Eiland voor Afrika is die eerste deel van Jan Rabie se reeks prosawerke oor die vroeë geskiedenis van die Kaap uit die tyd van Jan van Riebeeck.
Eiland voor Afrika is die verhaal van 'n groepie manne en vroue wat hul lewens noodgedwonge op Robbeneiland moet slyt en in hul vereensaamde en gefrustreerde aanskouing van die ontwaking van 'n polsende nuwe lewe op die ongerepte vasteland, in velle botsing met mekaar kom.