Jump to ratings and reviews
Rate this book

Reguit: Onthullings en gesprekke oor die geskiedenis van Suid-Afrika 1989-1997

Rate this book
In hierdie boek skryf die bekende outeur oor intrige en verraad in Suid-Afrika se jongste geskiedenis. Hy noem die kind by sy naam - reguit. Hy sit FW de Klerk se politiek na die "onomkeerbare pad" uiteen. Maar dr Nordbruch lê ook krities die Boere en sy geesgenote se onvermoë daar om hierdie vernietigingverldtog teen te staan. Daar was te veel gebabbel en geklets en te min dade.
Die boek is besonders waardevol deur die gesprekke wat dr Nordbruch met verskeie Boereleiers en ander opposisie politici gevoer het. Die outeur sê in sy inleiding onder ander, dat nie een van sy gespreksgenote vooraf gevra het om die vraelys te sein of dit gesensueer het nie. Dit is dus te meer opmerklik omdat die skrywer op grond van sy Duitse afkoms en die plofbare onderwerp geen taboes in aanmerking geneem het nie. Die vrae is reguit gestel - iets wat nie noodwendig eie is aan die Boeremanier nie en dus soms die een of ander gespreksgenoot verras het.
Verder reken dr. Nordbruch met Mandela se Nuwe Suid-Afrika onverbiddelik af. Sy gevolgtrekkings slaan die spyker op die kop.

248 pages, Paperback

First published March 1, 1997

Loading...
Loading...

About the author

Claus Nordbruch

15 books1 follower
German-Austrian historian currently living in South-Africa.

Nordbruch is considered to be in the far right spectrum. For giving lectures on rightwing organisations.

In 2001 one he received the "Freedom prize" of the rightwing nationalist German newspaper "Deutsche National Zeitung"

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
1 (50%)
4 stars
1 (50%)
3 stars
0 (0%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 of 1 review
Profile Image for Suidpunt.
182 reviews5 followers
December 4, 2018
Ek haal my hoed af vir Nordbruch. Hierdie man het op 25-jarige ouderdom in 1986 in Suid-Afrika aangekom (hy is in 1961 gebore) en skryf binne net 12 jaar sulke goeie akademiese Afrikaans, ek voel skoon skaam oor my eie taalfoute. Hoe ek weet dit is hy wat skryf is die paar Germanismes wat insypel en die "anval" en "daaran" wat baie op die Duitse spelling lyk. Ek sou graag wou weet waar en hoe hy Afrikaans aangeleer het. Daarvoor alleen kan mens hom vyf sterre gee.

Die biblioteekresensie sê:

1. Skrywer van wetenskaplike boeke en letterkundige essays wat in Duitsland gepubliseer is. 2. Bevat onderhoude met Carel Boshoff, Andrew Ford, Ferdi Hartzenberg, Jaap Marais, Willem Ratte, Robert van Tonder en Constand Viljoen - almal politici met baie regse politieke sienings. Deur middel van die onderhoude word daar na F.W. De Klerk se verraad verwys, die Nuwe Suid-Afrika word uitmekaar getrek, ens. 5. Baie eensydige boek oor die Suid-Afrikaanse politiek. Daar sal beslis belangstelling wees.

So eensydig soos: What if there were no whites in South Africa? Wie de hel dink jy bluf jy? Hierdie man se werk is gegrond op nugter redenasie, nie politieke wensdromery nie.

Die boek self bestaan eers uit 'n inleiding, gevolg deur onderhoude (wat die Robert van Tonder, Jaap Marais, Constand Viljoen, Ferdi Hartzenberg, Willem Ratte, Andrew Ford, Carel Boshoff insluit, terwyl Eugene Terre'Blanche geen van die vrae skriftelik beantwoord het nie), en afgesluit met 'n opsomming en gevolgtrekking.

