Jump to ratings and reviews
Rate this book

Om jou te vind

Rate this book
Kristel Loots se vorige liefdesverhale weer in ’n omnibus beskikbaar!

Kristel Loots is bekend vir haar fyn humorsin en besondere vermoë om haar karakters uit te beeld.

Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Kristel se vorige liefdesverhale, Liefde op Vergeetbaai, Kiki se kroonprins en Sieraad uit as.

Liefde op
Irmariana koop die kothuis langs Zak de Beer, wat sy privaatheid beskerm en ’n muur tussen hulle wil oprig. Vergeetbaai is afgesonder en hulle loop mekaar (noodwendig) raak. Irmariana het Vergeetbaai toe gekom om weer heel te word en om te werk aan haar jongste kinderboek. Sy durf nie toelaat dat ’n man haar aandag aftrek nie. Selfs al is hy uiters aantreklik en betowerend.

Kiki se
Kiki moet ’n onderhoud voer met ’n skatryk hubare sakeman wat die erfgenaam van Kroukamp Internasionaal is, Olaf Kroukamp. Hulle voer klere en skoonheidsmiddele uit. Hy het ook ’n boek geskryf wat mense aan die praat het en verkoop selfs die filmregte daarvoor. Kiki lê hom voor toe hy met sy honde gaan stap. Later pas sy sy herehuis en honde op. Olaf wen ’n literêre prys en vra Kiki om hom te vergesel. Haar ekskêrel, Roger sien die insetsel op televisie en spoor haar op. Hy doen alles in sy vermoë om Kiki en Olaf se verhouding te laat sneuwel.

Sieraad uit
Janette gaan woon ’n week lank in afsondering as proefkonyn vir navorsing oor die rookgewoonte. Kameras volg inwoners se verslawing. Sy sukkel om haar gevoelens vir die ghoeroe, Marnitz Marais te onderdruk. Janette is ook die troostante vir die tydskrif waarvoor sy as joernalis werk. ’n Super Girl sorg vir heelwat intrige en doen alles in haar vermoë om Marnitz en Janette se ontluikende verhouding te saboteer...

Kindle Edition

Published December 10, 2018

12 people want to read

About the author

Kristel Loots

54 books13 followers
Kristel Loots bly knus agter die boereworsgordyn in die Kaap. Sy luister na die stories om haar en skryf graag oor die vroue wat sy hier – en elders – raakloop. “Gewone” voorstedelike vroue, soms met voorskote om die geronde heupe, ander tye weer modieuse stadsbewoners in stylvolle stiletto’s wat vir niks skrik nie. Of oor “anderste” vroue, verskillende vroue, vroue met issues. Want menswees en veral vrouwees en die vele fasette daarvan fassineer haar. Vroue is stunning en dikwels die hoeksteen wat huis en haard aanmekaar hou en elke vrou het ’n storie.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
5 (29%)
4 stars
8 (47%)
3 stars
3 (17%)
2 stars
0 (0%)
1 star
1 (5%)
Displaying 1 - 4 of 4 reviews
Profile Image for Nenette de Lange.
169 reviews5 followers
April 6, 2019
Hierdie omnibus is gevul met drie ongelooflike boeke.
Liefde op Vergeetbaai: Irmariana gaan Vergeetbaai toe om oor haar man se verraad te kom en so koop sy ‘n ou huisie wat baie en ek bedoel baie liefde nodig het. Haar buurman, ‘n “hunk of note”, is baie stil en teruggetrokke. Toe sy wou kennis maak, groet hy haar baie stomp en dan wil hy sommer ‘n muur tussen hulle oprig – dan gaan sy niks van die see sien nie. Dan kom sy gewese vrou terug in die prentjie, en sy is swanger – net toe sy besef het, hierdie man, is haar ridder op sy wit perd
Kiki se kroonprint: Hoe kan ‘n vaal en klein verslaggewer wat onbekend is, ‘n storie uit die mees gesogde, hubaarste sakeman in die stad, ‘n onderhoud kry. Sy “vang” hom by sy huis en dring aan op ‘n onderhoud, wat hy haar toestaan. So kom dit af dat sy vir ‘n paar maande na sy huis en honde moet kyk. Met hierdie verwikkeling, kontak hy haar gereeld – om te hoor hoe dinge gaan, en hulle word gou bevriend waarop Kiki agterkom dat sy meer as net vriendskap vir hierdie man voel.
Sieraad uit as: Wat, in die gramadoelas, ver van alles af en hulle weet nie waar hulle hulself bevind nie. So word Janette, saam met haar baas na ‘n naweek toe gesleep waar jy veronderstel is om van jou rook gewoontes ontslae te raak. Min wetende, draai dinge heeltemal verkeerd toe een van die mees gesogde aktrieses ook daar opdaag en toe net ewe skielik verdwyn. So begin die soektog, wat Janette net nie kan uitlos nie (dit is die joernalis in haar wat die oorhand gekry het) maar so ook raak sy verlief op die skone man, wat haar moet help om ontslae te raak van haar nare gewoonte van rook.
Welgedaan Kristel op ‘n baie suksesvolle omnibus.
Profile Image for Amanda.
1,154 reviews
January 16, 2019
Ek het al heelparty van Kristel Loots se romans gelees en geniet, maar nog nooit haar vroeëre romanses onder oë gehad nie. Lapa Uitgewers het in Desember 2018 drie van haar romanses onder die titel, Om jou te vind, uitgegee. Die verhale is onderskeidelik in 2006, 2004 en 2001 uitgegee, maar dit is steeds relevant en kan menige nuwe romanses figuurlik onder die stof loop. Dit is nou indien jy, soos ek, hou van Kristel se pittige skryfstyl, en die mensekennis en deurleefdheid wat duidelik deurslaan in haar skryfwerk.

In Liefde op Vergeetbaai, loop Irmariana haar vas teen 'n buurman wat stug en onvergenoegd voorkom, maar tog goeie maniere en besorgdheid wys wanneer sy dit die minste te wagte is.

Die held, of te wel Kiki se kroonprins, is gesteld op sy privaatheid en loop kaalvoet in sy huis rond. Teen alle verwagting in, laat hy vir Kiki toe in sy ruimte, met interessante gevolge. Wanneer Kiki se verlede letterlik voor haar deur verskyn, lyk dit asof haar sprokie finaal versplinter.

Sieraad uit as was vir my 'n groot verrassing. Byna soos 'n roman in gekondenseerde vorm, met genoeg intrige en verskuilde agendas om die leser aan die wonder te hou. Die kontroversiële debat oor rook is die as (verskoon die woordspeling!) waar rondom die skrywer 'n slim verhaal geweef het.

Volpunte aan die skrywer vir heerlike leesgenot in die romansegenre.
Profile Image for Karin Behrens.
65 reviews7 followers
January 22, 2019
Ek het die ouer verhale uit Kristel Loots se pen baie geniet. In al drie verhale kom haar sterk karakterisering en spitsvondigheid deur. Dit is veral die laaste verhaal Sieraad uit die as wat besonders is. Nie net het die humor my met tye hardop laat lag nie, dit is boonop nogal spannend
Profile Image for Sanri Van der Walt.
42 reviews3 followers
December 31, 2018
Hierdie omnibus, met drie lekkerlees boeke van Kristel Loots, was die perfekte vakansie leesgenot.
Displaying 1 - 4 of 4 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.