies, almal blond, almal met Engelse blomname, wat verdwyn het. En dit lyk of juf. Reynolds se lewe bedreig word - en Peet word verdink.
Vermeulen se oortuigende karakters en hul komplekse lewens, asook die insluiting van 'n ondergrondse Goth-kultuur in Port Elizabeth, maak van Soen 'n boek wat baie lesers met genot sal lees.
(Op bl. 243, midde-in die klimaks, gebeur iets byna onopvallends wat my laat hoop op 'n afdraai-boek, of laat wens dat 'fan fiction' 'n verskynsel in Afrikaans is ... )
This novel by Jan Vermeulen provides a stunning suspense story that does not solve all its mysteries. One reads as if mesmerized because of the characters and the complexities of their fascinating lives, as well as the glimpse into the Goth underworld of Port Elizabeth. The Silver Sanlam Prize for youth literature is well-deserved, but should not frighten off older readers - they will miss out on an excellent yarn if they deem themselves too old for this book.

June 8, 2020
Gewoonlik wanneer ek `n boek soek om te lees kyk ek eerste na die omslag - as dit my aandag trek het die boek reeds my hart gewen.
Daarom moet ek in dié geval `n "shout out" gee vir Linki Lutz... die omslag is by ver b-e-a-utiful!
Hoofseun Peet Rautenbach met die stem in sy kop het my vasgevang vanaf die eerste bladsy.
Die boek was blerrie skitterend! Baie goed het ek nie verwag nie.
Die karakters is goed geskryf, die storielyn is onvoorspelbaar en die eindproduk `n meesterstuk!
Ek verstaan heeltemal hoekom dié boek die silwer in 2017 Sanlam-prys gewen het!

June 17, 2026
Eerstens: Wow! Met 'n hoofletter W.
Ek was vreeslik verbaas oor hoe die eerste hoofstuk sommer dadelik met intense drama afskop, maar wat aanvanklik soos 'n groot gebeurtenis voel, is eintlik net die begin van alles wat nog voorlê.
Peet se karakter het my van die begin af geïnteresseer. Dan is daar James en sy baie vreemde aantrekking tot proefonderwysers, wat vir heelwat vermaak sorg. Ek hou ook daarvan dat Peet duidelik sy eie opinies het, al bly die waardes en beginsels wat sy ouers hom geleer het steeds deel van wie hy is.
Op geen stadium was ek ooit heeltemal voorbereid op wat volgende gaan gebeur nie. Die storie het my voortdurend verras, met soveel plotdraaie dat ek gereeld my aannames moes heroorweeg. Daar was 'n paar gedeeltes wat effens cliché of herhalend gevoel het, maar uiteindelik kom alles mooi bymekaar en dien dit die groter storielyn.
Ek sou graag nog 'n bietjie meer wou lees oor hoe Rose en Peet uiteindelik bymekaar uitgekom het in die laaste hoofstukke, maar ek is steeds ongelooflik bly dat hy uiteindelik die meisie gekry het.
Hierdie boek kry 'n sterk 10/10 van my. Dit is propvol spanning, humor, skokoomblikke en daardie lekker "vind-jouself"-element waarmee baie lesers sal kan vereenselwig. Dit is een van daardie boeke wat jou aanhou laat lees en jou nog lank daarna laat dink.

This entire review has been hidden because of spoilers.
May 19, 2018
Ek het aanvanklik moeite gehad om my verwysingsraamwerk met betrekking tot jongmense te versoen met, wat ek glo, die realiteit is, soos verwoord deur die skrywer. Eers tóé kon ek begin waardeer hoekom hierdie boek bekroon is met die 2017 Sanlam Silwertoekenning vir Jeuglektuur. Die skrywer skram nie weg van sake soos onder andere charismatiese werkswyses, die Goth-onderwêreld en psigiatriese afwykings nie, alles dinge wat die potensiaal het om lesers te ontstig. Ek vermoed dat die skrywer nie gepoog het om die leser noodwendig in die duister te hou oor die identiteit van die brein agter die verdwyning van blonde jong meisies nie, maar eerder om die leser te verras met die skokkende detail van die ontknoping van die plot. Hoewel ek die regte skuldige partye verdink het, het die boek enduit geboei en geskok.
February 23, 2025
Hierdie boek was insane! Die konsep agter Peet en Rose is wel.. vreemd. Maar dis sulke goeie storie - ek het myself orals verskoon nét om dié boek klaar te kan lees. Ek was op die einde van my sitplek die laaste paar bl’e. Lees lees lees hierdie boek!
April 2, 2018
Effens aweregs, spannend en flippen goed geskryf! Hou hierdie skrywer dop!
July 13, 2018
Dit is goed geskryf, maar ek sal dit nie met 'n rein gewete vir iemand kan aanbeveel om te lees nie.
Heelwat tonele is onsmaaklik, kru en onnodig.

July 25, 2023
Wow did not expect the plot turns and ending ..full of action and humor great writing!!!!.
May 26, 2024
I'm a slow reader and I finished this book in two days...do with that what you will
Displaying 1 - 9 of 9 reviews