Karsten skep 'n verhaal wat die lewensverhaal van Saartjie Baartman sou kon wees. Botsings tussen bevolkingsgroepe aan die vroeë Kaap is dikwels gekenmerk deur misverstande gebaseer op onbegrypte kulturele verskille, haas onbegryplike geweld en lyding vir die swak stemloses. Wanneer Afrika-bewoners in Engeland of Europa beland het, is die lyding en uitbuiting verder gevoer, ook deur kontak met die Europese samelewing se minder aantreklike eienskappe: drankmisbruik, prostitusie as poging om aan armoede te ontsnap, en siektes. Karsten se deeglike navorsing teken gemeenskappe en individue sodat hulle helder voor die leser se geestesoog kom staan. Sodoende word die verontmenslikte Khoena juis mens in murg en been, sodat lesers ook opnuut kyk na die verhoudings met mense wat sosiaal en ekonomies swakker daaraan toe is. Inderdaad 'n aangrypende roman.
Karsten demonstrates that a historical novel never exclusively deals with a historical period, but it always deals with the human condition. And often with man's inhumanity to man. The way in which colonial inhabitants were regarded as deviant from the European norm and exhibited and exploited, forces the readers to contemplate their own relationships with those who have a weaker social and economic position in life. The humanity with which the dehumanised Khoena is depicted, gives this striking novel its power.