Die boek 'Op my Fiets deur die Paarl' is 'n kreatiewe beskrywing van my ervaringe as fietsryer deur my tuisdorp, die Paarl. Hierdie besonderse stadjie huisves lieflike historiese plase, paaie en geboue, steeds vasgevang in 'n ouwêreldse sjarme en onverganklike natuurskoon.
Fietsry is maar een van die sportsoorte wat in die dorp geniet word, maar defnitief 'n sport wat vir mens alkant van die dorp wys. Die Paarl is werklik 'n pêrel met unieke tradisies in skole, kerke en besighede, 'n ware kultuurskatkis.
In 'n betreklik kort tydperk kon ek met my fiets; die plaaslike biblioteek en fotografie die alledaagse mooi en die uitsonderlike weelde van die nog-eintlik-dorp, ontdek. Ek kon soms nie besluit wat motiveer my die meeste nie: die dorp en sy geskiedenis of my fietsryer nie. Ek skat die een kon nie sonder die ander nie. Geniet die klein kykie in ons dorp.