Jump to ratings and reviews
Rate this book
Rate this book
Sondag. Oukersaand. Ná 'n inbraak by die Stables Estate in Pretoria-Oos word sakeman Lafras van Zyl vir dood agtergelaat. Die res van die Van Zyl-gesin verdwyn spoorloos. Kaptein AJ Williams van die Brooklyn-speurtak moet inspring om te help.
Alex Derksen en Ranna Abramson is op die spoor van Martina Buitendag, wat in Johannesburg vermis geraak het, en die enigste leidraad is 'n tas met R20 000 kontant.
Twee misdade. Talle sondes. Meer vrae as antwoorde.

432 pages, Unknown Binding

Published September 20, 2018

Loading...
Loading...

About the author

Irma Venter

12 books159 followers
Irma Venter is a thriller writer. She writes books about strong women, interesting men and that fascinating space between right and wrong. Her first book, Skoenlapper, was published in 2012, in Afrikaans. Six of her books have been translated.

Irma Venter is 'n misdaadskrywer. Haar eerste boek word in 2012 gepubliseer. Skoenlapper word gevolg deur Skrapnel, Sondebok, Skarlaken, Sirkus, Sondag en Sewe-en-veertig. Minder as Niks verskyn in 2021, en is die begin van 'n nuwe krimireeks met Ami Prinsloo as die hoofkarakter. Die Verkeerde Vrou is die tweede boek in die reeks, gevolg deur Al Wat Tel. Die vierde boek in die Ami-reeks het pas verskyn – Die Drie Weduwees.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
114 (44%)
4 stars
113 (44%)
3 stars
23 (9%)
2 stars
2 (<1%)
1 star
3 (1%)
Displaying 1 - 19 of 19 reviews
Profile Image for Annerle Barnard.
Author 7 books57 followers
May 4, 2019
Uitstekend! Dis my een woord opsomming. Die karakterisering is briljant. Die karakters het diepte, fassineer. Die storielyn boei van die begin af. 'n Paar keer het ek gedink ek het die raaisel opgelos, weet wie is die skurk - net om weer verras te word. Hierdie is 'n absolute page turner. Wel gedaan, Irma. Jou boeke is almal uitstekend, maar jy't duidelik die rooiwyn-gawe: elke nuwe boek spreek van uitnemendheid.
Profile Image for Werner.
25 reviews1 follower
May 1, 2019
Ek hou van al Irma Venter se boeke. Sondag is my gunstelling. Daar is baie spanning en 'n mens kan nie die einde voorspel nie.
Profile Image for Karin Behrens.
65 reviews7 followers
October 2, 2018
Sondag – Irma Venter

Die van Zyl – gesin woon in ‘n spoggerige sekuriteitskompleks in een van Pretoria se ewe spoggerige voorstede. Dan gebeur daar een Oukersaand iets wat dié gesin se lewens onherroeplik verander. Daar vind ‘n rooftog plaas en die pa, Lafras van Zyl, word vir dood agtergelaat. Die ander lede van sy gesin die ma, Katerien, dogter Kath (12) en seun Willem van Zyl (20) word vermis. Kaptein AJ Williams word belas met die ondersoek na die aanval en verdwynings. Sy neem die saak na ses weke oor by ‘n kollega wat aan depressie ly na ‘n skietvoorval by die polisiestasie. Tydens dié voorval het drie van haar kollegas gesterf.
In ‘n parallelle storielyn ondersoek Ranna en Alex die verdrywing van ‘n meisie Martina (Tina by die Midnight Club.
Sondag is intelligent geskryf en die storielyne en subtemas word verweef sonder dat die leser die spoor byster raak. Alhoewel die verhaal deurgaans in die eerste persoon vertel word, benadeel dit geensins die vloei nie.
Sondag is reeds nommer 6 in dié reeks van Irma Venter. ‘n Spanningsroman uit die boonste rakke.

