Chris Karsten is op 9 November 1947 op Morgenzon in Mpumalanga gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Hoogenhout op Bethal en behaal ’n BA-graad met Afrikaans-Nederlands en Sielkunde aan die Universiteit van Pretoria (1970). Hy werk daarna as koerantjoernalis by Die Volksblad, Beeld en Rapport.
Chris is die skrywer van twee kinderboeke, Floris sapiens (1985) en Die jokkie wat met perde kon praat (1997). Hy ontvang die Sanlamprys vir jeuglektuur (silwer) vir Floris sapiens. Sy eerste roman, Frats, het in 2007 verskyn, en is ’n jaar later met die ATKV-prosaprys bekroon.
As koerantman was hy in verskillende joernalistieke hoedanighede gemoeid by baie van die stories wat in sy Ware Misdaad-reeks opgeneem is. Van die titels wat sedert 2007 in dié reeks verskyn het, sluit in Riller in die raaisel, Opspraak deur moord, Dodelike vroue, Verlore onskuld en Boos en bisar.
Sy boek oor aktrise Charlize Theron verskyn in Mei 2009 en is in Afrikaans (Charlize: Ek leef my droom) en Engels (Charlize: Life’s One Helluva Ride) beskikbaar. Chris se tweede roman, Seisoen van sonde, verskyn in Junie 2009 by Human & Rousseau.
Karsten skep 'n verhaal wat die lewensverhaal van Saartjie Baartman sou kon wees. Botsings tussen bevolkingsgroepe aan die vroeë Kaap is dikwels gekenmerk deur misverstande gebaseer op onbegrypte kulturele verskille, haas onbegryplike geweld en lyding vir die swak stemloses. Wanneer Afrika-bewoners in Engeland of Europa beland het, is die lyding en uitbuiting verder gevoer, ook deur kontak met die Europese samelewing se minder aantreklike eienskappe: drankmisbruik, prostitusie as poging om aan armoede te ontsnap, en siektes. Karsten se deeglike navorsing teken gemeenskappe en individue sodat hulle helder voor die leser se geestesoog kom staan. Sodoende word die verontmenslikte Khoena juis mens in murg en been, sodat lesers ook opnuut kyk na die verhoudings met mense wat sosiaal en ekonomies swakker daaraan toe is. Inderdaad 'n aangrypende roman.
Karsten demonstrates that a historical novel never exclusively deals with a historical period, but it always deals with the human condition. And often with man's inhumanity to man. The way in which colonial inhabitants were regarded as deviant from the European norm and exhibited and exploited, forces the readers to contemplate their own relationships with those who have a weaker social and economic position in life. The humanity with which the dehumanised Khoena is depicted, gives this striking novel its power.