Jump to ratings and reviews
Rate this book

Wrok

Rate this book
Een stad. Vyf mense. Wraak se bloedspoor.
die slagoffer en sy suster
Freya Rust glo sy weet alles van haar tweelingbroer Ben, maar wanneer hy vermoor word, besef sy sy lewe was vol geheime. Sy is vasberade om sy dood te wreek, al kos dit wat.
die onderwyser
Rugby-afrigter meneer Oktober het sy hande vol met sy wilde tienerdogter, maar dit is sý duister verlede wat by hom spook wanneer hy snags in Pretoria met ’n gelaaide vuurwapen ronddwaal.
die dwelmhandelaar
Slick se wrede mentorskap by Mama Afrika leer hom moord en mag loop hand aan hand. Hy regeer sy dwelmkoninkryk met ’n ystervuis.
die speurder
Benjamin Rust se moordsaak land op inspekteur Nolwazi Mngadi se lessenaar. In die korrupte slangnes van ’n polisiestasie in Pretoria begin sy met haar ondersoek.
Hoekom is Ben dood? Wie het hom vermoor? En wat is vergelding se prys?
Wrok breek die misdaadroman se reëls en werp lig op die morsige gevolge van verdriet, woede en wraak.

273 pages, Kindle Edition

Published July 1, 2018

3 people are currently reading
18 people want to read

About the author

Beyers de Vos

1 book2 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
8 (27%)
4 stars
12 (41%)
3 stars
8 (27%)
2 stars
1 (3%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 8 of 8 reviews
Profile Image for De Wet.
279 reviews24 followers
April 5, 2020
Soos 'n pikswart nag. In Wrok is daar nie eers 'n ligte of vlugtige sweempie humor te vinde om De Vos se karakters net vir 'n oomblik uit die taai kloue van sy monsteragtige Pretoria te pluk nie.

Hier het jy die storie van vyf mense, elkeen met hulle eie probleme en kaste vol geraamtes. Met die moord op Benjamin Rust slinger die noodlot en wraaksug hulle na 'n bloedige kruispad.

Een van die vyf is die speurder wat die moord op Benjamin Rust moet ondersoek, maar moenie die fout maak om te dink hierdie is 'n krimi nie. Die ondersoek is 'n bysaak. Waar Wrok jou neem is tot diep binne-in die gange en kamers waar die pyn, woede, leegheid en wanhoop van hierdie karakters die kitaar slaan.

Ek was aanvanklik moeiteloos meegesleur deur die boek, met Pretoria se grou stedelike landskappe wat as 'n lewende, dreigende organisme verbeeld word terwyl die skadumense wat in sy strate rondbeweeg hulleself stadig maar seker vernietig.

My sukkel het so in die laaste derde van die boek begin. Die tydlyn tussen die hoofstukke was in die pylvak van die boek by tye verwarrend, en dit het kophou en konsentrasie geverg om by te hou met presies waar en wanneer ons nou is.

Ook het die aanhoudende oopkrap van nog lae van elke karakter se psige later swaar geraak om te lees vir 'n storiegedrewe leser soos ek wat teen daardie tyd na 'n ontknoping en afrekening begin soek het. Ek het begin smag na 'n bietjie meer rigting en minder gedelf, maar as daar een ding is wat Wrok nie doen nie is dit om hom aan enigiemand se reëls te steur. In 'n wêreld oorvol van formuletjie-formuletjie boeke is dit nie iets waaroor ek te hard gaan kla nie.

Dat Beyers de Vos kan skryf is nie te betwyfel nie, en ek kan Wrok aanbeveel vir lesers wat van donker, karaktergedrewe stories met sterk beeldende teks hou en nie bang is vir 'n uitdaging nie.
Profile Image for Tiah.
Author 10 books70 followers
Read
September 11, 2018
~The trauma...will rush back inside her, attach itself to her heart and pump itself into her blood. It will become hers. It will claim the centre of her, expanding and retracting, exploding and exploding and exploding.~

~I think when people travel, they take their stories with them. And I think underneath the streets and on the walls and in the trees of this city there are ghosts and gods and kings that were brought here by all the people who have lived her and believed in something. Like a river flowing all around us. A river of stories.~

