’n Verhouding so kort op die hakke van die verbreking van haar verlowing, is vir Lizma ondenkbaar, maar vertel dit nou vir haar ongehoorsame hart. Dit gaan telkens op loop as Joe Schoeman net naby haar kom.
“Hoe kan hierdie man net so op haar pa se plaas kom rondry met sy perd as daar ‘n klomp renosterstroper in die omgewing is.” Wat soek hy. Min het Lizma geweet dit hierdie einste man, die man van haar drome is. Hulle altwee het vurige houdings teenoor mekaar en sy is nie lus vir hierdie buurman van haar nie. Nie na haar verlowing wat so woestelik beiendig was. Lizma, as een van die plaas eienaars, moet saamstaan met die ander boere om die renosterstropersindikaat te probeer vastrek. Sy ken die omgewing baie goed en kan ook hulle taal verstaan. So vang hulle twee stropers maar min het hulle geweet wat nog kom. As vryskut joernalis, skryf Lizma ‘n ongelooflike stuk oor die twee veeartse en hulle werk om die renosters te onthoring. Ongelooflik hartseer, maar ‘n moet om die diere te beskerm. Ek het hierdie boek baie geniet. Die bietjie opwinding maar ook die liefde wat hulle nie sy spring nie. Welgedaan, Madelie Human met ‘n uitstekende boek.
'n Sterk man op 'n groot swart hings, boonop met 'n rewolwer in die hand... Reeds op die tweede bladsy van Madelie Human se nuwe Romanza, verstaan ek waar die "gevaarlik" ter sprake kom. Ek dink gelukwense is in orde. Die skrywer het 'n oorspronklike idee vir 'n reeks gekry en met sukses die eerste daarvan afgelewer. Dit is 'n verhaal wat vinnig vloei en genoeg spanning oplewer. Verder is dit aktueel gegewe plaasmoorde en renosterstropery wat aan die orde van die dag is. Ek sal vir seker my oë oophou vir die volgende aflewering in die Lank en donker reeks.
Weereens kry Madelie Human dit reg om jou binne in die storie in te trek met soveel oorreding dat mens nie anders kan as om te wonder of sy op 'n plaas grootgeword het en self die uitdagings daarvan ervaar het nie.
Die karakters is geloofwaardig en standvastig en beide se groei deur die verhaal is verfrissend. Die kompleksiteit van renostertstropery en plaasaanvalle in ons land word so sorgvuldig deur die verhaal vervleg dat dit nooit te swaar en morbiedig raak nie maar wel die gevaar en realiteit daarvan ondersteun.
Ek het vreeslik lekker gelees en selfs 'n hele paar dinge geleer!