Jump to ratings and reviews
Rate this book

Kraak

Rate this book
In 2065 rig geo-ingenieurs 'n virtuele koepel oor Kaapstad op en dit word //Hui !Gaeb. Maar in 2315 begin die krake wys; in die koepel, maar ook sypel daar in die ultragereguleerde samelewing van //Hui !Gaeb invloede van die buitew�reld in. 'n Groep jongmense besluit om die koepel te verlaat en 'n reis na die noorde aan te pak op soek na antwoorde.

258 pages, Kindle Edition

Published May 6, 2018

2 people are currently reading
32 people want to read

About the author

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
8 (25%)
4 stars
9 (29%)
3 stars
7 (22%)
2 stars
6 (19%)
1 star
1 (3%)
Displaying 1 - 6 of 6 reviews
Profile Image for Bianca.
218 reviews41 followers
July 12, 2018
Besoek gerus my blog vir meer resensies: www.yourwordsmyink.com

Kraak het my stomgeslaan. Dit is 'n fantastiese boek in 'n genre wat jy nie sommer in Afrikaans sal kry nie. Daar is 'n gaping in Afrikaans vir goeie tienerfiksie en daar is ook 'n gaping in die mark vir tienerboeke wat in Afrika afspeel. Dit was wonderlik om 'n avontuur te lees wat in plekke afspeel waar ek al was. Die bekende liggings het my in die boek ingetrek en het die gebeure meer werklik laat voel. 

Die wêreld wat Meiring geskep het is vreemd en gevaarlik. Die gediertes wat in hierdie wêreld bly is uniek en anders as enige iets wat jy gewoonlik in dystopiese fiksie kry. Dit is wonderlik vreemd en gooi jou so bietjie uit jou comfort zone uit. Meiring het dit reggekry om 'n outentieke wêreld te skep wat by jou sal bly lank nadat jy die boek klaar gelees het. 

Die karakters was nog 'n hoogte punt van die boek. Elkeen het 'n unieke persoonlikheid gehad en ek kon die meeste met Kara identifiseer. Nie een van ons hou baie van draf nie. Ek gee hierdie boek ook prys vir diversiteit, maar daar kort nog. Daar word slegs gepraat van 'n gay karakter, wat alreeds 'n stap vorentoe is vir 'n Afrikaanse boek, maar ek sou meer wou sien. Ek sou ook meer tyd saam met Mohlomi wou spandeer, en ek het baie van die vriendskap tussen hom en Kara gehou. 

Die rede hoekom hierdie boek net 4 sterre gekry het was die vreemde tyd-spronge. Kara-hulle se reis het nie altyd vir my so goed gevloei nie, en die hoofstukke vanuit Shaka se perspektief wat hier en daar ingegooi is het die pas gebreek. Ek het baie van Shaka se hoofstukke gehou, maar dit het nie vir my sin gemaak in hierdie narratief nie. Dit sou beter gewerk het as Shaka meer hoofstukke in die tweede boek kon kry, eerder as 'n paar random hoofstukke in hierdie boek. 