~Grief is the thing covering these walls; she is surrounded by the artefacts of someone else's tragedy. And she understands the person who made all these things...grief isn't a thing that can be spoken about; it can't be translated into something that exists outside of you. Language isn't enough. Talking isn't enough. Even this - this angry, ragged art - itsn't enough. Talking isn't enough. Even this - this angry, ragged art, -isn't enough. Grief infects your blood: blue grief washes through red veins, and changes you, changes your fibre, your core, your heart.~

~Is it possible to be in love with loneliness?~

~A city has patterns, themes, hidden agendas, unexpected corners, dark depths. Just like a story, a city repeats itself; a whole collection of stories that collide and intertwine and tangle and feed off one another. Grow, change, devour, die, reincarnate. The city, documenting her grief on its walls and roads and trees. A city of stories, a story of cities.~
Profile Image for Andy – And The Plot Thickens.
962 reviews25 followers
August 11, 2018
The word "talion" derives from an old Latin legal term in which the punishment of each crime must be equal to that crime, an "eye for an eye" type vibe. In Beyers de Vos' debut novel of the same name, talion could be taken to mean revenge.

Flouting some of the conventions of traditional crime fiction, the character-driven novel looks at the involvement and impact of the murder of Ben Rust, on his twin sister Freya; on Abraham October, a teacher with a dark secret; Slick, a dangerous drug dealer; and the detective investigating the crime, Nolwazi Mngadi.

One of the most noticeable and engaging parts of the novel is how the milieu, in this case, the city of Pretoria, becomes a character itself. "Cities are just like stories. A city is designed; a city is written. A city has a beginning, a middle, an end. A city has patterns, themes, hidden agendas, unexpected corners, dark depths. Just like a story, a city repeats itself; a whole collection of stories that collide and intertwine and tangle and feed off one another. Grow, change, devour, die, reincarnate," the author writes, deftly capturing the ambivalence of Pretoria, the capital city and symbol of apartheid, and also one of beautiful Octobers filled with purple Jacaranda trees.

The novel is smart, intriguing and brilliantly builds tension with the kind of language you rarely see in crime fiction. A must-read.
Profile Image for Anschen Conradie.
1,497 reviews86 followers
July 18, 2019

‘n Sterwende stad. ‘n Suster wat wraak wil neem op die moordenaar van haar tweelingbroer. ‘n Polisiebeampte met ‘n traumatiese verlede wat van voor moet begin. ‘n Desperate pa. En die oënskynlike verval van wet en orde.......

Elke karakter se motivering vir wraak lyk op ‘n stadium geregverdig, maar waar stop dit ? Met elke dood is daar ‘n nuwe wrok by iemand wat agterbly; nòg ‘n rede vir weerwraak.

Die opbou na die einde - wat onvermydelik op ‘n ramp afstuur - was vir my ‘n hoogtepunt van hierdie boek. Die pylvak na die slottoneel word uit verskeie oogpunte vertel en het my laat voel of ek op die karakters wou begin skreeu: ‘Moenie !’

Die sentrale tema van wraak; wanneer (indien ooit) dit geregverdig is en die ontstaan van wrokke word vernuftig aangebied en die omgewingsbeskrywings (van Hatfield en Sunnyside, spesifiek) dra by tot die geloofwaardigheid van die karakters.

Dis nie ‘n ligte lees nie; nie die standaard ‘whodunnit’ nie. Ja, die sneller van verskeie gebeure was die moord op Benjamin Rust, maar daar is soveel meer tussen die bladsye van hierdie boek vasgevang.

5 sterre van my; hy gaan saam ouetehuis toe.

Profile Image for Jenni.
660 reviews10 followers
December 27, 2020
A great debut from a new South African author! Dark and gritty, it made compelling reading!
Profile Image for Heidi de Goede.
615 reviews8 followers
June 7, 2021
Sal hom weer moet lees. Hier in die middel van die boek het my gedagtes begin dwaal. Sal beslis nog van de Vos lees.
Displaying 1 - 8 of 8 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.