Soms is geluk soos ’n vergete peperment in jou skoolbaadjiesak.
Toe Arnelia en haar ma van Kaapstad na Potchefstroom verhuis, besluit sy dit is die ideale geleentheid om die draaiboek van haar lewe te herskryf. ’n Nuwe dorp en ’n nuwe skool is die perfekte geleentheid om haarself te heront-werp. ’n Nuwe blaadjie om te slaan. Operasie Nuwe Arnelia. Oprah sal trots wees.
Ongelukkig loop haar planne sommer uit die staanspoor skeef toe sy by die skool se entrepreneursdag pens en pootjies neerslaan met arms vol kos. Boonop is daar ’n groepie meisies wat duidelik vasbeslote is om die lewe vir haar moeilik te maak.
Dankie tog vir nuwe vriende soos Dineo en Ilana wat die daaglikse dramas van haar lewe ietwat draagliker maak.
En dan is daar Dewald. Die donkerkop-boerseun met die skewe glimlag wat weet hoe om crêpes suzette, tiramisu en uiekonfyt te maak. Hy laat Arnelia se hart vreemde dinge doen, al weet sy hy sal nie twee keer na ’n meisie soos sy kyk nie.
Toe Dewald se lewe egter onverwags op sy kop gekeer word, gryp Arnelia en haar vriende in. Danksy ’n ou goudgeel kombi, ’n winkelpop genaamd Saartjie en ’n klomp fantastiese resepte begin hulle ’n mobiele snoepie by die skool. Die Snoeperheroes het die skool op hol met allerlei opwindende pousekos en prettige idees.
Maar toe Arnelia uit die bloute ’n groot rol in die skool se produksie van Hairspray losslaan, word haar nuwe vriendskappe tot die uiterste beproef, en sy word gedwing om haar moeilike verhouding met haar pa reguit in die oë te kyk …
’n Heerlike tienerverhaal propvol humor en deernis, wat bewys dat geluk dikwels in die klein dingetjies skuil.
Zelda Bezuidenhout was born in Zambia but moved to South Africa as a young girl. She worked as an advertising copywriter in Johannesburg for most of her adult life and only started writing books at the age of 56. Her first book, the youth novel "As mens geluk kon proe" was the runner-up in Lapa Publishers' youth novel competition in 2017. It has since been translated into English and was published as "Confessions of a Ginger Pudding" in September 2021. Her first book for adults, "Die dekonstruksie van Retta Blom" was published by Kwela Books in July 2019. Another youth novel, "Die 6 weke van Thomas en Ella", followed in September 2019. "Toe ons oneindig was" was published in June 2020. A first for Afrikaans YA fiction, it's a coming of age story with a lesbian protagonist. A youth book for readers between 10 and 13 followed in March 2021. "Die drie van ons" is a beautiful story about being 12 and trying to figure out your place in this world. Zelda's second book for adults is a medical suspense novel titled "Die waarde van Stil Bure." It tells the story of Magdaleen Verster, an ordinary young woman who finds herself entangled in the controversial world of stem cell research. She recently published her seventh youth novel, a young adult #MeToo story called "Quinn se jaar van kwik". It was the runner-up in LAPA publishers' 2023 youth fiction competition and received rave reviews. Zelda lives in Parys, Free State with her husband Izak. Their daughter, Mia, is a compositing artist at an animation studio in Cape Town.
#asmensgelukkonproe - Zelda Nel Bezuidenhout #Lapa
Arnelia is in Graad 10; sy en haar ma het pas na Potchefstroom getrek en sy besluit: nuwe skool; nuwe dorp; nuwe Arnelia. (Oftwewel, Nolla. Dis wat haar ma haar noem; al klink dit soos ‘die naam van iemand wat vyftig jaar ouer..... is en êrens op ‘n klein dorpie winkelrakke pak. Of dalk die troetelnaam van ‘n liggaamsdeel waaroor mens net fluister.’)
Reeds op die eerste skooldag gaan dinge sò erg verkeerd dat Arnelia sommer wéét: haar reputasie as ‘n Vreetzilla gaan haar weereens inhaal en sy gaan altyd die vet rooikop meisie wees. Gelukkig is daar vriende wat die aanpassing bietjie makliker maak; al is dit omdat hulle self nie lekker inpas nie. Ilana se ouers is meer formeel as swart dasse; Dineo is plomp en uitgesproke en Shaun se droom is om ‘n mode-ontwerper te word. En dan is daar Dewald..... Dewald wat so mal is oor kosmaak soos wat Arnelia oor eet is. Maar iemand soos hy sal mos nooit in iemand soos sy belangstel nie..... of hoe ?
Hierdie was ‘n heerlike boek ! Die karakters is opreg en oorspronklik; hulle kwessies relevant en realisties. Die oorspronklike taalgebruik het my ook beïndruk; soos om na ‘n verlangende Ouma se handgeskrewe briewe as ‘plat papiergeskenkies’ te verwys. Pragtig.
‘n Stokou goudgeel kombi, ‘n winkelpop genaamd Saartjie en die evokatiewe beskrywings van kos (waarvan die resepte selfs verskaf word) dra ongetwyfeld by tot die leesgenot van hierdie boek wat waarskynlik vir meisies van so 14-16 bedoel is, maar wat ek self soveel geniet het dat ek beslis nog van hierdie skrywer gaan lees.
