Corneli werk vir ’n sakereus. Sy kry opdrag om van die agterlike boer wat dié sakeryk gaan erf, ’n gekultiveerde man te maak. Net jammer hy is so selfversekerd en sy oë is so blou.
Een van die mooiste Romanzas wat ek nog gelees het.
Ek kon eenvoudig nie die boek neersit nie en ek het elke bladsy geniet. ń Mens raak skoon verlief op die held en lag omtrent vir al die manewales wat hy aanvang om die heldin se siel te versondig. Ek kan met ń geruste hart, die boek vir enige Romanza liefhebber aanbeveel.
Een van die beste Romanzas wat ek tot op hede gelees het. Kon nie help om party stukke hardop te lag nie.Veral toe Corneli so gepas by die oomblik na Nardus as n slangsleepsel verwys..😂😂😂 Hierdie was werklik n heerlike leesgenot..geloofwaardig en eg, pragtig het dit vreeslik geniet.
This romance is a light, relaxing read. I found it quite enjoyable. I would have loved to read what the book is about before buying it though, but I decided to take a chance. And I was not disappointed.