Jump to ratings and reviews
Rate this book

Roepman

Rate this book
Hierdie gesins- en inisiasieroman speel af in 'n spoorwegkampgemeenskap in Durban in die sestigerjare. Die verteller is die 13-jarige Timus, en saam met hom beleef ons sy inisiasieprosesse in 'n grootmenswêreld, en sy waarnemings van die mense en lewe rondom hom. Timus is deel van 'n groot gesin wat dit nie breed het nie en waar die pa se beheptheid met die kerk ontstellende gevolge het. As jongste in die gesin is hy toegespin in sy eie droomwêreld en ook agter by sy portuurs oor die soet en duister dinge van die lewe. Hy het 'n sterk verbeelding en sy weergawe van insidente verleen 'n magies-realistiese gevoel aan die gebeure in die roman.

198 pages, Paperback

First published January 1, 2004

13 people are currently reading
124 people want to read

About the author

Jan Van Tonder

14 books14 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
37 (25%)
4 stars
64 (43%)
3 stars
34 (23%)
2 stars
8 (5%)
1 star
4 (2%)
Displaying 1 - 8 of 8 reviews
Profile Image for Coenraad.
808 reviews43 followers
August 11, 2017
Ek het Jan van Tonder se boek lank nie gelees nie, tot ek onlangs die rolprentweergawe saam met 'n klas hoërskoolstudente gesien het. Die volgende dag het ek die boek geneem en dit voor slaaptyd die aand klaargelees - met groot genot. Ja, dit is nie altyd positief en mooi en helder nie, maar dit is hoe die lewe soms is. Van Tonder beeld Timus en sy familie se lewens oortuigend uit, met al die probleme, maar sy boek is nie reddeloos donker nie; daarenteen laat hy die ernstige aspekte ook nie ligsinnig voorkom nie. Die balans werk vir my baie netjies. Die hipernuuskierige Timus kan natuurlik veel meer vertel van ander karakters se gesprekke as wat 'n meer inkennige karakter sou kon. Dit is ook boeiend om sy grootwordproses te volg, vir die duur van die verhaal belemmer weens sy twee gebreekte arms - uiterlike manifestasie van die versperrings in sy ontwikkeling. Tog laat hy hom nie onderkry nie - hy loop en luister en leer voortdurend.

Dit interesseer my hoe die boek vereenvoudig en gestroop is vir die rolprentweergawe, hoewel laasgenoemde ook 'n afgeronde en oortuigende verhaal vertel, wat in sekere dele selfs beter geteleskopeer is as die boek.



Die menseverhoudings binne die gesin, asook tussen mense van verskillende ouderdomme, kerkverbande en rasse, bied ook vir 'n mens insig in die karakters en hoe hulle die lewe sien. Die dood van dr. Verwoerd is 'n belangrike element in die verhaal en laat lesers en kykers toe om belangrike houdings oor Suid-Afrika se situasie in daardie tyd te verstaan.

Die komplekse aard van die boek - 'n Bildungsroman binne 'n bepaalde historiese Suid-Afrikaanse konteks, met sterk gehandhaafde ideologiese standpunte wat die karakters se lewens bepaal en beperk - maak dit 'n uitstekende teks vir jong lesers. Die konsternasie by skole wat dié boek wou voorskryf, sê meer oor die engheid van die beswaarmakers as oor enigiets in die boek self.

Jan van Tonder writes a fluent warts-and-all narrative about a young boy's attempts to grow up in a Railway district in Durban in 1966. The complexity of the family, the community and the political situation makes this a highly readable novel, which was equally well filmed - the differences between novel and screenplay will provide interesting study material. Highly recommended for its honesty and convincing language use.
Profile Image for Johann.
27 reviews8 followers
May 12, 2022
Om ʼn verhaal soos hierdie te skryf, moet die skrywer ʼn fyn waarnemer van mense en hul gedrag wees. Dit ís Jan van Tonder wel en slaag hy op ʼn briljante wyse daarin om sy gewaarwordinge met ons as lesers te deel - om jou (kliphard) te laat lag op die een bladsy net om jou op die volgende bladsy ʼn traan in die oog te laat kry. Die patriargale gedonder wat soos 'n goue draad deur ons samelewing loop, word ook duidelik in hierdie boek uitgelig. Die boek kan plek-plek ook as hoogs ontstellend beskryf word, maar dis broodnodig. Dank die hemele vir ouma Makkie wat vir ʼn kort rukkie haar lewenswyshede kon laat neerdaal op hierdie Spoorweg-huis en die bewoners daarvan. Ek het al een keer in my lewe ʼn currie bunny-chow geëet, maar sal na dese nooit weer my mond daaraan sit nie! 🤣 Almal wat Afrikaans kan lees, moet hierdie boek lees.
Profile Image for De Wet.
279 reviews24 followers
April 8, 2019
Nie noodwendig 'n opbeurende boek nie, maar 'n realistiese snytjie van die stryd van alledaagse mense in die sestigerjare gesien deur die oë van die nuuskierige 13-jarige Timus. Veral hartseer om te aanskou is die mag wat sinlose kerklike doktrines (dans is sonde, twee mense van verskillende kerke wat dieselfde god aanbid mag nie saam wees nie, waddefok?) gehad het om eenvoudige menslikheid en empatie te verdring. Dieselfde met die apartheidsbeleid, waar goeie mense moes ly bloot as gevolg van hulle velkleur. Dankie tog dat hierdie argaïese instellings nie meer hierdie mag oor mense het nie.
Profile Image for Mari.
34 reviews6 followers
September 3, 2012
Ek weet nie of jy Kooperasie-stories uit die 80's onthou van die drie ou mense wat op die stoep gesit het en die hele dorp se doen en late bespreek het nie.
Die meeste van die tyd was die stories ammusant en lig, maar so een maal per maand was daar hierdie storie van iemand wat tot 'n skokkende, tragiese einde kom; die soort wat jou asem wegslaan.

Hierdie het my daaraan herinner. Daar was vir my geen positiewe uitkoms vir enigeen in die storie nie en dit het my die boek laat toemaak met 'n bitter smaak in my mond. Vir party mense is dit seker 'n teken van die sukses van die boek; vir my nie.
Profile Image for Sabine Jahnke.
29 reviews4 followers
June 18, 2014
Stargazer was a well written book which captured the struggles of growing up in an Afrikaans community during apartheid well. I found that eventhough it was a translation of the original Roepman it was a compelling read. Still I noted that some of the important aspects of the book that only were apparent in afrikaans were missing. So I would suggest to read the original if it is possible or later watch the movie Roepman, which captures the essence of the book well.
Profile Image for Rea Gerber.
11 reviews
June 19, 2011
Baie goed. Kan identifiseer met die era EN die dogters. Bedonnerde pa en al.
Profile Image for René Annandale.
Author 4 books
November 2, 2012
Nie 'n boeiende verhaal nie, ek kon nie 'n klimaks raaklees nie. Die storie gaan net aan en aan op dieselfde trant. Baie min van die roepman self, te min om die boek na hom te vernoem.
1 review
July 29, 2016
Baie goeie boek en dit is nogal snaaks ook.
Displaying 1 - 8 of 8 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.