Jump to ratings and reviews
Rate this book

Liefde Laat Jou Rice Krispies Anders Proe

Rate this book
Die tieners wat as keurders opgetree het, was mal oor hierdie “anderste”, humoristiese liefdesverhaal en het keer op keer opgemerk hoeveel insig die skrywer in tieners se (liefdes)lewe toon. Vir tieners van 12-15 jaar.

"Shakespeare was miskien hierdie hengse romantiese skrywer, maar hy was ’n seksis, nes die meeste mans. Hy't seker heeldag op sy agterent gesit en skryf terwyl ’n vrou vir hom kos gemaak, sy klere gewas en sy vuil sokkies agter hom opgetel het."

Agter in die klas proes iemand gedemp. My wange word warm en ek weet ek lyk sweerlik weer soos ’n sonryp tamatie, soos hulle altyd in die tamatiesousadvertensie sê. Maar ek gee nie eens om nie. Ek is nou eenmaal op die oorlogspad.

"Interesting point, Marzanne," sê die onderwyseres versigtig, "but I’d like to know why you think so."

Ek sluk. "Wel… kyk maar net vir Romeo and Juliet. Dis veronderstel om die mees romantiese storie op aarde te wees, maar die arme, patetiese Juliet sit die heeltyd op die balkon en wag vir Romeo om vir haar te kom liefdesgedigte voordra.”

Ek is verstom deur my eie briljante literêre insigte. Dit voel asof die woorde sommer vanself by my mond uitborrel.

87 pages, Paperback

First published January 1, 2006

22 people are currently reading
196 people want to read

About the author

Tania Brink

10 books14 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
18 (18%)
4 stars
38 (39%)
3 stars
29 (30%)
2 stars
8 (8%)
1 star
3 (3%)
Displaying 1 - 13 of 13 reviews
Profile Image for Carolien.
1,076 reviews139 followers
January 20, 2018
I am rapidly becoming addicted to these books published under a pseudonym by Jaco Jacobs and this is my favourite so far. Marzanne is in grade 10 and her ambition is to become a journalist. She is on the school paper's editorial committee (responsible for letters) and her teacher has arranged an internship at the local newspaper. She is unimpressed by the new rugby-playing classmate who is breaking every other grade 10 female heart.

A project to raise funds for the school by staging a reworked Juliet who turns into a feisty, feminist adds enormously to the fun of reading this book. Appearances are deceptive.

I have not laughed as much while reading a book in a very long time (it's a good thing the staff at my local coffee shop knows me well as I giggled my way through much of this book in their company).

Lekker leesboek wat my dae later nog laat glimlag het. 'n Mens het hierdie tipe van humor in jou lewe nodig.
Profile Image for Susanna.
261 reviews6 followers
April 14, 2024
Marzanne is nie jou tipiese tiener meisie wat val vir elke tweede ou nie. Sy is baie uitgesproke oor haar gevoelens oor Shakespeare en sy bekende stuk, Romeo & Juliet. Sy kan dit glad nie verstaan dat iemand heeltyd op ‘n balkon kan staan en wag vir ‘n man om vir haar gedigte te kom op sê nie. Vir Marzanne klink dit na niks minder as marteling nie, veral met die tipe ouens wat in haar klas is. Veral die nuwe ou in haar klas op wie haar beste vriendin smoorverlief is.

Alles verander egter een middag toe Marzanne deur die epos briewe gaan wat leerders kan skryf vir die skoolkoerant. Dis Marzanne se werk om daardeur te sif en van die briewe te publiseer. Hierdie keer was die epos egter van ‘n ander soort. Dis die mooiste gedig wat opgedra word aan ‘n anonieme meisie. Marzanne epos terug – iets wat sy nog nooit gedoen het nie – om uit te vind wie hierdie skimdigter is.

