Jump to ratings and reviews
Rate this book
Rate this book
Hul liefde mag nie. Joshua is Tamara se halfbroer. Maar ís hy Groot Dawid se bloedseun? Ma Saar ken die waarheid, maar praat nie. En as die Anglo-Boereoorlog die antwoord insluk, blý hul liefde vergeefs …

275 pages, Kindle Edition

First published January 1, 1999

9 people are currently reading
52 people want to read

About the author

Chanette Paul

68 books143 followers
Chanette Paul word rond en bont groot. Sy woon nege skole by, studeer aan vyf universiteite en het al in sewe provinsies gebly. Haar eerste verhaal waarvoor sy betaling ontvang het, is ‘n sprokie wat sy op sestienjarige ouderdom geskryf het en op Siembamba voorgelees is. Die tweede, ‘n kortverhaal, is in haar universiteitsjare in Huisgenoot gepubliseer.
Eers twintig jaar later, in 1995, gee sy weer aandag aan haar skryfwerk. Sedertdien het ‘n verskeidenheid verhale en humoristiese artikels in tydskrifte verskyn asook in die omgewing van 50 boeke in verskillende genres.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
52 (48%)
4 stars
36 (33%)
3 stars
17 (15%)
2 stars
2 (1%)
1 star
1 (<1%)
Displaying 1 - 10 of 10 reviews
Profile Image for Anne-Marie.
261 reviews25 followers
December 26, 2013
Dis nie die genre wat ek gewoonlik lees nie, maar ek het iets ligs gesoek en toe kry ek hierdie een te leen en kan dit nie neersit nie. Heerlik gelees! En nou moet ek die res van die Daveltjies gaan kry.
Profile Image for Anria Breed.
Author 28 books9 followers
December 28, 2022
Urgh, ek was so haastig om klaar te lees, dan skip ek, dan besef ek nee!!! ek het gemis, dan blaai ek maar weer terug.

Ek het die boek baie geniet. Die 'oorlog' deel is nie lank en uitgerek en onnodig nie, alles werk net!
Profile Image for Elizabeth Kruger.
8 reviews2 followers
May 30, 2021
Dit was ongerieflik. Incest is duidelik nie ń probleem vir Chanette Paul nie. Dis nasty. En ja, eks gen Z, maar dit was net weird as hell. Anyway, my vriendin het fleur verskriklik geniet ek dink net Tamara kort hulp en therapy.
Profile Image for Riana Snyders.
53 reviews
July 10, 2012
Ek geniet altyd boeke oor die ou dae waar die vrouens nog lang rokke en kappies dra en praat van vader en die kakies. Was nie my gunsteling Chanette Paul boek nie ma ek sien tog uit om die ander Davelvroue te ontmoed.
Profile Image for Heidi de Goede.
604 reviews7 followers
November 30, 2024
3* Die boek het my nie heeltemal geboei soos die nuwer Chanette boeke nie. Sal wel volhou met die reeks.
Profile Image for Ann Swart.
1 review1 follower
October 3, 2023
Davel-vroue #1: Tamara deur Chanette Paul.

Hierdie boek...

Dit is deffinitief iets wat ek nie gewoonlik sou optel nie. Ek meen 2 onderwerpe wat bietjie taboo is naamlik Ouderdoms verskil wat ek gewoonlik as manipilasie sou sien en bloedskande wat die uiterste taboo is. Maar aangesien die ander boeke in die reeks my aandag getrek het en ek graag by boek 1 wou begin het ek myself GESTAAL vir die taboo onderwerpe en begin lees.

En ek was nie spuit nie...

Hierdie boek het my diep geraak want die skrywer het haar karakters oordentlik ontwikkel en ek kon myself inleef oor hoe kwaai Groot-Dawid kon wees aangesien ek self in 'n baie streng huis groot geword het. Dit het my deffinitief na aan die hart begin lê.

