Op Dinsdag 5 Desember 2017 was die Steinhoff-groep nog R199 miljard rand werd. 24 uur later is meer as R160 miljard daarvan uitgewis. Die Steinhoff-sakeryk, wat oor 20 jaar tot ’n internasionale sakereus opgebou is, het oornag verkrummel. Markus Jooste, Steinhoff se flambojante grootbaas, het per SMS bedank en vlug sedertdien van die een na die ander geraamte wat uit sy kas val: tientalle spoghuise vir ’n blonde minnares, resiesperde, bewerings van bedrog en ’n blinkswart Jaguar vir ’n ou universiteitskoshuis. Wat presies het hier gebeur? Wie het wat geweet? Wat is Steinhoff, wie is Markus Jooste en wat het dit met die sogenaamde Stellenbosch-mafia te doen? Hoe pas Christo Wiese, Shoprite en Pepkor in en waarheen is die pensionarisse se geld? Die bekende sakeskrywer James-Brent Styan beantwoord dié en ander vrae in hierdie verstommende verhaal van die grootste finansiële ineenstoring in die geskiedenis van Suid-Afrika. Deur onderhoude met betroubare bronne, inligting uit vertroulike dokumente en dieptenavorsing oor Steinhoff se geskiedenis, onthul hy dít wat die groep oor jare probeer wegsteek het. Steinhoff en die Stellenbosse Boys is ’n boeiende sakeriller wat nog dekades lank in sowel raadsale as sitkamers oorvertel sal word.
James-Brent Styan is a South African writer. He has written three books of which two have been translated into other languages. His second book, Heartbreaker – Christiaan Barnard and the first heart transplant, is currently being developed for film and TV by an international production house.
James is a former accountant – turned journalist who specialized in finance and politics. He started his career in Johannesburg where he specialized in writing about state owned entities and energy and aviation companies. He followed this up with a number of years working as a senior political correspondent in the National Parliament of South Africa. He has an honors degree in journalism from the University of Stellenbosch and a Bachelor’s degree in Accounting from the University of Pretoria.
He has always been an avid reader and traveler and collector of stories, all which he still hopes to tell. He writes part time and is presently employed as a communicator in the government sector.
James was born in a little mining town on the Witwatersrand in 1980 but was brought up in the Karoo town of Cradock and the Gauteng town of Heidelberg where he matriculated in 1998.
A family man, he enjoys good food, open spaces, fireplaces, good company and considers himself a coffee snob. His aim is to be a New York Times bestselling author and to tell stories that will be retold for years to come.
Gedurende Desember 2016 was die Steinhoff-maatskappy op Bloomberg se gesogte lys van dié Top 50 aandele om in 2017 dop te hou; die enigste maatskappy uit Afrika wie se naam op die lys verskyn het. Op Maandag 4 Desember 2017 was ‘n aandeel in die Steinhoff-groep R50.25 werd. Op Vrydag 8 Desember 2017 het dieselfde aandeel se prys geval na R6.00. In Steinhoff en die Stellenbosse Boys probeer James-Brent Styan agter die kap van die byl van hierdie insinking kom. Styan begin by die maatskappy se nederige ontstaan in Westerstede, Duitsland en hoe Markus Jooste se pad met die van Christo Wiese gekruis en die magtige Steinhoff gevorm het. Die vraag of daar niemand was wat onraad vermoed het nie, word ook beantwoord. Die gevolge van die insinking word ook bespreek aangesien min daarvan bewus is dat óók hulle deur die Steinhoff-debakel geraak word: ‘ Hoe raak dit jou? Die meeste batebestuurders het belange in Steinhoff gehad. Die grootste belegger was die Regeringspensioenfonds (die GEPF) wie se bates bestuur word deur die Openbare Beleggingskorporasie (OBK). Dié fonds het R14 miljard verloor”. P139. James Styan se skryfstyl en maklik verstaanbare taalgebruik, asook 'n diagram van die groepoorsig, die sleutelrolspelers en 'n afkortingslys maak die boek selfs vir leke toeganklik. Daar is in Suid-Afrika alléén meer as 50 000 mense in diens van Steinhoff. Dit is veral om hulle onthalwe dat ‘n oplossing spoedig gevind moet word alhoewel die prentjie vorentoe donker lyk. Ek moet die skrywer en uitgewers gelukwens met ‘n boek wat inlig en nie op sensasie fokus nie.
James-Brent Styan het dit reggekry om 'n boek te skryf wat elke Jan Rap op straat sal verstaan, maar wat nie die finansiële ghoeroes sal verveel nie. Briljant!
Dit is egter skokkend om te besef hoeveel mag 'n paar ryk "mafia base" het... Dis eintlik tragies dat hulle hul kennis en welvaart misbruik...
