Jump to ratings and reviews
Rate this book

Die verevrou

Rate this book
Liora word groot op 'n volstruisplaas in Algerië, naby die Sahara. Sy is omring deur mense wat lief is vir haar, Maman en haar tante, oom Moshe, en haar pa, wanneer hy in die rondte is. Van kleins af bring sy tyd deur in haar tante se pluimery, 'n magiese omgewing waar volstruisvere omskep word in kostuums vir die filmbedryf en die verhoë van Parys.

Maar Liora loop haar telkens in grense vas wat sy moet oor. En in Algerië broei onrus. Eers verhuis sy na die oorloggeteisterde Algiers waar sy leer om dokter te word, maar dan word sy gedwing om inderhaas landuit te vlug, Parys toe.

Jare later kom Liora, steeds verwonderd oor die skoonheid van volstruisvere, in die Klein-Karoo aan om oom Moshe te besoek. Hier ontmoet sy Candice, ook behep met volstruisvere, 'n priester, 'n kunstenares en ander Kannalanders. Haar lewe word opnuut omgedop, en weer eens lê daar 'n grens voor haar - en sy moet besluit of sy dit sal oorsteek.

Jan van Tonder het in 1983 gedebuteer met die roman Wit vis Hierna volg kortverhale, Aandenking vir 'n vry man (1984), en die roman Is Sagie (1987) en die opvolg Is weer Sagie (2013). Die kind het in 1990 die ATKV-prosaprys en in 1991 die FAK-prys vir ontspanningsleesstof ontvang. Sy roman Roepman is vir verskeie literêre pryse benoem en is ook verfilm.

320 pages, Paperback

First published January 1, 2019

31 people are currently reading
57 people want to read

About the author

Jan Van Tonder

14 books14 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
31 (24%)
4 stars
62 (49%)
3 stars
23 (18%)
2 stars
8 (6%)
1 star
2 (1%)
Displaying 1 - 22 of 22 reviews
Profile Image for De Wet.
279 reviews24 followers
June 16, 2021
Dit wil vir my voorkom of my gestel nie meer wreedheid kan of wil verteer nie, en hierdie boek bevat van die wreedste tonele (teenoor beide mens en dier) wat ek nog in fiksie raakgelees het. Miskien is dit omdat niks wat ek nog voorheen van die skrywer gelees het (Roepman, die Sagies) my hierop voorberei het nie. As mens 'n krimi lees verwag jy dit, maar in hierdie boek met die mooi naam en die sagte omslag van 'n kind op 'n swaai het dit so uit die dwarste gekom soos 'n voertuig wat oor 'n rooi lig jaag en jou teen die kant tref terwyl jy doodluiters oor die groen lig karring.

Voeg by dit die swaarmoedigheid waarmee die boek deurtrek is wat elke stukkie mooi wat gebeur gou verdrink en die lees van Die Verevrou was vir my soos om twee sakke sand teen 'n heuwel uit te dra. Ek het die laaste 50 bladsye gevluglees, want my belangstelling in die storie en die karakters het net skielik verdamp op daardie stadium.

En dis nie dat die skryfwerk sleg is nie, inteendeel. Ek weet die wêreld is nie altyd mooi nie en mense se lewens draai ook nie altyd so uit nie, maar iets aan dié storie self het net verkeerd aan my lyf gesit.
Profile Image for Coenraad.
807 reviews43 followers
April 14, 2019
Jan van Tonder is 'n bekende en geliefde skrywer in Afrikaans. Sy nuwe roman is die mees ambisieuse skryfprojek uit sy pen: die langste, en die mees komplekse in terme van tydstruktuur, geografie en aantal karakters. Dit is op taalvlak uitstekend. Die historiese agtergrond (die Algerynse onafhanklikheidsoorlog in die 1960's, asook Suid-Afrika van 1992) is boeiend en die karakters wat deur hierdie tye leef, is fassinerend. Tog het die boek 'n sterker redigeringshand nodig gehad om seker te maak dat die afloop bevredigend gestruktureer is. Ek sal later, met die nodige aanduidings van uitlapsels (my woord vir "spoilers"), meer besonderhede gee. 'n Voorlopige uitspraak: 'n meesleurende roman wat ongelukkig nie tot op die laaste bladsy oortuig nie, maar tog die moeite werd is om te lees.

Jan van Tonder is a well-known and beloved writer in Afrikaans. His most recent novel is ambitious: it deals with the Algerian war of independence in the 1960s, as well as South Africa in 1992. The story ranges over two continents (Africa and Europe), and encompasses a wide variety of characters. Unfortunately it needed a stronger editor - the ending does not convince as much as the majority of the novel.

