Jump to ratings and reviews
Rate this book

Kantelpunt

Rate this book
ʼn Feministiese roman vir konvensionele vroue

Kantelpunt is die boekstawing van Nellie van der Merwe (gebore Petronella Jacoba van Aarde) se wederopstanding.

Nellie is pas 50, ʼn konvensionele, wit, Afrikaanse vrou wat haar lewe lank gedoen het wat almal van haar verwag – sy het stilgebly. Met haar stilte het sy haar plek gekoop in haar huwelik, haar gesin, haar familie, haar werk, in die kerk, in die land, in die samelewing.

Maar dan ondergaan sy ʼn histerektomie, en haar wêreld kantel. Sy is losgesny van die ding wat van haar ʼn vrou gemaak het, en daarmee saam raak sy bevry van die stilte. Sy begin haar stem terugeis, soms met verreikende gevolge, soms teen ʼn ontsettende prys. Sy word gedwing om alles wat sy tot dusver as gegewe aanvaar het te ondersoek, en in die proses moet sy nie net die mense naaste aan haar se aandeel in haar stryd erken nie, maar ook haar eie aandadigheid aan haar lot bepaal.

Met elke insident, elke veldslag en elke gesprek tree sy verder weg van die geskiedenis en die konvensies wat haar stom gehou het, en kom sy nader aan die vrou wat sy van die begin af veronderstel was om te wees – die een met wie sý in vrede kan saamleef.

“Daar bestaan by my geen twyfel dat Kantelpunt nog meer suksesvol as Oorlewingsgids vir ’n bedonnerde diva sal wees nie. Dis die soort verhaal wat elke Afrikaanssprekende behoort te lees – vroue en mans.” – Chanette Paul

393 pages, Kindle Edition

First published September 1, 2018

13 people are currently reading
96 people want to read

About the author

Sophia Kapp

27 books50 followers
Ek het nêrens 'n aktiewe bio nie, buiten die een op die CV wat ek vir die staat moet gee as ek vir hulle wil werk, daarom sê ek liewer hier wat daar van my te wete is:

• Ek is ‘n tante, met alles wat dié term inhou – ‘n seer knie, ‘n geknakte rug, ‘n onverdraagsaamheid teenoor enigiets of -iemand wat my sielevrede versteur, ‘n immer groterwordende Weltschmertz en ‘n groeiende besef van my eie verganklikheid.
• My lewe is bitter vervelig. Ek werk 351 dae van die jaar. Die oorblywende 14 bestee ek aan die aktiewe afhandeling van my kluitklaplys. Want punt 1 hier bo.
• Ek is ‘n taalpraktisyn om den brode en ‘n skrywer om den sinne. Wat beteken ek redigeer en vertaal tekste om aan die lewe te bly en skryf stories om op my trollie te bly. Reis is die wortel wat die 351 dae die moeite werd maak. Want punt 1 hier bo.
• My liefdes is my kind en my honde.
• My rolmodelle is my ouers en grootouers.
• My helde is Bach en Langenhoven. En enige mens wat ten spyte van menslike swakhede en tekortkominge hierdie lewe na die beste van hulle vermoë oorleef.
• Musiek hou my geanker. My vriende hou my arms in die lug.
• Ek het sterk menings oor politiek, godsdiens, die Kerk, menseregte en professionele tsotsi’s wat hulle mag gebruik om mense wat op hulle vertrou te bedonner, maar ek voer nie gesprekke daaroor op sosiale media nie. Ek moet jou eers ken en weet dat jy weet hoe ‘n debat werk voor ek daaroor met jou gaan praat.
• Ek drink Earl Grey-tee met suurlemoen (op gewone dae), sauvignon blanc (op gewone spesiale dae) en Bollinger (op spesiale spesiale dae). Enige kos met stysel en/of suiker is die poort na die hemel. Cilantro is ‘n onkruid uit die donkerste dieptes van die hel.
• Ek skryf en lees romance novels omdat ek ‘n behoefte het aan omstandighede – al is dit dan nou fiktief – waar mense kry wat hulle toekom. Want punt 1 hier bo.
• Ek vloek. Vlot en gereeld, maar (hopelik) gepas vir die geleentheid. Nee, ek gee nie om as dit jou affronteer nie en nee, ek gaan nie verander nie. (My ma het in haar lewe gesê ek moet sê sy het my nie so grootgemaak nie, daarom sê ek dit nou hier ter wille van die vrede in die hiernamaals.)
• Ek glo dat ons te veel op ons verskille fokus en te min op dit wat ons deel. Die grootste ding wat ons deel, is dat ons almal op ‘n kol so verwoes was dat ons terugkyk en wonder hoe dit gebeur het dat ons nog hier is. Die oomblik wanneer ‘n mens dit besef, kweek jy die enigste eienskap waarmee hierdie wêreld kan genees – deernis.
• Daar is net een ding in hierdie lewe wat vir my heilig is: my persoonlike ruimte. Daarin bewaar ek my vrede, my vreugde, my vryheid en my heil. Ek beskerm dit verbete.

