Jump to ratings and reviews
Rate this book

Droomkans

Rate this book
Die laaste, onvergeetlike Elle-avontuur

Die matriekdans-monster.

Dit is presies wat op die oomblik oor Elle se skouer loer. Die ontwerpersrok van haar drome kos ’n plaas se geld, en sy het geen benul waar sy ’n ander rok vir die matriekdans in die hande gaan kry nie.

Boonop is mevrou Bender terug op haar pos as skoolhoof van Gravitas – en sy is vasbeslote dat Elle haarself as hoofmeisie moet bewys. Wat gaan sy doen om seker te maak sy laat iets waardevols agter; iets om dankie te sê vir die wonderlike jare wat sy by Gravitas beleef het en seker te maak niemand vergeet haar in die jare wat voorlê nie?

Maar waar Elle in die omtrek is, is daar gewoonlik ook hope moeilikheid. Kort voor lank sluip daar ’n paar vreemde nagtelike besoekers in die koshuis rond. En toe Elle agter die kap van die byl kom, moet sy inspring en help – al beteken dit ook sy moet by die skool se rekenaarstelsel probeer inbreek, hoofmeisie ofte not!

Gaan Elle haar droomkans kry om ’n blywende nalatenskap by Gravitas te laat?

Die laaste hoofstuk in die Elle-reeks sal aanhangers laat juig vir hul heldin – en trane laat afvee oor die skouspelagtige kragtoer waarmee hierdie topverkoperreeks ten einde loop. ’n Onvergeetlike boek.

128 pages, Kindle Edition

Published November 12, 2018

2 people are currently reading
38 people want to read

About the author

Christien Neser

29 books23 followers

Christien het grootgeword op Bloemfontein en Pretoria. Sy woon tans saam met haar man in Sandton. Sy het ‘n pro bono spraakterapie-praktyk en hou haar ook besig met toetsing, voorligting en terapie by ’n plaaslike parallelmedium laerskool. Christien is baie lief vir haar drie kinders, honde en leer al 30 jaar lank Frans. Kondensmelk is haar eerste boek.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
16 (55%)
4 stars
8 (27%)
3 stars
4 (13%)
2 stars
1 (3%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 2 of 2 reviews
Profile Image for Lelani.
101 reviews30 followers
January 28, 2019
Droomkans is die slotaflewering van die Elle Kroon-reeks. Wilde diere, 'n wilde kind, matriekafskeidrokke en 'n fondsinsameling is maar net 'n paar van die hindernisse wat Elle in haar laaste jaar as hoofmeisie van Gravitas moet oorkom.
Ek het Droomkans geweldig baie geniet en al het ek net twee boeke in die reeks gelees (ek hoop om die ander ook een of ander onder oë te kry) het Neser dit reggekry dat jy nooit voel jy moet eers die vorige boeke lees om hierdie nuwe avontuur aan te pak nie.
Droomkans is 'n lekker lees vir alle ouderdomme!
Displaying 1 - 2 of 2 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.