Ek het die boek baie geniet en kan nie wag vir die tweede avontuur nie.
Profile Image for An-Mari Carmo.
Author 2 books30 followers
August 21, 2018
Kraak is treffend van die eerste oogopslag af, met 'n uitstekend ontwerpte voorblad wat dadelik aandag trek. Uiteindelik, het ek gedink toe ek die boek die eerste keer optel: ʼn boek in my gunsteling genre in Afrikaans! Hierdie verhaal word alreeds bestempel as enig in sy soort, en ons kan net hoop dat daar binnekort meer boeke soos hierdie sal verskyn om die gaping in die mark te vul vir goeie, Afrikaanse jeug fantasie en wetenskapfiksie wat in Afrika afspeel en wat kan meeding teen die groot internasionale reekse.
Meiring gee ons ʼn interessante, multidimensionele blik op die wêreld oor 300 jaar: 'n slim vermenging van kulture, tale, geskiedenis, tegnologie, mitologie, wetenskap en meer wat die leser onmiddellik intrek en nuuskierig maak in die wêreld van die roman. Wat van hierdie boek 'n goeie verteenwoordiging van die Suid-Afrikaanse reënboognasie maak, is hoe verskillende tale en kulture (Afrikaans, Sotho, Xhosa, Engels, Khoisan) voorgestel word op 'n toekomstige vlak. Selfs die naam van die koepelstad, ||Hui !Gaeb, is die Khoisan naam vir Kaapstad. Plekke en name van die verlede en die hede word vermeng met die toekoms, sodat alles nou saamgevleg word om 'n uiters geloofwaardige toekomswêreld te skep wat steeds 'n Suid-Afrikaanse leser gaan laat voel asof dit sy eie wêreld is. Die temas wat aangeraak word, veral die van natuurrampe en die verwoeste omgewing, is ook baie relevant en Meiring se voorstelling van die toekoms maak mens definitief meer bewus van hoe belangrik dit is om vir ons aarde te sorg.
Alhoewel sekere aspekte van die tegnologie en die wêreld effens onduidelik bly, is dit ʼn ware ontdekkingsreis vir die leser. Een aspek wat my baie geïnteresseer het, is die idee van die evolusie van die mens tot op ʼn vlak waar telepatie en kommunikasie met ander wesens (beide ‘alien’ en dier) moontlik is. In die meeste toekomsfiksie bly die mens maar redelik dieselfde as in die hede, so dis 'n verfrissende en interessante verandering wat baie effektief gebruik word in die verhaal.
Een probleem wat ek egter met die roman het, is dat die karakterskepping en -ontwikkeling dikwels onoortuigend is, veral wat die romantiese aspekte aanbetref. Kara se liefde vir Kaleb, alhoewel dit nie die hoof storielyn is nie, maak baie staat op dit wat vertel word eerder as wat gewys word en kom dus onoortuigend en flou voor. Verder tree die karakters soms onnodig dramaties op en is dikwels uiters “verstom” oor wat in die verhaal gebeur – asof die skrywer die leser probeer wys hoe hy/sy moet voel oor wat aangaan in plaas daarvan dat die teks self hul daartoe lei. Daar word ook baie staatgemaak op eksplisiete karakterontwikkeling (byvoorbeeld die karakter of verteller deel ons mee dat die karakter ontwikkel het), in plaas daarvan dat die karaktergroei duidelik is in die verhaal self. Die "lesse" wat die karakters leer is ook baie oordonderend en kom dikwels prekerig voor. Verder is die karakters, en veral die hoofkarakter, se gedrag is ook soms oor-dramaties en onoortuigend. Kara se haat vir Vega, byvoorbeeld, is baie ongemotiveerd. Die bogenoemde probleme kan, in my opinie, grotendeels toegeskryf word aan 'n gebrek van "wys" en 'n oormaat van "vertel".
My grootste lof vir Meiring is haar gebruik van taal. Deurgaanse goeie Afrikaans wys daarop dat sy nie die leser onderskat nie en dit is uiters verfrissend om te lees. Meiring gebruik ook woorde uit ander Afrika-tale sowel as Chinees om die multikulturele aspekte van haar wêreld te beklemtoon, en daar is verskeie nuutskeppings ook te vinde. In ʼn genre waarin daar nog min Afrikaanse boeke geskryf is, is die futuristiese taalelemente in Kraak besonders vindingryk hanteer.
Ten spyte van 'n effens stadige begin (deels as gevolg van oormatige en onnodige plekbeskrywing) en dialoog wat gereeld geforseerd oorkom is hierdie 'n baie goeie verhaal oor nie net die karakters se reis na Egipte nie, maar ook elkeen van die karakters (wat tog interessant en divers is) se individuele reis na wie hul moet wees. Die storielyn beweeg redelik vinnig met goeie spanningsbou en voldoende geheimsinnigheid om die leser se aandag te behou. Oor die algemeen is hierdie ʼn goeie Afrikaanse storie met wortels diep in die geskiedenis van Afrika, en my blywende indruk oor die verhaal is dat ten spyte van die bogenoemde kwessies ek die verhaal terdeë geniet het en baie graag meer van hierdie genre in Afrikaans wil lees.

Besoek my blog vir meer monami95.wordpress.com
Profile Image for Frances (Strooh) Tobi.
Author 1 book6 followers
October 14, 2019
Dis 'n ongelooflike boek in 'n genre wat 'n mens nie gereeld in Afrikaans teëkom nie. Tog is die feit dat dit in Afrikaans is nie al wat hierdie boek besonders maak nie. Dis sci-fi wat op eie bodem afspeel, maar beslis internasionaal kan kers vashou.
Profile Image for Franci.
772 reviews4 followers
April 28, 2021
#43 of 2021

Hierdie boek het my 'n ewigheid gevat om klaar te maak.
Deels omdat ek soveel interessanter boeke gehad het om te lees en deels oor die boek self.
Ek kan sien wat die boek wil wees. Waarna hy smag.
Distopiese Wetenskapsfiksie vir Jong Volwassenes.
Dis die idee...
Maar die uitvoering daarvan kom nog nie heeltemal suksesvol daarby uit nie.

Die 4 sterre is opgerond van 3.5 af.

Ek hét dit geniet.
Ek wou net méér gehad het.
Meer afgeronde karakters.
'n Beter beskryfde wêreld.
Natuurliker taalgebruik en vloeiende gesprekke.
Méér...
119 reviews8 followers
May 15, 2024
Daar was elemente van die boek wat ek geniet het. Ek het regtig gehou van die blik op hoe die wereld wat ons ken moontlik kan verander. Daar was 'n paar baie interessante dele oor hoe samelewings en spesies sou verander om aan te pas en te oorleef na 'n groot natuur ramp. Die manier waarop die skrywer, geskiedenis, mites en legendes by die storie ingetrek het was ook vir my baie goed.

Wat my wel op die ou end van die boek afgesit het was die oormaat spirituele elemente. Van dit was goed en het gewerk maar baie keer het dit vir my te veel en te deurmekaar geword wat op die ou end mens se aandag van die storie aftrek. Dit het ook baie van die karakters se ontwikkeling en mens wees beinvloed wat hulle minder realisties laat voel het.

Displaying 1 - 6 of 6 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.