Daarmee volstaan ek. Enige ander inligting wat “daar buite” oor my rondsweef, vertrou jy op jou eie risiko.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
95 (49%)
4 stars
64 (33%)
3 stars
24 (12%)
2 stars
7 (3%)
1 star
2 (1%)
Displaying 1 - 28 of 28 reviews
Profile Image for Sonja Arlow.
1,239 reviews7 followers
April 17, 2019
4.5 stars

Die boek is vol -ismes. Rasisme, seksisme, feminisme, chauvanisme, verkrampte calvinisme, klasisme en ‘n berg vol sinisme. Ek daag enige leser uit om hierdie boek aan te pak en nie iewers getrigger te word nie.

Die eerste 150 bladsye het my heeltemal verkeerd opgevryf.

Nellie het my ongelooflik gefrustreer. Sy het hierdie passive aggressive suutjies poep houding en maak haarself beskikbaar as vloerlap vir haar man en dogter maar raak dan kwaad as hulle durf om hulle vuil voete aan haar afsmeer.

Die boek sit darm als in konteks later maar die begin was baie rof.

Die rede hoekom ek met al my furstrasie die boek nog steeds hoog ag is dat die skrywer ongelooflike insiggewende punte maak oor politiek, vroue regte, familie dinamika, immigrasie, geweld teenoor vroue en die reg om jou stem dik te maak.

Agter op die boek omslag is ‘n waarskuwing Nie vir sensitiewe lesers nie en ek dink hierdie waarskuwing kon dalk bietjie groter gemaak word want vader weet daar is ‘n paar tannies wat in hulle tee gaan dood verstik as hulle die boek lees.

Dis definitief 'n boek wat by my gaan bly al was die storie by tye 'n bietjie te "in your face" aggressief.
Profile Image for Tania.
1,456 reviews361 followers
December 21, 2018
Sjoe!!! Ek het nog nie voorheen 'n Sophia Kapp boek gelees nie, en het geen idee gehad wat om te verwag nie, maar dit was beslis nie dit nie.

Het ek Kantelpunt geniet? Nie regtig nie, ek het dit te upsetting gevind.
Het dit my meer laat dink as enige ander boek wat ek die jaar gelees het? Verseker.
Sou ek dit aanbeveel? Tien teen een nie, dis definitief nie vir sensitiewe lesers nie, en dit druk elke moontlike knoppie wat bestaan.

Die boek wat gepubliseer is onder die genre van protesroman ondersoek al die -ismes waaraan mens kan dink en nog meer - feminisme, rassisme, chauvinisme, homofobie en nog vele meer. Dit doen dit deur die diep persoonlike verhaal van Nellie van der Merwe, en die proses waarin sy haarself en haar stem vind. Baie intelligent en leesbaar geskryf is dit 'n storie wat mens ongemaklik maak, omdat dit ons uit ons comfort zone dwing. Ek het dit baie waardeer dat sy meestal na albei kante van elke argument kyk.

