"Die naald sink tussen haar oe in en buig. Die blink tandartsspuit van vlekvrye staal tref die skedel hard. Bloed. Sy hand lig weer op ..." Izak Hugo is 'n gefrustreerde tandarts van Port Elizabeth. Hy haat sy werk en smag na 'n meer vervullende lewe. Snags word hy deur gewelddadige drome geteister. Soos sy onvergenoegdheid opbou, begin hy sporadiese oomblikke van geheueverlies beleef. Wanneer hy n� so 'n episode sy vriend se verwurgde poedel in sy bakkie ontdek, begin hy sy greep op die werklikheid en homself verloor. Sake vererger wanneer 'n jong bendelid vermoor word en die bende vermoed dat lzak die skuldige is. lzak besluit om Transkei toe te vlug, maar die bloedspoor volg hom. 'n Kaalvuis sielkundige riller deur 'n opwindende nuwe skrywer. 'n Geveg tot die dood toe tussen goed en kwaad, maar die rolverdeling is net so onseker soos die uitslag.
Het dit baie geniet. Al het mens 'n idee wie die meester brein "boss" agter alles is, is daar heelwat kinkels wat mens tot op die laaste bladsy verras!
Ehm, dit was oraait. Nogal lank gevat om aan die gang te kom (ek het amper op bl. 85 moed opgegee maar deurgedruk) en ek het ook gevoel die skrywer rek dalk dinge te lank uit deur die loop van die boek. Daar het so 80 of wat bladsye voor die einde vir my 'n punt gekom wat die stapel vreemde gebeure net té hoog geraak het en ek na 'n ontknoping begin soek het.
Die sielkundige riller met plot twists is nie my gunsteling tipe leesstof nie, maar indien jy daarvan hou (dink Harlan Coben, min of meer) kan ek hierdie wel aanbeveel. Die skryfwerk is deurgaans goed.
This book is very well written. It is not written in grand Afrikaans, but rather easy everyday language. The story kept me on my toes and I was in the dark until they finally revealed what is going on.