Jump to ratings and reviews
Rate this book

Gifbeker

Rate this book
Speuradjudant Storm van der Merwe is op die toneel toe ’n gehate kosblogger dié middag in een van Hermanus se spoggerige restaurante dood neerslaan. Dit blyk die giftige sampioene in die vrou se kos is selfs dodeliker as haar vlymskerp resensies.

Dit is maar net die begin van Storm se probleme: haar oudkollega, Andreas Moerdyk, het bedank en trap nou haar drumpel deur op soek na ’n nuwe heenkome in dié dorp. Om dit alles te kroon, verdwyn haar geliefde hond.

Storm se senuwees is gaar wanneer die moordenaar nog slagoffers eis – alles tydens die voorbereidings vir ’n blink toekenningsaand waar die land se topsjefs vereer word. Maar wie is besig om moord op te dis en gaan Storm dié slagting kan keer?

Also available in English as Death Cup.

326 pages, Softcover

Published March 5, 2018

29 people are currently reading
38 people want to read

About the author

Irna van Zyl

7 books15 followers
Irna van Zyl is the author of the thriller "Dead in the Water". She is an award-winning journalist and media entrepreneur who headed up De Kat, Insig and Boeke-Insig before becoming a full-time writer. She lives in Cape Town with her partner, two dogs and a cat.

Irna van Zyl is die skrywer van die riller "Moordvis". Sy is ’n bekende mediapersoonlikheid en was onder meer redakteur van De Kat, Insig en Boeke-Insig voordat sy heeltyds begin skryf het. Sy woon in Kaapstad saam met haar lewensmaat, twee honde en ’n kat.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
29 (23%)
4 stars
52 (42%)
3 stars
34 (28%)
2 stars
3 (2%)
1 star
3 (2%)
Displaying 1 - 6 of 6 reviews
Profile Image for Alison Smith.
843 reviews21 followers
July 28, 2019
My true rating is 3.5 stars. Entertaining South African crime novel set amongst the world of high-end chefs and the upmarket coastal town of Hermanus. See http://the booksmithblog.wordpress.com .
Recommended.
Profile Image for Sam Wilson Späth.
20 reviews7 followers
March 23, 2018
Loved this foodie whodunnit, complete with murder, mushrooms and mussels.
Profile Image for Karin Behrens.
65 reviews7 followers
March 20, 2018
Gifbeker – Irna van Zyl.
3.5/5
Sandra Dippenaar, die land se bekendste kosblogger, slaan dood neer in die deftige restaurant, Zebrdines. Na haar giftige resensies van restaurante, is sjef Zeb Tswalo een van die eerste persone wat van haar moord verdink word.
Speuradjudant Storm van der Merwe moet Sandra se dood ondersoek. Behalwe vir die moordondersoek moet sy ook tussendeur persoonlike probleme hanteer. Asof sy nie genoeg hooi op haar vurk het nie, is daar ook uitdagings by die werk en blyk dit dat die moordenaar nie net by een moord gaan stop nie.
Gifbeker is Irna van Zyl se tweede roman met Storm van der Merwe as hoofkarakter. Die verhaal lees maklik met dialoog wat by die karakters pas. Daar is ook interessante beskrywings en feite wat verweef word. Ek het lekker gelees en hoop om weer van Storm van der Merwe te hoor.
Profile Image for mariska.
2 reviews
August 10, 2020
Kon nie die boek neersit.

Irna van Zyl se boeke is opwindend en hou jou aan die wonder.
Dit is ook lekker om n storie te lees wat in n omgewing afspeel wat vir jou bekend is.
Profile Image for Marlette Taljaard.
23 reviews
Read
February 15, 2019
Fantastiese boek.
Bietjie oraloor en gaan haal 'n storie uit die verste hoeke, maar dan moet al die leidrade ook opgevolg word. Dit gee mens insig in die karakters wat eintlik maar nogals vaag bly regdeur.
Al die los punte word nie vasgevat op die ou end nie.
Displaying 1 - 6 of 6 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.