Alhoewel Nellie se belewenisse extreme is, dink ek daar is vele oomblikke waarmee lesers sal kan identifiseer. Try it if you dare!
Profile Image for Amelia Strydom.
Author 10 books59 followers
November 4, 2018
Wow, wat skryf mens oor 'n meesterstuk soos Kantelpunt? Ek is mal oor al Sophia Kapp se werk, maar dié keer het sy haarself oortref. Die verhaal is boeiend en ek was haastig om uit te vind wat gebeur, tog het ek myself gedwing om stadig en nadenkend te lees. En sjoe, bevat dit nie stof tot nadenke nie! Hier word soveel belangrike, relevante kwessies aangespreek, veral oor vrouwees, maar ook oor menswees, ouerskap, ras, Suid-Afrikaner-wees, gesinsgeweld, seksualiteit, liggaamlikheid, sterflikheid, geloof en nog meer. Ek blaai kort-kort weer na die paragrawe wat ek onderstreep het en wil Kantelpunt sommer binnekort herlees. Soos altyd is ek stomgeslaan deur die skrywer se vermoë om met Afrikaans te toor en om te verwoord wat bloot vae idees in ons "mere mortals" se gedagtes bly. Dankie, Sophia, ek glo baie ander vroue gaan, soos Lettie, besef dat ons ook 'n stem het wat gehoor móét word in 'n wêreld vol ongeregtigheid.
Profile Image for Amanda.
1,160 reviews
November 13, 2018
Sophia Kapp se jongste boek, Kantelpunt, is ’n onverskrokke stuk stryfwerk wat moeilik in enige genre ingekamp kan word. Ek staan verstom oor die wydte en diepte daarvan, onderwerpe wat sy trompop aandurf, wat grootliks taboe is in die deursnee vrou (en man) se verwysingsraamwerk. Of dalk is my verbasing gesetel in die feit dat ek, anders as die skrywer, geneig is tot ‘n volstruispolitiek, waar dit aanvegbare sake aanbetref. Ek voel dit is ‘n boek wat lesers soos ek, gaan noop om te herlees omdat die meesleurende herinneringe van Nellie jou aanvanklik miskien te vinnig laat lees het. Met so ‘n tweede besoek, gaan ons dalk opnuut uitgedaag word om kop uit die sand te haal.

Wat my verder beïndruk is die effektiewe aanwending van die wye verskeidenheid van aanhalings, wat getuig van intensiewe navorsing. Dit gee vir die konvensionele en/of konserwatiewe leser byna ’n blitskursus in die onderwerpe wat aangeraak word. Onderwerpe wat direk impakteer op die proses waardeur Nellie van der Merwe gaan om uiteindelik te kan verklaar dat sy goed genoeg is. Daar word ook meerdere kante van die polimieke gekwoteer, wat die leser die geleentheid gee om daaroor te dink.

Die redenasievermoëns van Nellie wanneer sy uitgedaag word om haar sieninge te verdedig, verdien spesiale vermelding. En wanneer hierdie voorheen inskiklike vrou uiteindelik haar stem kry, is die stem van Petronella Jacoba van Aarde hard en duidelik.

Ek het geen twyfel dat hierdie boek opslae in leserskringe gaan maak nie, soos die talle resensies en indrukke reeds aangetoon het.
Profile Image for De Wet.
279 reviews24 followers
October 30, 2019
Ek het Kantelpunt geniet. Ek het wel gedink Nellie se lang relase in die tweede helfte van die boek het vir my bietjie te mooi uitgewerk geklink vir iets wat iemand sommer so in die oomblik sou kwytraak. Miskien projekteer ek egter nou net my eie gebrek aan praatvernuf op haar.

Die boek neig soms bietjie na uiterstes van ervaring, maar ek is seker daar is vroue wat dieselfde en erger al moet/moes deurmaak. Die punt is natuurlik dit hoef nie so erg te wees om vernietigend te wees nie. Nie naastenby nie.