Drie punte staan vir my uit, afgesien van die duidelike verdeeldheid en verwyte wat tussen hierdie behoudende groepe rondgeslinger word:

1. Die gemoedere word in die boek grootliks deur Nordbruch se kritiese ingesteldheid kalmeer. Die hele "as dit en dit gebeur, gaan ons oorlog maak!" "Ons is tot die tande gewapen en gaan ons grond vat!" "Die grond is deurdrenk van bloed..." in die vroeë 1990's het absoluut dadels van gekom. Van die mense het al hulle besittings verkoop om grond te gaan beset (volgens Andrew Ford van die BWB, omtrent die AWB), wat nooit verwesenlik het nie, wat tot die blanke plakkerskampe van die "volkstaat Rustenburg" aanleiding gegee het. Dit herinner my ook aan die opruiende leserskommentaar wat ek gelees het die dag toe Eugene Terre'Blanche se moord op Nuus24 bekend gemaak is (destyds nog gratis). Al wat gebeur het is die swak en papbroekige naam waarmee die konserwatiewe Boer/Afrikaner geëtiketteer is: want ook hiervan, om wraak te neem, het dadels gekom. Die Duitse skrywer het voorspel (in ag genome die Afrikanerdom of Boere se gedissiplineerdheid waarmee hulle grootword):

"Maar solank hulle [Die Afrikaners/Boere] nog steeds alles in die supermark kan koop, na werk tot slapenstyd in kroeë en restourante kan sit en twee keer per jaar met vakansie kan gaan, 'gaan dit darem nie te sleg nie'. Onder die gegewe omstandighede sal daar nie binne die afsienbare tyd 'n opstand of 'n bevrydingsoorlog in die land plaasvind nie. Solank die konsep 'brood en spele' nog werk, sal niemand so vermetel wees om vrywillig uit die vermeende sonskyn op die wal in die nat sloot te spring nie."

Maar let wel op die volgende paragraaf:

"Nogtans: die geskiedenis leer dat die druppel wat die emmer laat oorloop wel eendag val. Gewelddadige opstand is die laaste middel in die stryd om vryheid en geregtigheid."

Volgens Nordbruch gaan daar noodwendig probleme kom met 'n allesverterende stelsel. Dit kan nie verhoed of afgeweer word nie. Die bom moet een of ander tyd bars, al is dit ook oor 10 jaar, 20 jaar, 30 jaar. 'n Mens aanvaar dit maar gelate so.

2. Enigiemand wat die Afrikaanse letterkunde studeer het (of ten minste die koerantkoppe van die hoofstroommedia daardie jare dopgehou het), sou weet in die 1990's tot vroeë 2000's was daar 'n sware "hand-in-eie-boesem-steek"/mea culpa/ons-almal-moet-onsself-ondersoek/Ons-is-almal-skuldig/Ons-moet-boete-doen-tendens (wat vandag nog eintlik voortleef!). Hieroor skryf Nordbruch eenvoudig: waar hierdie sogenaamde kollektiewe skuld onder die Duitsers en Afrikaners vandaan kom weet hy werklik nie, want "volgens die Germaanse opvatting van moraal en reg kan skuld egter nooit gesamentlik wees nie, maar slegs individueel". Dit is een van die mees bevrydende sinne op bl. 208 wat ek in my hele lewe gelees het. Weet jy hoe moerlekker is dit om al daardie 10 kilogram bedrukte tannies en ooms se boeke nou in die drom te loop smyt? My boekrak en gemoed is nou soveel ligter. En dink net aan al die tyd en geld wat ek spaar! Ek kan my hele lewe soveel nuttiger aanwend. Laat ek dit dan opvul met Latynse boeke.

3. Hoe meer ek die boeke uit die 1990's lees, hoe minder kan ek verstaan waarom die meeste mense steeds alles wil glo wat op Staats- en betaalkanale versprei en gebeeldsend word. Dis presies dieselfde inligting, waarheid, halwe waarheid, waarheid buite konteks en leuens wat oor en oor herhaal word. Toe ek Nordbruch se boek lees, is die inhoud nog kraakvars, amper soos langlewemelk wat botter geword het. Om vandag joernalis te wees is werklik geen kuns meer nie. Soos in 'n sielkundeleunstoel moet jy herhaaldelik die verlede opraap, die lesers moet dieselfde trauma deurmaak, en elke keer net meer verdrietig word (wat onbybels is, aangesien mens mos vergewe en vergeet). Nee wat, jy sal nooit die hoofstroommedia tevrede kan stel nie. Smeer maar vir jou sonbrandroom aan en gaan lê lekker in die sonnetjie. Ondertussen leef ons in 2016, ek wag nou nog op my vlieënde motor, my silwer katpak en robothond om die posman agterna te sit.
Displaying 1 of 1 review