Jump to ratings and reviews
Rate this book

Terreur in Kaboel: "Ons sterf net eenmaal, dit kan net sowel vir Jesus wees."

Rate this book
Die 9/11-terreuraanvalle in die VSA het Hannelie Groenewald en haar man, Werner, met nuwe oë - en 'n nuwe roeping - na die wêreld laat kyk. Saam het hulle Ons sal die Goddellike opdrag uitleef om Christus se Lig in die wêreld te wees. Maar nooit sou Hannelie kon droom hoe hoog die prys uiteindelik sou wees nie… Hierdie boek vertel die hartverskeurende verhaal van 'n vrou van God wat haar man, seun en dogter in 'n wrede terreuraanval in Afganistan verloor. Dit vertel van 'n gelowige wat in gehoorsaamheid leef, oortuig van God se liefde en die beskerming waarvan sy Woord vertel. Net om dan skielik te worstel met die Here, hoe kon so iets gebeur? Here, waar is U nou? Hannelie beskryf hoe die pad na Afganistan een van oorgawe was, 'n geloofsreis. Sy skryf oor die lewe daar, die aanpassing, haar en Werner se werk, en haar tieners, Jean-Pierre en Rodé, se lewe en opvoeding in die vreemde. En dan, op ysingwekkende wyse, beskryf sy die aanval waarin haar gesin koelbloedig in hul huis doodgeskiet is, die teikens van terrorriste wat die Suid-Afrikaanse Christen-gesin in Kaboel geruime tyd dopgehou het. Sy vertel van "die langste nag van haar lewe" wat gevolg het. Terreur in Kaboel is 'n boek wat die leser aanmoedig om die werklike koste van ons geloof in Christus te bereken, om opnuut stil te staan en na te dink oor die karakter van God en ons identiteit as Sy kinders. Hannelie Groenewald se verhaal is 'n merkwaardige getuienis van 'n lewe in geloof, van God se liefde, genade, en die krag van vergifnis. En uiteindelik is die boodskap van Terreur in Kaboel Dit gaan alles oor God en Sy heerlikheid, en daarin lê ons hoop.

268 pages, Kindle Edition

Published October 2, 2017

2 people are currently reading
3 people want to read

About the author

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
12 (85%)
4 stars
2 (14%)
3 stars
0 (0%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 of 1 review
Displaying 1 of 1 review

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.