Nini Fortem, een van ISASS se jong nuwe agente, word Langebaan toe gestuur op 'n shoot to kill missie. Maar daar wag 'n paar verrassings op hierdie kusdorpie...
Op Langebaan aangekom, ontdek Nini dat die agent saam met wie sy moet werk, die laaste persoon is wat sy gedink het sy ooit weer sal sien. Dis ook hier op Langebaan waar sy traumatiese geheime oor haar oorlede ouers oopkrap, en oor die agentskap wat sy gedink het sy kan vertrou...
Wanneer Nini egter op dodelike geheime ekperimente afkom wat deur die Suid-Afrikaanse Weermag uitgevoer word, besef sy dat haar lewe nooit weer dieselfde sal kan wees nie.