Jump to ratings and reviews
Rate this book

Confessions oor kerkwees

Rate this book
JACO STRYDOM het teologie gestudeer aan die Universiteit van Pretoria en NWU. Hy het ’n tyd lank in Indië gewoon en was ook betrokke by projekte in Nepal, Pakistan, Bangladesj en Kenia. Tans is hy deeltyds predikant in Villieria en die leier van Echo Jeugontwikkeling, ’n alternatiewe geloofsgemeenskap wat verblyf en ondersteuning bied aan jongmense sonder heenkome. Meer as ’n honderd van sy rubrieke en artikels is in ’n verskeidenheid tydskrifte en koerante gepubliseer. “Confessions oor Kerkwees reflekteer my nadenke in koerante, tydskrifte, my blog en ander publikasies. Wanneer jy ’n rubriek of artikel skryf, skryf jy vir ’n spesifieke leser, die tipiese oom of tannie wat daai koerant of tydskrif koop. Die goed op my blog is anders – wie weet wie lees dít? Baie van wat ek daar geskryf het, het uitgeglip en is nie beplan nie. Die waarheid oor Suid-Afrika vandag (en oor kerkwees in die tyd van die ANC) is bruin én wit én swart, mooi en lelik, goed en sleg. In die woorde van Diane “It began in mystery, and it will end in mystery, but what a savage and beautiful country lies in between.” My hoop is dat jy iets hiervan sal raaklees. My grootste inspirasie was nog altyd die vreemde wesens wat ek deur die jare raakgeloop het op onwaarskynlike plekke – selfs in my drome. Baie van hulle waag dit selde op “tradisioneel godsdienstige plekke”, maar hulle ken geheime oor God. Ek wil jou graag aan ’n paar van hulle voorstel. Ek het met die saamstel van die boek agtergekom dat ek nie altyd met myself saamstem nie, hier en daar weerspreek ek myself. Ek vermoed ek is geestelik effens bipolêr, veral met betrekking tot die kerk. Soms laat sy my huil, soms laat sy my lag, soms wonder ek of as Jesus vandag sou lewe, Hy ons ook van die Christendom sou wou verlos. Die boek is dus ietwat deurmekaar, maar ten minste (hoop ek) nie te vervelig nie ...”

346 pages, Kindle Edition

Published May 21, 2018

5 people are currently reading
10 people want to read

About the author

Jaco Strydom

6 books2 followers
Jaco Strydom is die leier van Echo Jeugontwikkeling ('n Organisasie sonder winsoogmerk met o.a. 13 huise vir jongmense in nood) en is deeltyds gekoppel aan Villieria Gemeente. Hy is 'n rubriekskrywer vir verskeie publikasies. Meer 200 van sy artikels en rubrieke het die afgelope tien jaar verskyn in onder andere Beeld, Rapport, Finesse, Kerkbode, Maroela Media, Taalgenoot en Weg. Hy is ook 'n gereelde blogger (besoek sy blog: "Aanderkant die doringdraad"). Sy boeke Confessions oor Kerkwees is in 2018, en Leef Lig in 2021 gepubliseer.

Jaco het vir 'n tyd lank in Indië gewoon en was betrokke by verskeie projekte in Suid-Asië en Afrika.

Een van Jaco se stokperdjies is roei, hy onderneem deur die jare 'n aantal solo-reise na afgelëe plekke met sy kayak (roei onder andere solo vir meer as 'n maand lank vanaf Vaaldam tot by die see, ook talle soortgelyke reise na plekke in Transkei, Mosambiek, Tanzanië, Noord Pakistan, Andaman eilande . . .). Jaco is o.a. Brand Ambassador vir Fluid Kayaks.

Hy is van die oortuiging dat gereelde afsondering in die natuur net so belangrik is as om in gemeenskap te lewe.

Jaco het in Randburg gematrikuleer en gestudeer by die Noord Wes Universiteit en die Universiteit van Pretoria, hy woon tans in Villieria, Pretoria.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
9 (60%)
4 stars
5 (33%)
3 stars
1 (6%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 of 1 review
Displaying 1 of 1 review

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.