Jacques het nog nooit ’n moeilike vrou soos Jackie ontmoet nie, maar wegbly kan hy nie. Jackie het ná haar eksverloofde haar gelos het mure om haar hart gebou en sy is nie van plan om dit nou te laat verkrummel nie. Maar Jacques laat hom nie stuit nie en sy besef hy is ’n groot gevaar vir haar hart.
Jacques has never met a more difficult woman than Jackie, but he cannot stay away from her. After her failed relationship with her ex-fiancé, Jackie has hidden her heart away and she won’t expose it now. But Jacques doesn’t let anything stop him and she realizes he is a danger to her heart.
As 'n reel koop ek nie eboeke nie, maar vir Marilé Cloete en Santie van der Merwe sáám vir so min as R29, het ek 'n uitsondering gemaak. Die uiteinde was dat ek in die halfdonker aanhou lees het totdat ek my tablet met 'n genoegsame glimlag kon afskakel. Die wêreld het helde soos Jacques nodig, en vriende soos Dennis, Christine en Rodney. Die gestremde heldin aanvaar hulle aanvanklik onwillig in die nuwe lewe wat sy vir haarself wil oopstoei, maar hulle lojalitieit kalwe weg aan haar onversetlikheid. 'n Diep menslike verhaal deur Marilé Cloete, 'n meester in die romanse genre. In die bonuskortverhaal, Kroon, gee Santie van der Merwe die leser 'n kykie na Francina se reis van 'n dogter met 'n wilde bos rooi hare, tot 'n oujongnooi wat haarself uiteindelik na waarde ag. Koop hom gerus, jy gaan lekker lees.