Jump to ratings and reviews
Rate this book

Dag Drie

Rate this book
Luna Joubert se moed en vernuf word weer tot die uiterste beproef in Dag drie. Sy en haar medespeurder, Johan, vergesel vir Mike, ’n volbloed diepdekkingsagent, op ’n missie na Mauritius waar Mike met ’n informant kontak sal maak. Luna en Johan moet die skyn van gewone vakansiegangers vir hom help bewaar, maar niks loop volgens plan nie. Hulle eerste dag op die eiland lewer die lyk van ’n jong meisie op wat ooglopend vermoor is. Die informant laat nie van hom hoor nie en hulle word uit die bloute deur wildvreemde mense ‘bevriend’. Rooi ligte flikker toe hulle genooi word vir ’n visvang-uitstappie op ’n luuksejag. Luna het nie ’n goeie gevoel oor die eienaar van die boot nie, want hy is net ’n bietjie té gretig om hulle van naderby te leer ken. Nie alleen beland sy en haar twee kollegas in lewensgevaar nie; toe Johan verdwyn waag sy dit ook op baie dun ys om hom te probeer opspoor en dag drie eindig onvermydelik in ’n breekspul.

278 pages, Kindle Edition

First published November 1, 2018

4 people are currently reading
16 people want to read

About the author

Jeanette Stals

8 books7 followers
Afgetree uit die onderwys, en werksaam as toergids en gastehuis-eienaar, konsentreer Jeanette Stals op haar skryfwerk. Omdat sy graag misdaadfiksie lees, begin sy haar toespits op die spanningsgenre. Haar eerste boek in die reeks met Luna as hoofkarakter, Katoog, verskyn in 2016. Sedertdien skryf sy ook romanses en historiese fiksie.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
7 (18%)
4 stars
14 (37%)
3 stars
15 (40%)
2 stars
1 (2%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 5 of 5 reviews
Profile Image for Amanda.
1,155 reviews
November 17, 2018
Die enigmatiese Mike neem vir Sersant Luna Joubert, en haar geliefde halfbroer, Johan, saam met hom Mauritius toe op een van sy geheime sendings. Om hulle veiligheid te beskerm, deel hy geen detail met hulle nie, slegs dat hulle ’n front moet voorhou van vakansiegangers, en dat jy en Luna verloofdes is.

Sommer binne die eerste bladsye, begin spanning opbou wanneer daar ’n koelbloedige moord gepleeg word, waarby die drie Suid-Afrikaners onwillig betrek word. Dit terwyl hulle juis geen aandag op hulself wil vestig nie. Die skrywer hou die spanningslyn enduit snaarstyf, soveel so dat ek begin vrees het dat een, of selfs almal, in gevaar is om nie te oorleef nie. Die antagonis is harteloos, onstabiel en invloedryk.

Hoewel ek baie hou van ’n interessante, spannende speurverhaal, is erge grafiese geweld en ’n oormaat van kru taal nie eintlik my koppie tee nie. Daarom kan ek hierdie reeks van Jeanette Stals met vrymoedigheid aanbeveel vir lesers wat my sentimente en voorkeure deel.

Ek wil voorstel dat lesers begin met Katoog en Vermis, maar indien dit nie moontlik sou wees nie, moet asseblief nie nalaat om Dag Drie te lees nie. Die oop einde laat my met die hoop dat daar reeds aan ’n vierde aflewering in die reeks gewerk word, sommer ook met die hoop op ’n romantiese wending in ’n toekomstige storielyn.
40 reviews
December 14, 2018
Ek en Milady het so pas Jeanette Stals se 'Dag drie' klaar gelees. Ons het die boek so baie geniet dat ons skoon katterig was met my wederhelf toe hy gisteraand die kamerlig wou afsit terwyl ons die laaste hoofstuk wou kafdraf. Die skrywer gebruik die treffendste beskrywings ooit. Hierdie boek is ń blitsblaaier vir iemand wat van ń goeie speurroman hou en die pragtige voorblad is die kersie op die koek.
Profile Image for Werner.
25 reviews1 follower
May 25, 2019
Uitstekende boek!!! Ek het baie van die boek gehou. Ek het eers Katoog (Jeanette Stals se eerste boek) gelees en kon nie wag om meer van haar boeke te lees nie. Die spanning bou stelselmatig op in "Dag Drie" en bereik dan 'n hoogtepunt. Die einde is baie goed, maar ek het die hele verhaal geniet. Daar is baie komiese oomblike in die boek veral tussen Luna en Mike, wat moet voorgee dat hulle in 'n verhouding is.
Profile Image for Lelani.
101 reviews30 followers
January 23, 2019
Dag drie is die derde Luna Joubert boek uit Jeanette Stals se pen. Luna en Johan gaan saam met Mike Mauritius toe om deel van Mike se cover te wees terwyl hy probeer om kontak te maak met 'n kontak wat kan help om 'n dwelmsindikaat oop te vlek. Luna moet die rol van sy verloofde vertolk en Johan is hulle chaperone.

Ek het regtig uitgesien na die boek, veral omdat ek die vorige twee baie geniet het. Maar ongelukkig kon die boek nie kers vas gehou by die vorige twee boeke nie. Daar was 'n paar dingetjies wat gepla het - soos die onnodige gebruik van aanhalingstekens en die herhaling van informasie. Ongelukkig was die einde ook sonder impak. Dit het vir my gevoel of daar ook baie min gebeur in die storie - dis dalk te danke aan die feit dat die storie oor 'n tydperk van 3 dae afspeel.

Die boek het 'n lekker vinnige pas, en dit lees maklik. Stals beskryf die omgewing ook goed en al moet 'n mens nie 'n boek deur sy omslag meet nie, is dit vir my 'n baie mooi omslag. Al was die boek nie 'n treffer nie sal ek nog steeds graag die volgende Luna boek wil lees. Ek dink hierdie storie het dalk net nodig gehad om nog so 'n bietjie ryper te word.

Profile Image for Nenette de Lange.
169 reviews5 followers
July 1, 2021
Mensig, is dit nou lekker spanningsvol. Dit het so bietjie stadig begin maar toe dit spoed optel, kon ek glad nie die boek neersit nie. Dit laat jou dink of uncover operasies wel so verloop? Hoe hulle sukkel en dat hulle binne sekondes besluite moet maak wat mense lewens beinvloed. Ook, dit het my oë so bietjie laat oop gaan vir die omstandig hede van Mauritius. Is dit werklik so? Die TV programme en films laat dit altyd so idilies lyk – nou wil ek sommer nie meer gaan nie. Met tye was ek saam met Luna gefrustreerd dat sy nie 100% ingelig is op al die verwikkelinge en waaroor die operasie nou eintlik gaan nie en dat sy net moet saamspeel as Mike se verloofde en dan vertrou sy mans ook glad nie. Haar nuut gevinde half broer wat ook saam met hulle gegaan het, was vir haar net so ‘n ondervinding en belewenis. Ek moet sê, welgedaan Jeannette, hierdie wat ‘n uitstekende boek.
Displaying 1 - 5 of 5 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.