Kantelpunt ontbloot beslis dinge waarvan mans en vroue moet kennis neem, en laat baie stof tot nadenke.
Profile Image for Julia.
568 reviews19 followers
November 27, 2018
ahhh, dit was nou 'n heerlike lees. alhoewel 'n mens se hart 'n hele paar keer wil breek, is die storie so 'real' en dink ek dat baie lesers hulleself sal kan vereenselwig met iets in die boek. dis hoe die lewe is en dis wat ek van sophia kapp se boeke hou.

#ekleeslapa
Profile Image for Sylvia.
37 reviews8 followers
October 12, 2018

‘Kantelpunt’ is ‘n boek wat die leser laat steier. Die rou, eerlike uitbeelding van ‘n gesiene vrou wat die slagoffer van mishandeling in die huwelik en ook in die samelewing is, dryf mens tot trane. Baie vrouens kan ongelukkig hiermee identifiseer. Sophia Kapp het ‘n unieke manier om die ellendes, die skrikwekkende tekortkominge in die gemeenskap oop te vlek sodat mens dadelik daarby betrek word en daaroor moet besin.

Die leser raak ten nouste betrokke by Nellie van der Merwe, ‘n vyftigjarige vrou wat na haar histerektomie begin opstaan vir haarself. Dis natuurlik ‘n moeilike proses. Een wat Sophia Kapp briljant belig. Ander kwessies in die samelewing word ook knap uitgelig. Aktuele sake waaroor die meeste lesers sterk voel.

Die vele (dog perfek toepaslike) aanhalings in die boek mag dalk sommige lesers vervreem – alhoewel hierdie leser dit uiters interessant gevind het. Na my mening behoort al wat ‘n mens is hierdie boek onder oë te kry.
Profile Image for Karin Behrens.
65 reviews7 followers
October 9, 2018
Die subtitel van Kantelpunt is: Hipomnemata van ‘n konvensionele, middeljarige, wit, Afrikaanse vrou. Laasgenoemde vyf woorde het geen verduideliking nodig nie, maar eersgenoemde wel. Volgens die vrywaring in die boek (wat in ander boeke seker die voorwoord sou gewees het) is hipomnemata: “‘n versameling insigte wat Nellie bymekaargemaak het omdat dit haar op die een of ander manier gevorm, geraak of getroos het.’

Sophia Kapp raak in Kantelpunt ‘n klomp belangrike kwessies aan. Dit is ook geskryf in haar gebruiklike uitstekende skryfstyl en onverbeterlike Afrikaans. Daar is natuurlik ‘n goeie dosis humor, eerlikheid, patos, empatie en ook (soms nodige) sarkasme. Sophia sê in Kantelpunt wat baie van ons dink en voel. Kantelpunt is onkonvensioneel en daar is geen heilige koeie nie.

‘Dis maar hoe dit gaan as ‘n mens verlang, dink Nellie. Die simbole raak meer simbolies. Swaarder. Jou outsiderskap in jou nuwe land maak dat jy soek na die bekende, al is met die onbekende ontevrede’ p120

‘Dis die misbruik van haar gender om haar mening ongeldig te verklaar.’ p157

‘My nasie is almal wat ek kies om mee geïdentifiseer te word. My nasie het hoop vir die toekoms en sien mekaar as mense.” P263

‘Dit wys jou, soms het jy net een dapper siel nodig om die stilte te verbreek, dan kry die res ook sommer ‘n stem.” P445
Profile Image for Trisa Hugo.
Author 10 books35 followers
October 15, 2018
Wat 'n kragtige boek, waarmee die meeste vroue ouer as 50 (en waarskynlik 'n hele klomp jonges) sal kan assosieer op een of ander manier.

Die begin was vir my bietjie stadig en ek wou die karakter Nellie teen halfpad steeds bietjie aan haar skouers ruk, maar so lamlendig as wat sy was, so sterk was die ommeswaai.

Profile Image for Christina Rothfusz.
972 reviews26 followers
April 22, 2022
4.5 sterre.

Ek moes lank dink hoe ek oor die boek voel. Die waarskuwing dat dit nie vir sensitiewe lesers is nie, is defnitief akkuraat.

