Wanneer die berugte kunsdief, Amou Fournier, uit die tronk ontsnap, vermoed ISASS dat hy op pad is na Vuurkloof. Dit ís immers waar die internasionale Louvre-kunsuitstalling binne enkele dae gaan open. Een van ISASS se jongste agente, Nini Fortem, word op haar eerste solo-missie gestuur en undercover as matriekleerder by Hoërskool Vuurkloof ingeskryf.
Nini is vasberade om haarself te bewys, maar dinge verloop nie volgens plan nie. Haar tablet met haar elektroniese dagboek daarop word gesteel en nou is sy skielik vulnerable. ISASS het 'n shadow-agent aangestel om seker te maak sy is veilig, maar met gerugte van 'n mole in die agentskap, is Nini nou nie meer seker wie sy kan vertrou nie.
Hierdie is die eerste boek in Elani Venter se spannende spioenasie-reeks vir tieners. Die Nini-reeks bestaan uit vyf boeke.