Die verhaal draai om Tamara, Groot-Dawid se jongste kind van 11 kinders en enigste dogter wat in ditself 'n belewins moes wees vir 'n meisie, sy is 'n jong vrou wat sonder haar moeder moes grootword en in 'n ingewikkelde liefdesverhouding met haar halfbroer, Joshua. Alhowel dit 'n baie onsmaaklike onderwerp kon wees, los die skrywer ***genoeg leidrade*** sonder om dit weg te gee dat Joshua eintlik so bietjie makliker aanvaarbaar is as Tamara se ander 2 liefdes moontlikhede. Dit is 'n liefde wat nie gewoonweg goeiekeuring van die gemeenskap sou dra nie en een wat deur die misterie van Joshua se afkoms omhul is.

Die omgewing van die Anglo-Boereoorlog bied 'n atmosferiese agtergrond vir die verhaal. Dit is duidelik dat die onderwerp deeglike navors is. En die boek het hierdie tydperk getrou weerspieël. Die oorlog deel, alhoewel dit daar is, is eers in die einde van die boek en sinspeel nogal mooi oor die innerlike oorlog wat Tamara in my opinie ook sou moes deurgaan om uiteindelik Joshua te aanvaar.

Die karakters in die boek is deeglik ontwikkel. Ek het 'n sterk empatie vir Tamara gevoel en kon haar emosies en onsekerhede goed verstaan. Die onderliggende tema van selfontdekking en die soeke na identiteit wat meisies geduurende die Anglo-Boereoorlog sou moes beleef is indrukwekkend verweef in die verhaal.

Dit is 'n kontroversiële aard van die liefdesverhouding tussen Tamara en Joshua, maar op die ou einde is dit die newekarakters wat my meer geirriteer het met hulle stupid besluite wat die lewe vir arme Tamara en Joshua basies ontmoontlik gemaak het. Dit het die boek natuurlik meer interessant gemaak. :-)

Ek sien uit na die res van die reeks en die ontmoeting met die ander Davelvroue. Soos wat ek kan aflei gaan ons deur 'n stamboom werk en dit laat my nogal opgewonde voel oor hoe die jare die mense gaan verander.
Profile Image for Nenette de Lange.
169 reviews5 followers
November 2, 2023
So word al die kinders op die Davel plaas groot, in sluitend, Tamara. ‘n Rabadoe wat nie eenkant toe staan vir die plaaslewe nie. Dinge moet gedoen word. Tamara het ‘n hegte bond met haar half broer, Joshua, van kleins af. Joshua het haar groot gemaak na haar Moeder se afsterwe. Toe sy ‘n volwaardige vrou word, besef sy, daar is meer wat sy voel vir hierdie broer van haar. Hulle twee behoort saam, maar dit kan mos nie werk nie. Joshua en haar pa, probeer met alle mag vir haar ‘n man soek, voordat sy op die rak sit. Nie dat sy lank sal kan stil sit nie. So kom Ryk Ruben oor haar pad, wat haar wys hoe die ryk mense van die dorp lewe en wat sy as vrou alles kan kry. Maar haar hart trek nog al die pad na Joshua. En toe breek die oorlog uit wat alles deurmekaar maak. Tamara besluit om, teen haar pa en broer se wil, op die plaas te bly en so vir die troepe wat verby kom, het sorg. Ma Saar, is die enigste persoon wat die waarheid weet van Joshua maar nou is sy soek. En Tamara moet net weet wat sy met haar liefde moet doen. Ek het rerig hierdie boek baie geniet. Welgedaan Chanette
Profile Image for Karin Strydom.
51 reviews
May 4, 2024
‘n Vriendin het Chanette se reeks oor hierdie sussies aanbeveel en Tamara was my eerste een. Ek sien baie uit na die res! Dankie Vriendin!
Profile Image for Rudene Loots.
25 reviews
March 3, 2022
Ek kan myself in Tamara se skoene plaas. Ek voel ook so onseker oor of die persoon die regte een is vir my. Baie "reviews" se mense Tamara kort terapie. Maar ek dink weer dis net onseker want sy is bang sy maak n fout. Plus hoe se hulle spuit is goed maar dit kom te laat. Hierdie was n puik boek. Ek het elke oomblik geniet.
Displaying 1 - 10 of 10 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.