Ten spyte van die feit dat die skim digter nie sy naam of die meisie se naam wil noem nie, publiseer Marzanne die gedig. Die hele skool se meisies is in verswymeling oor die mooi woorde en bombardeer Marzanne met vrae oor die geheime skrywer. Marzanne besluit om egter aan te hou om vir die skim digter te epos, dalk kan sy meer uitvind oor hierdie liefde verklarende gedig. En dalk, net dalk, kan sy leer hoekom mens se Rice Krispies anders proe as mens verlief is.

My gedagtes: Ek het hierdie boek op Hoërskool laas gelees en was lekker verbaas toe ek die oudioboek sien op Libby. Dit was egter maar ‘n baie slegte opname (mens hoor blaaie blaai, hoe die leser sluk, etc) maar omdat ek die storie geniet het destyds, het ek dit klaar geluister. ‘n Baie oulike storie vir hoërskool leerders om te lees!
Profile Image for Amanda.
1,166 reviews
March 22, 2022
Ek is baie bly dat daar nie ’n ouderdomsbeperking is op kinder- en jeugboeke nie, want dan sou ek dalk hierdie uiters vermaaklike storie moes misloop. Marzanne is aan die woord as die eerstepersoonverteller. Sommer met die intrapslag besef mens dat sy nie haar nie laat intimideer nie. Sy skroom selfs nie om vir Shakespeare self aan te vat oor die stomme Juliet wat val vir Romeo se romantiese verklarings voor haar balkon nie.

Ek lees in ’n biografie oor Tania Brink dat Liefde laat jou Rice Krispies anders proe, die eerste liefdesverhaal uit haar pen was. Nou, twintig jaar later, het Lapa Uitgewers dit heruitgegee met ’n splinternuwe baadjie. Ek dink dit is ’n duidelike bewys van die sukses van die verhaal. Die storie verloop glad en boeiend en die einde lewer ’n lekker kinkel in die kabel op.

Die oorspronklike uitgawe het ek nooit onder oog gehad om te vergelyk nie, maar hierdie gedenkuitgawe spog met interessante beklemtoning van trefwoorde in die teks en illustrasies van e-posgesprekke. Die skrywer blyk perfek in voeling te wees met die spreektaal van hoërskoolleerlinge, want interessante byname en skuilname is aan die orde van die dag. Ek moes telkens glimlag oor Perfect Tense, Raubies, Skimdigter, en Armand-Sjarmant. Bygesê, ek besef dat leerlinge twintig jaar gelede waarskynlik baie meer onskuldig was as vandag, maar ek sal hierdie boek met gerustheid vir jong lesers van ongeveer elf jaar en ouer, kan aanbeveel.
Profile Image for Ronel Janse van Vuuren.
Author 68 books55 followers
March 9, 2018
‘n Oulike Romeo en Juliet storie. Marzanne is ‘n regte vuurvreter, Armand is die ou wat almal dink die son uit skyn – nie haar tipe nie. Totdat sy die regte Armand leer ken.

Die verhaal wys dat almal nie altyd is wie ons dink hulle is nie en dat selfs vuurvreters ‘n sagte kant het.

‘n Lekker-lees tiener verhaal.
Profile Image for Heila.
73 reviews12 followers
March 9, 2018
Hierdie is ‘n heel oulike tiener verhaal wat lekker lees. Marzanne is ‘n sterk karakter en Armand staan nie terug nie: hy weet wat hy wil hê.

Ek beveel dit aan vir almal wat van tiener verhale hou.
135 reviews
June 22, 2021
I had to read this for school and honestly it was actually really sweet.
Profile Image for Janpaul Dreyer.
168 reviews
August 15, 2025
Voorgeskrewe boek vir Afrikaans klas. 'n Lighartige, verbasend romanties, oulike klein storie.
1 review
November 29, 2025
There was a reason why it’s a school set book…was not going to be a joy read.
Profile Image for Marzanne.
37 reviews
August 24, 2024
Dalk het ek net nie van die boek gehou nie omdat die hoof-karakter my naam (en sy spelling) gesttel het.
11 reviews
June 12, 2016
So CUTE with lots of funny moments.. that's all I can say and all that needs to be said
Displaying 1 - 13 of 13 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.