Jump to ratings and reviews
Rate this book

Kinnes: ’n novelle

Rate this book
Almal in Jurassic Park op die Kaapse Vlakte ken vir Anwaar ‘Ahnie’ Brandt vandat hy ’n ekstra in die film Gangsta Gangster was. Maar die baas van die Butcher Boys soek nog meer roem. Nou maak die gang hulle eie movies met hul selfone – movies wat die vrees in mense se oë vasvang. Ahnie se ma, Mary, kyk anderpad en sê sy weet van niks. Sy het mos nog ’n baksteenfoon, sy like nie van tegnologie nie. Nicole Lamb en Derick Delcarme is in matriek en verlief, maar toe Nicole swanger raak, moet Derick die skool verlaat om ’n werk te soek. Hy het geen ander keuse as om by die UML-gang aan te sluit nie, want daar kan hy darem geld maak. Rolanda Fischer wil ’n lewe van weelde soos ’n Cape Kardashian hê en as sy nie ’n celebrity op sosiale media kan word nie, gaan sy vir haar ’n ryk man kry. Maar sy hou ook van ’n bad boy . . . In Kinnes deur Chase Rhys word moeilike waarhede met deernis en humor oopgeskryf.

182 pages, Kindle Edition

Published October 1, 2018

2 people are currently reading
28 people want to read

About the author

Chase Rhys

2 books4 followers
Chase Rhys (1989) is 'n romanskrywer, rubriekskrywer, dramaturg en draaiboekskrywer van Kaapstad. Hul debuutboek Kinnes het in 2019 die K. Sello Duiker-prys en die kykNET-Rapport-prys in die rolprentkategorie gewen. Chase se Suikewate-rubriek word in Rapport gepubliseer.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
14 (46%)
4 stars
8 (26%)
3 stars
7 (23%)
2 stars
1 (3%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 2 of 2 reviews
27 reviews1 follower
April 24, 2025
Meer as net 'n roman is hierdie 'n soort geskiedkundige dokument. En selfs 'n "taaldokument" soos Rhys self in 'n onderhoud sê. Maar ten spyte hiervan lees dit ook maklik met 'n lekker spanningslyn en "layered" karakters. Ek het onlangs oor hierdie boek klas gegee en na die eerste lesing het 'n student na my toe gekom om vir my te sê dit is die eerste keer dat hy met een van sy Afrikaanse dosente kom praat omdat hy onseker is oor "sy Afrikaans", maar dat hierdie boek en die taalgebruik in hierdie boek hom meer gemaklik maak. Daarna het ons 'n lang gesprek gehad oor waar die student groot geword het en hoe lekker (en soms ontstellend as gevolg van die inhoud van die verhaal) dit was om 'n verhaal te lees oor 'n wêreld wat hy herken. Iets van die "magic" van hierdie boek was vir my in daardie gesprek vasgevang.
Profile Image for Stephanie Muller.
222 reviews
January 15, 2024
Dit was eers moeilik om aan die Afri-Kaaps gewoond te raak, en mens lees inisieël stadig, maar soos jy die 'taal' leer ken, besef jy dit is SO goed gedoen, en kan jy die taal in jou oorhoor soos jy dit lees - die karakters raak lewendig!
Dis die skrywer se debuutnovelle, en ek sien uit na meer.
Displaying 1 - 2 of 2 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.