Die vervlegting van die naïewe, die groteske end die bonatuurlike, asook die stryd van die menslike gees om bevryding, bind Mis, Mirakel en Drif tot ʼn drieluik, ʼn musikale eenheid as't ware, waarin variasies van verskeie temas weerklink.
Al die "verlore persone" ontsnap uit ʼn verstikkend gewone lewe en betree deur die toedoen van "teater" en ʼn reeks "towenaars" die buitegewone, dog gevaarlike wêreld van fantasie en vervulling.
Terselfdertyd verskil die drie stemmingstukke wesenlik van mekaar omdat elk ʼn spesifieke atmosfeer het.
Mis is een van die dramas waar jy of dit haat met n passie of baie daarvan hou- geen middel nie. Die magiese element was v my baie uniek en het my aandag behou. Die simbolieknwas v my so mooi gebruik en is deur die hele drama teenwoordig. Gewoontlik haat ek n oop einde maar ek dink dit dra by tot die magiese element. Ek persoonlik dink dat Konstabel is die een wat die meisies ontvoer het en nou is meisie nog n slagoffer. Ek dink Miem was nie sulke slegte ma nie want dalk het sy geweet die sirkus is net n lokval. Ek hou daarvan dat mens kan spekuleer en daar is geen ja of nee antwoord nie. Ek het die boek nie in Afrikaans gedoen nie maar eerder in Drama en ek dink dit is meer gepas. Die boek is definitief “out there” en drama kinders sal meer aanklag vind daarby ipv jou wetenskap kinders want gaan dink dis dom.
Ek moes 2 van hierdie dramas lees vir skool en al wat ek kan se dit was n weird maar interesante ervaring, ek dink die skrywer het n unieke manier van storie vertel, maar dis net nie vir my nie.