Jump to ratings and reviews
Rate this book

Viva la vida

Rate this book
Vida se beste vriend staan uiteindelik op trou. Maar as hy hom lewenslank wil opsaal met ’n meisie wat in alle opsigte die Barbie-model ’n treetjie voor is, is dit sy saak. Dit is wel hinderlik dat sy as “best woman” ’n tuxedo-aandrok moet dra en alles wat daarmee saamgaan om die verloofde gelukkig te hou. Ook die feit dat hulle haar met die verloofde se broer wil afpaar. Maar net vir die troue en net vir haar beste vriend is dit ook seker nie te veel gevra nie. En die man is regtig ’n vangs, as sy nou eerlik wil wees.

Terwyl haar beroepslewe as argitek ook ’n onverwagte trap of twee styg en sy daarmee probeer tred hou, doem ander komplikasies op: haar ewig onvergenoegde ma, haar immer swerwende pa, ongeoorloofde affairs begin aan die orde van die dag lyk, ’n ramparty haak ampertjies uit en ’n naweek in die Bosveld het rampspoedige gevolge.

As daar ooit ’n moontlikheid was dat Vida se beste vriend eintlik die liefde van haar lewe is, is dit nou te laat. Die strykkwartet speel al die troumars, letterlik. En Vida se sin vir humor is meestal al wat haar staande hou.

299 pages, Kindle Edition

Published April 1, 2016

2 people are currently reading
15 people want to read

About the author

Bernette Bergenthuin

14 books8 followers
Bernette Bergenthuin is ’n nooi van Pretoria wat die voorreg gehad het om vir ses jaar die betowering van die Kaap en die Boland te ervaar. Ná wonderlike studentejare op Stellenbosch keer sy in 2012 terug na Pretoria om haar prokureursklerkskap onder die bekwame leiding van die meesterbreine van ’n Pretoriase prokureursfirma te voltooi. In 2013 sluit sy aan as ’n pupil-lid by die Pretoria Balie en word meegesleur deur die avonture wat die leerskool van die advokatuur bied. ’n Jaar van glinster, glans, studeer en op die harde manier leer, spoeg haar uit as beginner-advokaat wat opgewonde aan die voet van ’n nuwe loopbaan staan. Tussendeur droom en skryf sy. Karakters, hul probleme en intriges bied ’n welkome ontvlugting van die regte lewe. Soms skemer die werklikeid tog deur haar stories, maar die "wat", "waar" en "wie" bly haar geheim want danksy ’n eksentrieke streep kamoefleer die waarheid hom byna onherkenbaar tussen die fantasie.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
6 (18%)
4 stars
13 (40%)
3 stars
13 (40%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 7 of 7 reviews
Profile Image for Marie-Antoinette.
245 reviews
January 19, 2018
‘n Lekkerlees roman wat jou tone sal laat omkrul.

Hoe gemaak as jou bestie met ‘n ander meisie in die kerk staan? Dit is die dilemma waarin Viva la Vida haar bevind met g’n idee hoe sy daaruit gaan ontsnap nie. Na jare van rondval van die een verhouding na die ander staan haar beste vriend uiteindelik op trou. Die enigste probleem: Vida is nie gek oor die meisie nie. Tog redeneer sy, as hy hom lewenslank met ‘n Barbie wil opsaal, is dit seker sy saak. Waarby sy egter nie verby kan kyk nie, is die “best woman” tuxedo-aandrok wat sy vir die troue moet dra. Dit, plus die feit dat almal haar met die verloofde se broer probeer afpaar en sy nog boonop die verloofde gelukkig moet hou, is genoeg om enige vrou se senuwees ‘n knou te gee.

