Jump to ratings and reviews
Rate this book

Kruispad vir Kara

Rate this book
Die pragtige Kara Geertse is Tukkies se joolprinses met die wêreld aan haar voete en die sterre van ’n blink toekoms in haar oë. Sy laat oral die koppe draai, veral dié van die sjarmante Jannes Conradie.
Die lewe is ’n lied ... totdat Kara onverwags voor ’n kruispad te staan kom wat haar lewe heeltemal van koers af dwing. Wat – of wie – gaan haar veilig deur hierdie doolhof lei en haar help om die waarheid oor haarself en die lewe uit te pluis?
KRUISPAD VIR KARA is ’n hartroerende, opwindende liefdesverhaal uit die pen van die immergewilde en ervare skrywer Helene de Kock. Dit sal jou weer hoop vir die lewe en vir die liefde gee.

188 pages, Kindle Edition

Published May 22, 2018

4 people are currently reading
23 people want to read

About the author

Helene De Kock

69 books6 followers
Helene se skryfwerk dek ‘n wye spektrum van genres. Sy doen ook joernalistieke werk en skryf resensies vir dagblaaie. Sy skryf al langer as dertig jaar lank en meer as 40 boeke is gepubliseer. Van haar vroeër werke verskyn nou in omnibusse, maar sy skryf steeds nuwe romans asook geestelike werk en kinderboeke. Daar verskyn binnekort nog ‘n omnibus en ook nuwe romans van haar. By CUM verskyn daar ‘n boek oor haar seun se dood met die titel ‘As dood Lewe word’. Sy skryf vir verskeie uitgewers soos Tafelberg Uitgewers, Human & Rousseau, Litera, CUM, Aktuapers en LAPA. Sy het ook ‘n gereelde rubriek naamlik ‘BBP’s’ op www.ekerk.co.za.

Helene skryf graag oor die liefde - maar net so belangrik in haar werk is die klem op die werklike lewe en die eise wat dit aan álle verhoudings stel. Sy verwys na haar romans as verhoudingsverhale. Sy het byvoorbeeld ‘n roman geskryf wat oor ‘n periode van byna ‘n eeu strek. Dit is die liefdesverhale van twee vroue wat nie slegs die trauma van oorlog ken nie, maar ook die pyn van verlange en wantroue. Helene het ‘n Meestersgraad in Afrikaans en Nederlands wat sy cum laude verwerf het. Sy het in 2008 ‘n toekenning gekry vir die beste meestersgraad in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteitvan Noordwes. Haar roman ‘Dieper Water’ is juis ‘n uitvloeisel van hierdie studie.

Sy skryf ook kortverhale wat al in bundels opgeneem is. Hierdie bundels is saamgestel deur T.T.Cloete, Jeanette Ferreira en Daniel Hugo.
Helene was verskeie male naaswenner met die ATKV/Sarie pryse vir vervolgverhale en ook die ATKV/rooi rose kortverhaalwedstryd. Al haar vervolgverhale is in boekvorm deur verskeie uitgewers uitgegee en ander romans het weer direk in boekvorm verskyn. Sy gee sporadies lesings oor Skryfkuns aan die Skryfskool van die Noordwes Universiteit asook by die Universiteit van Pretoria.

http://www.helenedekock.com/

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
11 (45%)
4 stars
10 (41%)
3 stars
3 (12%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 4 of 4 reviews
Profile Image for Anne-Marie.
261 reviews25 followers
August 6, 2018
Wat 'n lieflike boek. Dit was regtig verfrissend om 'n slag Christelike fiksie te lees met karakters wat nie stroperig raak nie en 'n verhaal wat enduit boei.
Profile Image for Amanda.
1,154 reviews
April 3, 2019
Kara Geertse het alles wat ’n student kan begeer: joolprinses, rykmansdogter en begaafd. En sy het vir Jannes Conradie, skatryk en invloedryk op die kampus.

’n Dramatiese reeks gebeure pluk egter die mat onder haar uit en laat haar sonder heenkome, sonder geld, en helaas sonder geloof dat daar 'n Vader in die hemel kan wees wat omgee vir haar.

Gou kom sy agter dat dié wat sy as vriende geag het, haar nie meer wil ken nie, en geensins ondersteun nie. Haar pad kruis met eenvoudige mense wat sterk staan in die geloof wat sy so heftig bevraagteken.

Met haar liriese taalgebruik en goeie Woordkennis, slaag Helene de Kock daarin om ’n verhaal van verlies, selfondersoek, soeke na God en uiteindelik oorwinning vir haar lesers te skets. Ook die liefde word nie afgeskeep nie. As jy hou van ’n geestelike fiksieverhaal, verweef met ’n besondere liefdesverhaal, kan jy hierdie een maar gerus aanskaf.
Profile Image for Karin Behrens.
65 reviews7 followers
July 21, 2018
KRUISPAD VIR KARA HELENE DE KOCK
Kara is ‘n honneursstudent in Sielkunde wanneer haar lewe in duie stort. Die voormalige joolprinses se vader sterf en sy en haar ma word agtergelaat met ‘n bankrot boedel. Hulle lewens verander in ‘n ommesientjie en moet aanpassing maak in ‘n baie kort tyd. Vir Kara is dit egter nie die jeinde nie en wag daar ‘n verder skok op haar. Sy bevind haar by ‘n kruispad en moet keuses maak.
Wat vir my altyd uitstaan van Helene de Kock se boeke, is haar uitsonderlike taalgebruik. Lees gerus as jy wil ontvlug van die dramas en uitdagings van die lewe. Kruispad vir Kara word uitgegee deur CUM Uitgewers en het 'n Christelike perspektief.
16 reviews
September 14, 2019
Kruispaaie

'n Christelike romanse met die boodskap dat God ons soek en vir ons bid al weet ons nie self wat om te bid nie en al is ons lewens deurmekaar en vol trauma. Ook dat Hy mense in ons lewens stuur en deur hulle werk om ons Sy seën te laat ervaar. Ek beveel hierdie boek aan omdat dit God se Woord lewend maak en my weer herinner aan waarhede wat ek weet, maar somtyds vergeet.
Displaying 1 - 4 of 4 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.