'As mens geluk kon proe' is net een van daardie boeke wat almal moet lees - oud en jonk. Die boek het spunk en Zelda Bezuidenhout het 'n manier om oomblikke vas te vang wat jou bybly:
"Ek dink as ek vandag na Bob Dylan se 'Mr Tambourine Man' moet luister, sal al die hartseer van die afgelope paar jaar saamkoek in my hart soos staalwol. Die skerp draadkrulle sal my hart kneus en sny en die pyn sal ondraaglik wees."
Ek hoop om gou weer 'n jeugroman uit Zelda se pen te sien op die rak.
Ek is in die eerste week of wat van 'n MINDER EET, WANT...my klere sit effe styf na die lockdown en skoolvakansie. Die sjokolade wat een van die kinders al die naweek in die yskas gebêre het vir later roep my, "Kom eet! Kom eet!." Ek begin 'n plan beraam in my kop. Wie gaan ek vir die misdaad van die vermiste sjokolade blameer ? ... hierdie stem moet STIL. Ek gaan lees eers 'n HP Fanfiction (ja ek is een van daardie), maar my aandag wil net nie op die storielyn bly nie. Ek tel Zelda Bezuidenhout se boek op - As Mens Geluk Kon Proe, wat my meisiekind op die tafel gelos het. (Kinders lees en speel mos oral en los alles net so!) As ek nou terugkyk nie die beste boek om te lees ... want my mond het later omtrent gewater vir die heerlike lekkernye. Ek is steeds verras oor die boek! Hierdie is een van die boeke wat jonk en oud almal moet lees, dit is pittig, pret, funky en daarby saam 'n klein bietjie crazy. Die ma laat my glimlag, want dit klink vir my so bekend. Jy sien my kinders maan my ook partykeer aan...kan ma nie minder weird wees! Ek sal graag saam die karakter vir myself ook 'n interessante draaiboek wil skryf, miskien een van 'n bekende aktrise of 'n vreeslose ruimtevaarder en saam met Arnelia gaan soek vir Planeet Oukei, want dit klink soos 'n uiterse kool plek om te wees. AANHALING : Vanaand is Koning en Koningin van die Planeet Oukei. The little book Blogger, p.s Die sjokolade is steeds in die yskas en my man was nie blameer vir die vreeslike misdaad nie.
I honestly really enjoyed reading this teen romance novel. Quirky. Fun. Intense. A reminder of my schooldays in Suid-Afrika, toe eerste liefde vlinders, en infant sosiale bande vir my vele strikke gestel het, want my pa was ook lief vir trek, en ek moes maar aanpas by my nuwe omgewins, nie met big boobs en rooi hare nie, maar met die hairspray bottel en ewig verlief wees op die hoofseun.
Arnelia se voorneme om, in die soveelste nuwe dorp en nuwe skool, haar lewe te herskryf, loop sommer van meets af aan skeef wanneer sy ’n venynige streep getrek word. Gelukkig vind sy bondgenote in ’n paar leerders en kry sy die kans om ’n nuwe projek by die skool te inisieer. Haar lojaliteit word nog later tot die uiterste beproef wanneer sy ’n keuse moet maak tussen haar Snoeperheroes en die rol in ’n musiekblyspel.
Dié jeugverhaal, wat ’n naaswenner was in Lapa se jeugromankompetisie, het voorwaar baie om die lyf, buiten nou Arnelia se mildelike lyf! Daar ontstaan ’n spesiale band tussen die kinders, en in besonder blom haar vriendskap met Dewald. Die kwessie van homoseksualiteit word ook bygesleep, wat my byna verhinder het om die boek te lees. Ek moet egter erken dat die storielyn uitstekend en met deernis aangebied word. Zelda is beslis ’n skrywer van formaat.
Ek het As mens geluk kon proe as n Afrikaanse voorgeskrewe boek gekry en dit was sulke fantastiese boek, dat ek skoon vergeet het dis n voorgeskrewe boek-ek het die hele ding in 3 dae klaar gelees in plaas van om vir die res van my klas te wag.❤️🫶❤️ Ek het baie van die snoepie konsep gehou en ek het al die karakters, veral Arnelia en haar vriende, geniet. Ek het baie van Arnelia en Dewald gehou en hoe hulle verhouding ontwikkel het. Ek het van elke Snoeperheroes oomblik gehou en ek kon nie wag om die boek klaar te lees nie. Zelda Bezuidenhout is n baie goeie skrywer en ek sal graag nog van haar boeke wil lees⭐️⭐️⭐️⭐️
Ongelooflike mooi boek met karakters met foute en wat groei soos die storie ontwikkel. Mens kon behoorlik die kos op hierdie blaaie proe soos die skrywer dit beskryf. Dankie vir die moeite om hierdie boek te skryf Zelda! Ek’t elke oomblik verslind 😍🙏🏼
I loved the style of her writing, the way we got familiar with the character like a new friend, unravelling them as we got closer. Zelda handles a few issues common to adolescence like peer pressure, body image, loss of loved one and general growing up. As a mom I loved it as a teenager with Voyager miles I found it light hearted but still deep.