By haar jaarlikse ginikelogiese afspraak hoor Nellie dat sy 'n histirektomie moet onderdaag. Sy is eers onseker, dis tog haar diepste vrouwees. Hoe gaan haar lyf daarna wees. Maar haar mediese toestand is die minste van haar probleme. Sy is bitter ongelukkig in haar huwelik, al het sy alles moontlik probeer om haar man tevrede te stel - buite perke. Haar ander verhoudings vorder nie beter, die met haar kinders, haar skoon famlie, haar kollegas en haarself skaaf ook.

Stadig vind Nellie weer haar stem, haarself en haar vrouwees, maar die pad is 'n moeilike een om te stap.

Baie dinge in die boek laat mens aan jou hart vashou.

Ek was oorspronklike erg geiriteerd met Nellie en jaar martelaar houding, maar soos die storie ontvou het dit afgeneem todat ek vou "fist pump" vir elke oorwinning wat sy behaal.

Baie word gese oor die rol van patriargie in die onderdrukking van vrouens, maar ons kyk selde na hoe vrouens mekaar se onderdrukking onbewustelik onderstreep, en gedeeltes van Nellie se storie bring dit uit.

Profile Image for Rianca.
15 reviews1 follower
January 2, 2021
Ek het 'n groot liefde vir Sophia Kapp en haar boeke, maar híérde roman het my wildste verwagtinge oortref.

Dit was met tye ongelooflik moeilik om te lees en met ander tye so maklik om te identifiseer met Nellie se ontwaking. Mens plaas soms die blaam netjies by die voete van mans, partriargie, rassisme, klassisme ensovoort, maar baie selde kyk ons na hoe ander vrouens mekaar se onderdrukking onbewustelik onderstreep. Moet tog nie waves maak nie, of as jy nou moet, weet net watter waves sosiaal aanvaarbaar is om te maak.

Hierdie is boek is 'n moet lees.
Profile Image for Heidi de Goede.
615 reviews8 followers
October 13, 2022
Nogals baie "issues" waarmee vandag se mans en vrouens woeg. Ek het die boek geniet.
Profile Image for Malcolm Wille.
6 reviews1 follower
December 3, 2020
Baie goeie book wat te lank op my rak geslaap het. Vir een of ander rede het ek gedink dit gaan nie goed wees nie, omdat dit nie 'n roman is nie. Maar Kapp is maar net 'n uitstekende skrywer.

Vir my wat regtig uitgestaan het was al die vorme van manipulasie. Mense gebruik verskillende tegnieke om mag en beheer oor ander mense te hê. En mens besef dit altyd bietjie te laat. Ek het al verseker.

Ek wil so graag nog gelees het 🙈 En nou wil ek net hê meer mense moet dit lees, sodat ek daaroor kan praat.
Profile Image for Sanri Van der Walt.
42 reviews3 followers
October 17, 2018
Nellie word 50 en haar tesame met die historektomie wat sy moet kry, verander haar lewe drasties. Sy besluit ook om nie meer stil te bly nie. Kantelpunt is die boekstawing van haar lewe.