Profile Image for De Wet.
279 reviews24 followers
April 11, 2019
Sjoe, wat 'n kontras tussen Sondag en die skrywer se vorige boek, Sirkus. Waar laasgenoemde 'n spanningsverhaal is wat soos 'n sneltrein tussen twee meesleurende verhaallyne beweeg, is Sondag baie meer van 'n standaard whodunnit/police procedural. Dis 'n boek met 'n verwikkelde intrige wat stadig, stukkie vir stukkie, oopgevlek word.

Die rede agter die eienaardige aanval op die Van Zyl-gesin in hulle huis in 'n hoë-sekuriteitskompleks is inderdaad 'n tameletjie wat die leser se nuuskierigheid prikkel. Kaptein AJ Williams en joernalis Alex Derksen is hierdie keer die twee karakters deur wie se oë ons die ontrafeling van hierdie misterie beleef.

Die web word hoofsaaklik losgetorring met behulp van 'n bietjie tegnologiese toorkunsies deur die kuberkraker Sarah Fourie, maar veral ook deur wat vir my by tye gevoel het na 'n nimmereindigende string ondervragings van 'n hele spul mense.

Daarin dan die rede dat ek so bietjie "underwhelmed" is met hierdie een (en dis bloot 'n persoonlike voorkeur): ek is nie lief daarvoor om my pad na 'n boek se ontknoping deur 'n magdom gesprekke/dialoog/ondervragings/onderhoude te vind nie, en vir my was daar te veel daarvan in Sondag.

Die storie agter die storie is op die ou end eintlik geweldig interessant en netjies aanmekaar gesit, maar die boek het my nie vir 'n ses geslaan nie. Alhoewel AJ nie sleg is as primêre verteller nie, moet ek ook opmerk dat sy hoegenaamd nie Ranna, Sarah of Adriana se x-faktor in daardie rol het nie.
Profile Image for Anne-Marie.
262 reviews25 followers
January 11, 2019
Met die lees van Sondag het ek besef Irma Venter hoef nie terug te staan vir enige internasionale misdaad skrywers nie. Sy staan vir my gelyk aan skrywers soos John Grisham en Elizabeth George. Mag sy nog baie boeke skryf.
Profile Image for Marnich.
87 reviews3 followers
September 26, 2018
Weereens 'n meesterstuk!
Kan nie was vir die volgende een nie.
Hopelik is daar meer intrige met Adriana....
Profile Image for Salomé Kotzé.
233 reviews8 followers
October 10, 2018
My eerste Irma Venter en beslis nie my laaste nie. 'n Boeiende spanningsverhaal, lekker storielyn en verrassende ontknoping - 'n resep vir leesgenot. Hoogs aanbeveel vir liefhebbers van die spanningsgenre.
Profile Image for Julie.
14 reviews
November 27, 2018
I really enjoyed this book from the first page to the last one. Please translate all your other books into English!
Profile Image for Lauren.
8 reviews4 followers
March 27, 2026
This book definitely needs you to have read the earlier books in the series. I was very confused and irritated by the many references to things I had to previous knowledge of.

I wouldn't have bought this book if I'd known it was no. 6 in a series and the earlier ones seem to be quite hard to come by in English.
Profile Image for Alet.
31 reviews
October 7, 2019
Ek kan nie glo ek ontdek Irma Venter nou eers nie. Net jammer ek het met haar laaste boek begin, sal nou die voriges probeer opspoor. Goed geskryf en slim storielyn.
6 reviews
March 20, 2020
This book had so much promise, I was a bit disappointed in the ending - I was holding out for so much more. But it was still enjoyable!
Profile Image for Antoinette Fouche.
6 reviews
July 5, 2024
Kyk die boek het ek verslind, ek kon nie vinnig genoeg lees om op antwoorde vir al die raaisels te kom nie! Vir my was die boek sover die beste in die reeks, on to the last one 💖
Profile Image for Jenni.
701 reviews10 followers
November 18, 2020
An absolutely fabulous South African thriller! I highly recommend this author, the book keeps you guessing all the way through! It was fast paced and I couldn’t put it down!
Displaying 1 - 19 of 19 reviews