Hierdie boek was in 1 woord opgesom: hartseer. Hartseer dat soveel mense verloor het. Hartseer dat soveel mense se toekoms in die weegskaal lê. Hartseer dat 1 mens ander so kan bedrieg.... Hartseer....
Hierdie was seker een van die grootse finansiële bedrogsake in Suid-Afrika. Dit was ʼn gebeurtenis wat soveel mense geraak het. Ryk of te nie. Die Steinhoffsaga het die nuus gedomineer al van die 5de Desember 2017 af toe dié se aandeleprys ineengestort het. Die skok van die onetiese gedrag deur die sogenaamde “Stellenbosse Boys” in die finansiële industrie is ontstellend.
Eintlik is skrikwekkend die regte woord - nie net vir die wat geld belê het nie maar ook vir die welvaartbestuurders en ander finansieel kundige individue wat daarmee gewerk het. Almal is bedrieg. Styan gee die publiek ʼn duidelike blik op die werke van die finansiële industrie en hoe die binnekringe van Steinhoff gewerk het. James-Brent Styan slaag daarin om die vrae wat mens het rondom hierdie gebeurtenis te beantwoord. Die wie, wat, waar en hoekom word beantwoord.
‘Steinhoff en die Stellenbosse boys’ is ʼn boek wat die leser werklik nie kan neersit nie. Dit lees maklik. Veral vir die persoon wat nie in die finansiële industrie werk nie en glad nie syfers verstaan nie, is hierdie ʼn gladde lees wat die kompleksiteit van die gebeurtenis effektief verduidelik. Styan gee met ander woorde ʼn vereenvoudigde oorsig van die Steinhoffsaga. Lees gerus hierdie sakeriller “en vind uit hoe jou geld verdwyn het.”
In the aftermath of the 2008 financial crisis, Queen Elizabeth II was heard to ask “Why did nobody see it coming?”
I found myself asking the same question as I read this book. And the answer seems to be the same as it was then. A few people, voices in the wilderness, did see it coming. But they weren’t heeded because everybody else was busy making piles of money and thought of those voices as spoilsports.
In other words, nobody saw the Steinhoff crash coming because nobody wanted to. And this book is an absorbing, but dispiriting, account of how that happened.
The book gives a good overall picture of what happened and how one man was ultimately responsible. I would recommend reading the book if you are interested in in the whole Steinhoff saga.
A great, insight into the accounting irregularities which happened in steinhoff. Unfortunately the increased growth, buying of companies which were on the verge if collapse and increased profits, did not ring bells as to perhaps there is a problem? So sad!
Vir die man op straat was Steinhoff dalk net ’n naam wat hy al iewers gehoor het, hoewel bykans almal in die land geraak is deur die grootste finansiële debakel ooit in Suid-Afrikaanse sakegeskiedenis. Een wat met die skryf van hierdie boek, nog steeds intensief forensies ondersoek word. James-Brent Styan verdien die sukses wat hy behaal het met hierdie boek. Daar het ’n enorme klomp werk ingegaan, wat onderstreep word deur die ellelange lys van bronne wat geraadpleeg is. Dit nou buiten talle mense wat vanweë die sensitiewe aard van die saak, nie bereid was om kommentaar te lewer, of geidentifiseer te word nie.
Styan maak die komplekse wêreld van groot korporatiewe ondernemings, aandele, oornames, direksies en beleggings, toeganklik vir die leek op hierdie gebied. Die boek is nie te tegnies nie, hoewel daar in detail omgegaan word met bedrae wat die verstand laat duisel. Ek persoonlik vind dit byna onmoontlik om te begryp dat daar mense is wat soveel geld besit en bestuur. Oor die enigmatiese, en nou afwesige, Markus Jooste, hang daar baie vraagtekens. Daar word vingers gewys na fondsebestuurders, direksies en ouditeure. Styan sluit af met die stelling dat nie Westerstrede of Stellenbosch, die naam Steinhoff sal vergeet nie, en verwys na Bruno Steinhoff wat steeds skatryk is, hoewel die onderneming wat hy so beskeie begin het en tot ’n reus ontwikkel het, skouspelagtig in duie gestort het.
Teleurstellend dat die vermoede van die bedrogspul al vir jare daar was, was die knoeiery het net voortgeduur, soveel so dat derduisende mense miljoene rande verloor het.
Brilliant book but you need to be an actuary to keep track of all the numbers shocking discovery though reading this book - no one really knew how big the losses were until read here
Insiggewende boek oor hoe ‘n multinasionale reus baie mense rykgegemaak het en die uiteinde waar die waarheid begin uitkom het oor hoe dit moontlik was.
Excellent summary of the ‘story so far’ at Steinhoff, but a terrible indictment of the board’s corporate stewardship and rather a lot of myopic asset fund managers. Must never be allowed to happen again. Sets the scene nicely for the publication of the PwC report in December. Recommended.