Vida is vir jare al beste vriende met Rudi, al wens sy eintlik hulle was meer. Nou gaan hy trou en Vida is die “best woman”, nie die bruid nie. Sy probeer om op haar vriendskap te fokus en haar gevoelens te ignoreer, maak nie saak hoe moeilik dit is nie. Boonop moet sy ‘n metgesel vir die troue vind en met haar beroep as ‘n argitek tred hou. Daar is heelwat struikelblokke wat oor Vida se pad kom. Maar hoe kan mens op net vriendskap fokus met ‘n man soos Rudi, haar vriend wat op trou staan met Charmonaix? ‘n Bykans onmoontlike situasie. Maar nou ja, konflik is wat ‘n storie maak.
Vida Maria, soos haar ouma haar konsekwent aanspreek, verpersoonlik die moderne beroepsvrou, sterk, onafhanklik en ambisieus, maar tog baie lojaal, met min geduld met pretensies en aanstellerigheid. Vida se gewoonte om ’n geykte uitdrukking ’n nuwe, en gewoonlik komiese verwerking te gee, het my menigmaal laat lag. Dan is daar Rudi, haar beste pel sedert kleintyd. Sy stel Rudi se belange knaend voorop, dikwels ten koste van haarself. En natuurlik die nimlike ouma Wollie wat stuit vir geen duiwel en uiters uitgesproke is. Haar afwesige pa kom terug Suid-Afrika toe en kom by haar loseer vir 'n maand terwyl haar ma nog al die pad treurmares sing oor alles. Neil, Rudi se verloofde se broer, probeer nog boon-op Vida se hart wen en te midde dit als besef Vida dat sy dalk meer as vriendskap soek van Rudi. Maar is dit nie al reeds te laat nie? Alhoewel ek nie vreeslik baie hou van die ek-is-verlief-op-my-beste-vriend-wat-op-trou-staan tipe stories nie, was Viva la Vida 'n baie lekker lees met tonne humor wat jou met tye laat skaterlag - veral die koddige sêgoed van Ouma Wollie. Rudi se verhouding met Charmonaix en verlowing, lyk solied. Gaan Vida ooit vir Rudi sê hoe sy eintlik voel voordat hy met Charmonaix trou en haar perde? En die naweek op die plaas, het nie haar situasie enigsins makliker gemaak nie. ‘n Definitiewe boek om aan te beveel.
Profile Image for Amanda.
1,155 reviews
February 20, 2017
Viva la Vida was net my tweede kennismaking met die skryfwerk van Bernette Bergenthuin. Die eerste was ’n heerlike novelette in RomanzaLiefde met die titel Kersie bo-op. Viva la Vida stel nie teleur nie.

Die skrywer het óf ’n verbasende gawe, óf sy doen deeglike karaktersketse alvorens sy die verhaal aanpak, wanvidat sy het ’n handvol rolspelers geskep wat enduit honderd persent binne hulle karakters opgetree het. Eerstens was daar natuurlik Vida Maria, soos haar ouma haar konsekwent aanspreek. Sy verpersoonlik die moderne beroepsvrou, sterk, onafhanklik en ambisieus, maar tog baie lojaal, met min geduld met pretensies en aanstellerigheid. Vida se gewoonte om ’n geykte uitdrukking ’n nuwe, en gewoonlik komiese verwerking te gee, het my menigmaal laat lag.

Dan is daar Rudi, haar beste pel sedert kleintyd. Sy stel Rudi se belange knaend voorop, dikwels ten koste van haarself. En natuurlik die nimlike ouma Wollie wat stuit vir geen duiwel en uiters uitgesproke is. Die rolle van die ander newe-karakters word ewe goed ontgin. Daar is genoeg teenpole onder die karakters, om die verhaal lewend en interessant te hou.

Die romantiese fiksiegenre dikteer weliswaar ’n gelukkige einde, maar die skrywer het baie goed daarin geslaag om die hoe en wanneer tot op die laaste uit te stel. Dit is ’n boek wat jy nie graag wil neersit as jy eers op dreef is daarmee nie.
Profile Image for Sylvia.
37 reviews8 followers
February 4, 2017
Bergenthuin se boeke is verfrissend en vol aangename verrassings. Die leser word ingetrek deur interessante plekke en karakters. Dit lees maklik en dis net die leesstof wat ‘n mens nodig het om te ontspan na ‘n besige dag.

Bergenthuin het ‘n unieke styl met haar eiesoortige sê-goed in elke boek. Die leser geniet die hoofkarakter, Vida, se sin vir humor baie in Viva la Vida. Humor is tog wat ‘n mens staande hou en so gaan dit ook vir Vida in haar besige lewe en familie- uitdagings. Die leser wonder oor die moontlikheid van Vida en haar beste vriend wat op trou staan en ook oor al die ander komplikasies in die verhaal. Daar is heelwat struikelblokke wat oor Vida se pad kom. Maar hoe kan mens op net vriendskap fokus met ‘n man soos Rudi, haar vriend wat op trou staan met Charmonaix? ‘n Bykans onmoontlike situasie. Maar nou ja, konflik is wat ‘n storie maak.

