Maryn wou glo sy is Neil von Wildenstein se droomvrou. Nou weet sy – haar pa se lemoenplaas is wat hy eintlik wil hê. Lemoenblomolie is volop op Bergendal, en dís wat Niel broodnodig het vir sy laventelprodukte.
Chanette Paul word rond en bont groot. Sy woon nege skole by, studeer aan vyf universiteite en het al in sewe provinsies gebly. Haar eerste verhaal waarvoor sy betaling ontvang het, is ‘n sprokie wat sy op sestienjarige ouderdom geskryf het en op Siembamba voorgelees is. Die tweede, ‘n kortverhaal, is in haar universiteitsjare in Huisgenoot gepubliseer. Eers twintig jaar later, in 1995, gee sy weer aandag aan haar skryfwerk. Sedertdien het ‘n verskeidenheid verhale en humoristiese artikels in tydskrifte verskyn asook in die omgewing van 50 boeke in verskillende genres.
Hierdie boek het ek al meer as een keer gelees en dit is 'n indrukwekkende boek. BAIE DANKIE (praying hands) Ek het ongelukkig die boek verloor, en hoop van harte dat ek eendag weer my hande op hom sal kan kry.