Jump to ratings and reviews
Rate this book

Wit terroriste: Afrikaner-saboteurs in die Ossewabrandwagjare

Rate this book
Bomplanters, sluipmoordenaars, saboteurs. Almal Afrikaners. Kragstasies is opgeblaas en politieke moorde uitgevoer. Dié terreurveldtog van militante Afrikaners, wat die land in die 1940's naby aan die afgrond van anargie gebring het, is vandag grootliks vergete. Daar was spioenasie-intriges, opspraakwekkende hoogverraadsake en gewaagde ontsnappingspogings. Maar om politieke redes is hierdie hoofstuk in ons geskiedenis dekades lank diep begrawe. In Wit terroriste vlek Albert Blake dit wawyd oop. Hy vertel die dramatiese ware verhale van Afrikaners wat hulle tot terreur gewend het. Onder hulle tel die sanger Steve Hofmeyr se oupa en die latere eerste minister John Vorster, asook die wêreldbekende stoeier Johannes van der Walt. Wat het hulle gedryf? Waarvoor het hulle baklei? Was hulle verraaiers of was hulle ware patriotte? Wit terroriste bied 'n fassinerende blik op 'n versweë, hoogs aangrypende deel van die Afrikaner-geskiedenis.

373 pages, Kindle Edition

Published September 14, 2018

4 people are currently reading
14 people want to read

About the author

Albert Blake

10 books8 followers
Albert Blake is ’n Suid-Afrikaanse skrywer, geskiedkundige en prokureur van Roodepoort. Hy is ook 'n navorsingsgenoot verbonde aan die Department Geskiedenis van die Universiteit van die Vrystaat.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
2 (18%)
4 stars
4 (36%)
3 stars
4 (36%)
2 stars
1 (9%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 of 1 review
Profile Image for ErnstG.
459 reviews6 followers
March 25, 2020
Ek snuifel in 'n boekwinkel en sien toe hierdie boek wat oor 'n interessant stuk van ons geskiedenis gaan. Geskiedenis en politiek was nog altyd my belangstelling, en ek koop dit toe. Ek weet nie of ek al ooit 'n boek wat ek so op die ingewing van die oomblik gekoop het meer geniet het nie.

Dis in die eerste plek 'n interessant stuk geskiedenis, wat vertel word op 'n nugtere en objektiewe manier binne die konteks van die tyd en ook van ons tyd. Mens kan, soos die voorwoord tereg wys, verkeerde paralelle trek tussen daardie dae en die swart vryheidstryd, maar daar is wel geldige vergelykings wat getref kan word.

Dit moes 'n klomp navorsing gekos het, soos blyk uit die notas. En alles in 'n keurige Afrikaans.
Displaying 1 of 1 review

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.