Hierdie is ‘n prettige roman uit die pen van Bergenthuin. ‘n Mengsel van heerlike emosies wat die leser ‘n welkome ontvlugting bied. Bergenthuin slaag daarin om ‘n boek te lewer wat jou vermaak en tog laat wonder oor ‘n soet einde, al weet jy wat die moontlike uitkoms gaan wees. Berghenthuin se skryfstyl raak al meer geslyp. Die skrywer gee ook ‘n duidelike uitbeelding van hoe dit is om deesdae op ‘n “date” te gaan. Moeilik, om die minste daarvan te sê
Profile Image for Maja the Bookworm.
65 reviews
January 27, 2017
Vida is vir jare al beste vriende met Rudi, al wens sy eintlik hulle was meer. Nou gaan hy trou en Vida is die “best woman”, nie die bruid nie. Sy probeer om op haar vriendskap te fokus en haar gevoelens te ignoreer, maak nie saak hoe moeilik dit is nie. Boonop moet sy ‘n metgesel vir die troue vind en met haar beroep as ‘n argitek tred hou.
Vida la Vida is nog ‘n snaakse liefdesroman uit die pen van Bernette Bergenthuin.
Profile Image for Mischke Meyer.
105 reviews1 follower
September 23, 2025
'n Goed geskryfde afrikaanse boek. Sonder om hogere afrikaans te gebruik, was dit 'n gemaklike lees!
Dit het my baie laat terug dink aan daardie tye van die lewe asook die omgewing en myself laat indink oor hoe ek die situasie sou hanteer.
Sal die boek aanbeveel!
Profile Image for Lelani.
101 reviews30 followers
March 28, 2017
Vida se beste vriend en maat staan uiteindelik op trou met 'n meisie. Die voornemende troue hou heelwat kopsere vir haar in: Sy is Rudi se Best woman wat 'n tuxedo-aandrok moet aantrek. Haar afwesige pa kom terug Suid-Afrika toe en kom by haar loseer vir 'n maand terwyl haar ma nog al die pad treurmares sing oor alles. Neil, Rudi se verloofde se broer, probeer nog boon-op Vida se hart wen en te midde dit als besef Vida dat sy dalk meer as vriendskap soek van Rudi. Maar is dit nie al reeds te laat nie?
Alhoewel ek nie vreeslik baie hou van die ek-is-verlief-op-my-beste-vriend-wat-op-trou-staan tipe stories nie, was Viva la Vida 'n baie lekker lees met tonne humor wat jou met tye laat skaterlag - veral die koddige sêgoed van Ouma Wollie. Bernette Bergenthuin stel beslis nie teleur nie en ek sal enige boek van haar aanbeveel.
Profile Image for Nenette de Lange.
169 reviews5 followers
May 1, 2017
“My Best friend’s wedding”. Ek het noggal gedink aan hierdie film toe ek die boek begin lees het. Dat die twee tog bymekaar gaan uitkom, is ‘n gegewe of gaan hulle?
Ek het begin hou van dokter Neil in haar lewe en dan sê hy weer iets wat jou nekhare laat rys. Hoe durf hy dit sê!! En ek is nie eens ‘n feminis nie!
Sy is ‘n suksesvolle argitek en word ook aangestel as die tydelike bestuurder van die firma – dit moet tog nie teen haar tel nie. Dat sy so ‘n goeie vriend in haar lewe het, is so ‘n groot seën of is dit? Sy verhouding met Charmonaix en verlowing, lyk solied. Gaan sy ooit vir Rudi sê hoe sy eintlik voel voordat hy met Charmonaix trou en haar perde? En die naweek op die plaas, het nie haar situasie enigsins makliker gemaak nie.
Bernette kan ‘n ding so reg op die man beskryf dat jy eintlik ‘n nota wil maak en die sê-ding self gebruik in jou alle daagse lewe.
‘n Definitiewe boek om aan te beveel.
Displaying 1 - 7 of 7 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.