Jump to ratings and reviews
Rate this book

Veldslag: twee novelles

Rate this book
Die eerste novelle, 'Veldslag', het ontstaan toe Karel Schoeman nog universiteitstudent was; die tweede, 'In ballingskap', enkele jare later. Albei staan in verband met die Tweede Vryheidsoorlog.

In 'Veldslag' word verhaal van die mense (hoofsaaklik die vroue) op 'n Vrystaatse dorp tydens die oorlog: die skrywer slaag op merkwaardige wyse daarin om die tekstuur van die lewe in daardie dae weer te gee met sy sobere en sekure taalgebruik. 'In ballingskap' speel in Nederland af onmiddellik ná die oorlog, en handel oor Afrikaners wat nie kans gesien het om onder die Britse vlag in hul land te bly nie, maar na Nederland vertrek het. Ook hier toon Schoeman hom 'n uitstekende hanteerder van die taal om 'n sekere atmosfeer uit te beeld.

Veldslag is Karel Schoeman se debuutwerk. (flapteks)

144 pages, Hardcover

Published January 1, 1965

Loading...
Loading...

About the author

Karel Schoeman

105 books27 followers
Schoeman is one of a handful of Afrikaans authors who has achieved real greatness in his own lifetime. His prizes include the Hertzog prize for prose three times (1970, 1986, 1995), the CNA prize (1972), the Helgaard Steyn prize (1988), the W.A. Hofmeyr prize and the Old Mutual prize for literature/fiction (1984, 1991). His work investigates the existence of the Afrikaner in Africa, especially those that came from Europe.

After completing his schooling in Paarl, he went on to study a B.A. at the University of the Free State before going to a Catholic Seminary in Pretoria. In 1961 he joined the Franciscan Order in Ireland as a noviciate for priesthood, but then returned to Bloemfontein to continue studying Librarianship. Before returning to South Africa for good in 1983, he was a librarian in Amsterdam as well as a nurse in Glasgow. Back in South Africa he continued writing and working as a librarian in Cape Town. He currently lives in Trompsburg.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
4 (57%)
4 stars
3 (42%)
3 stars
0 (0%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 2 of 2 reviews
Profile Image for Coenraad.
811 reviews44 followers
April 8, 2018
Trefseker, klassieke Schoeman van die eerste bladsy af: daardie lang, deinende sinne (wat ek nou skaamteloos hier naboots), dikwels ellipties, swaargelaai met detail en bystellings, die woorde presies geplaas en die melancholiese atmosfeer akkuraat opgeroep. Die mense dra swaar aan hul omstandighede (albei novelles het die Anglo-Boereoorlog as agtergrond, al speel 'In ballingskap' ná die oorlog in Nederland af) en kommunikeer met moeite, dikwels oorversigtig, dikwels onbeholpe of onbewus van hul eie gevoelens. Al mag sommige lesers dink dat niks gebeur nie, teken Schoeman die binnelewe van sy karakters met soveel besonderhede en insig dat die enkele uiterlike aksies verhewig word, gelaai met betekenis en impak. Treffend en mooi in die mineurtoon: 'n uitstekende inset vir 'n omvangryke en gerekende oeuvre.

Schoeman depicts the interior lives of his characters very accurately by placing them in richly detailed spaces and historical contexts. External actions are present, but unimportant: emotional responses, whether expressed or not, fuel the narratives. An excellent first publication in a voluminous and highly regarded oeuvre.
Profile Image for Johannes Bertus.
180 reviews8 followers
May 11, 2026
"Die volgende dag was dus Sondag. Toe was die strate baie leeg en groot, en die winkel was gesluit en die stemme was stil en die kerkklok het oor die dakke geklop, die geluid treurig op die somerwindjie, nou harder, nou sagter. Nooit is die dag so groot soos op 'n Sondag nie: dan is die hemel hoër, die strate breër en die huise kleiner, en selfs die blare stiller en meer bedees wanneer die wind deur hulle heen gaan. Niks staan in die weg van die kerkklokke nie. Hulle sweef uit en vul die hele lug, vloei weg en sterwe weg in die groot blouheid, klop weer, spoel weer uit oor die dakke, oor die klein blinde huisies en die slapende stofstrate en die peperbome hier en daar, en die bloekoms, en die veld daarom heen."
Displaying 1 - 2 of 2 reviews