Kantelpunt raak vele alledaagse kwessie aan, maar Sophia Kapp kry dit weereens reg - deur outentieke karakters en ‘n geloofwaardige storielyn - om ‘n boek te skryf wat boei tot die laaste bladsy.
Profile Image for Caroline.
25 reviews
February 19, 2019
'n Uitstaande stuk literatuur in die 21ste eeu. Van vrou-wees in 'n
patriargale stelsel, tot kwessies van ouerskap, ras, en seksualiteit. Sophia Kapp, met haar unieke skryfstyl, skaam haar nie weg van dié belangrike temas, in 'Kantelpunt' nie. Definitief 'n moet-lees!
12 reviews
October 29, 2018
Ek dink hierdie boek kan Nogal ver kom Sophia spreek feitlik alle issues aan Selfs die politiek Ek sê reeds ons moet iets doen sodat ons nageslag ons nie blameer nie Sy sê alles so goed!
40 reviews
December 8, 2018
Ek het die boek regtig baie geniet. Ek hou oor die algemeen glad nie daarvan om boeke twee maal te lees nie, maar Kantelpunt is beslis ń tweede lees werd. Briljante leesstof.
19 reviews
June 22, 2019
Enjoyed every minuet of this book. A must read for every middle aged woman!
Author 4 books5 followers
August 9, 2019
Ek dink Sophia Kapp het haarself met hierdie boek onder my gunstelingskrywers ingeskryf! Ek het gelag en gehuil en kwaad geword! Met tye so gefrustreerd gevoel ek wou vir Nellie rondskud, en later so trots gevoel op haar ek wou sê, hey, los daai hele lot, ek sal jou vriendin wees! Ek het reeds 'n paar sulkes, daar is plek vir nog een. Wat ek probeer sê is, dis hoe real die karakter vir my gevoel het! Al die ander ook; dis soos regte mense wat mens ken. Selfs Hendrik ook, en lae emosionele ik Ika, hoewel ek hulle nie wíl ken nie.
Ek dink enige denkende vrou in die land sal kan identifiseer met íéts in die boek.
Die boek is slim en vreesloos geskryf, soos dit moet wees in 'n boek oor iemand wat haar stem vind. Die skrywer deins nooit terug nie, maar sê haar sê, en sê sy dit nie! Dis briljant geskryf en ek het sommer reeds Bedonnerde Diva ook aangeskaf, want ek soek nóg! Ek kon Kantelpunt nie neersit nie, ek het dit klaargelees in twee aande.

Al wat my gepla het was dat van die dialoog; veral later in die boek, waar Nellie bv lang stukke praat, meer soos skryftaal oorkom as praattaal. Gelukkig was dit wat sy te sê gehad het so interessant, en goed gestel dat ek dit kon oorsien.
Ek het ook op 'n stadium gevoel 'n paar insidente is slegs ingesit sodat Nellie kans kry om haar mening daaroor te lug. Dit het nie noodwendig veel gepla nie, maar dit sou as haar mening minder interessant en verwoord was.

Ek gee Kantelpunt 'n groot 5, en ek kan nie wag om die volgende boek van Sophia Kapp te lees nie!
Profile Image for Leanne Coetzee.
2 reviews
May 8, 2019
Brilliant!

As an Afrikaans lady of 49, in the middle of a divorce I can relate:) I laughed and cried and félt with Petronella. May we all learn to love ourselves and live proudly - as she did.
Profile Image for Madri.
212 reviews8 followers
August 16, 2019
Kantelpunt is Sophia Kapp se beste werk nog. 'n Boek wat groot temas aanspreek op 'n toeganklike manier. Maar meer as dit: dit is 'n boek wat stem gee aan soveel vroue wat altyd moes stilbly en dit steeds doen.
Profile Image for Elmari Potgieter.
33 reviews
February 8, 2019
Kon die boek nie klaar lees nie. Te erg die afsku wat hoofkarakter teen haar man het.
Profile Image for Sandra Jacobs.
21 reviews2 followers
April 9, 2019
Femme fatal, loved it!

Wat 'n bemagtigende boek. Soos 'n "anthem" vir vroue. Nie feministies nie, maar laat jou besef, jy ís goed genoeg
Profile Image for Zelda.
Author 13 books33 followers
July 7, 2019
Ek kon hierdie boek nie neersit nie. Dit was heerlik om te sien hoe die hoofkarakter algaande opstaan en haar stem vind. Ek het haar die hele tyd van die kantlyn af aangemoedig. Kantelpunt indeed.
339 reviews
November 10, 2020
Dit was vir my 'n kragtige boek, waarmee ek myself en ek glo die meeste vroue ouer as 50 sal kan assosieer op een of ander tyd in 'n mens se lewe.
7 reviews
July 20, 2022
Hierdie boek tref hard. Ek as man het baie waardering gekry vir die vrouens in ons Afrikanerkultuur. Ek vind myself gereeld geskok as ek in sosiale omgewings is en die kwessies van hierdie boek waarneem. Beide gelagte kan baat uit hierdie boek.
Displaying 1 - 28 of 28 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.