Hoe ver sal jy gaan om die meisie van jou drome te beïndruk? Wat sal jy doen om jou beste vriend se lewe te red?
Shaulin en Brandon maak 'n snaakse video. Die soort dom video wat jy maak om 'n meisie te probeer beïndruk. Kort voor lank het hulle hope aanhangers op YouTube.
Hulle kry selfs 'n bynaam – die Vidiote.
Maar dan ontmoet hulle vir Marco. Marco het planne. Opwindende planne. Gevaarlike planne. Planne om die Vidiote se toertjies beter en waaghalsiger te maak. En dan loop dinge skeef ...
Agterin die KABV-goedgekeurde skooluitgawe van hierdie gewilde boek verskyn opsommings, opwindende, uitdagende pre- en postlees-aktiwiteite en volledig uitgewerkte vrae en antwoorde wat aan die KABV-riglyne voldoen.
Fanie Viljoen is a well-known Afrikaans author, living in Bloemfontein, South Africa. A full-time writer, illustrator, and artist, Fanie has written numerous short stories, radio plays, and books for children and teenagers. Three of these books have won awards for youth literature - the Sanlam Prize for Youth Literature, the ATKV-woordveertjies ('word feathers') and the M.E.R. prize for youth literature.
Being an immigrant and having Afrikaans as a second language this was a nice easy book to read. My son had this book as a set work at school and I do try to read all his school set works if I have not already read them. This story brings up a lot of emotions that are so relevant for teenagers and proposes possible ways to deal with them. My son found it "boring" just as most teenagers would but still it was a fun read.
I read it within 2 hours for my school comprehension. Slang is outdated and gives a good laugh but overall language is good. Story is a bit iffy and I wouldn't read it of my own accord.
Goeie boek vir tieners. Verseker 12+, dalk selfs nie laat-laerskool nie. Van die temas is dalk nie heeltemal toepaslik vir laerskool kinders nie. Daar is 'n Paris Hilton verwysing. Om bekendes te noem datteer (onseker oor die anglisisme) 'n boek darem vinnig....
Fanie Viljoen se SPRING is in kenmerkende Viljoen-styl 'n goed geskrewe verhaal vir jonger lesers (laat laerskool, vroeg hoërskool). Dit sal ook vir trae lesers en tweedetaallesers toeganklik wees. Steven en Rudi is beste vriende. Wanneer Rudi 'n videokamera present kry, neem hy Steven af wat Rudi se suster Riana skrikmaak met klappers. Die feit dat Steven in die visdam val, maak dat die video soos 'n veldbrand versprei. Op dié manier leer hulle Marco ken. Hy het heerlike mal planne vir nog video's, wat derduisende kykers lok. Maar wat is sy motiewe met die video's? En gaan hy sorg dat Rudi nooit vir Lize kan uitvra nie? Wanneer die planne en pret lelik skeefloop, blyk die belang van vriendskap baie duidelik. Viljoen beeld oortuigende karakters uit wat grootword en daarom verandering, aanvaarding en meisies moet leer ken. Die spannende slot sal lesers vasgenael hou.
In this tale for younger or reluctant readers, also accessible for second language learners, Viljoen portrays two friends who have to deal with the troubles of growing up. Their Youtube videos are hugely popular, especially when using mad ideas from their new pal Marco. But then things go seriously wrong. Readers will be captivated by the dramatic ending.