Profile Image for Trisa Hugo.
Author 10 books34 followers
April 11, 2019
"Sy gaan staan onder die stort. Eers met net die koue kraan oop om haar uit die kokon te ruk waarin sy haar die afgelope drie dae toegespin het – nie die gladde geel kokon van ’n sywurm nie, maar ’n blarerige, onnet spul, die nes van ’n tuinspinnekop."

Hierdie aanhaling uit die boek het my getrek, en dit het uiteindelik ook vir my aangedui hoe ek die boek ervaar het. Om te lees oor die lewe van Liora en haar familie was soms soos om onder 'n koue stort in te klim, en die tinteling van die koue water oor my lyf te ervaar. Net so het dit my uit die gemaksone van die gladde geel kokon geruk om te lees oor die vreeslikhede van die oorlog in Algerië, waarvan ek maar min weet.

Van die karakters is die boek en hulle lewens, is ook maar ’n blarerige, onnet spul, die nes van ’n tuinspinnekop. Soos regte mense is. Mense na aan mekaar pleeg verraad, mishandel mekaar en het mekaar ook lief.

Boeke wat losweg gegrond is op die werklikheid, trek my altyd. Boeke met 'n verhaallyn wat sou kon wees, is my ding. Die lewe van Liora Papalato, geïnspireer deur wyle Luisa Pappalardo wat afspeel in Oudtshoorn, die oorloggeteisterde Algerië en Parys, was opwindend, skrikwekkend, tragies, soos die lewe self dikwels is.

Die boek het my geraak op plekke wat moeilik is om te beskryf, dis eerder 'n emosie as 'n mening. Volgens die skrywer is die aanvanklike manuskrip verskeie kere afgekeur, maar hy het volhard. Ek is bly hy het. Welgedaan!

Profile Image for Margitte.
1,188 reviews668 followers
December 28, 2022
My lang relaas. My indrukke.

Jan Van Tonder gooi met die intrapslag vir Albert Camus(in besonders sy roman La Peste - die Pes) in die saga, en bevestig die historiese Algerynse agtergrond van Liora se verhaal. Camus, was soos die Frans-Algerynse familie,Papalato, inkommers. Lui dit dalk die eerste klokkie, of flits die eerste rooi liggie, van waarheen die saga oppad is?

Opwindend, as 'n mens van historiese fiksie hou.
Die Algeryne van Franse afkoms was genoem Pied-noir (of swartvoet.

Op 'n sylyn langs:
Institusionele psiges word geroer met historiese romans soos:

Sirkusboere deur Sonja Loots,
Triomf deur Marlene van Niekerk,
Buys: 'n Grensroman deur Willem Anker,
Lost Ground deur Michiel Heyns,
Kamphoer deur Francois Smith,
en nou weereens met Die Verevrou deur Jan Van Tonder.

Dis geskiedenis wat nie eintlik moet suurstof kry nie. Geskiedenis behoort aan die veroweraars. Of so word gehoop. Nie meer nie. Ter versagting: Jesus die Nasarener was moontlik die eerste revolusionêr wat die boot omgekeer het. Sosiologies word gefluister dat hy selfs as die eerste Kommunis beskou kan word. Ontspan, dis net 'n gemurmur in die binnekamers van die rebellie. Maar nou weet 'n mens mos, waar daar 'n rokie trek...

Ek dink aan die skrywers soos Andre P. Brink, Ettienne Van Heerden, Dalene Mathee, Breyten Breytenbach, en beslis Ettienne Le Roux, wat dié genre se vlagskepe was. Toe die ou mensies nog verdrink het in die liefdsromans van Tryna Du Toit, Biggie Best binneversiering, strandhuise en Mercedes Benze op staatsubsidies gekoop het, en die verguising, verminking en wreedheid van 'n grensoorlog eerder nog helde wou optower, terwyl die veiligheidspolisie vernuftig die rebelle soos kriminele tot sosiale uitwerpsels veroordeel het, was hierdie voorlopers aan die skryf. Na 1994 was dit mode, en ja selfs 'n mantra dat 'n nuwe geslag skrywers by die 'rebellie' sou aansluit, toe tronkstraf en verbanning nie meer gedreig het nie, en almal wou wegskram van 'n verlede wat hulleself help skryf het, maar nou hartroerend wou ontken. Uit nood. Soos 'n afgewaterde naloop van 'n witblits-stokery. Die geveg was namens hulle geveg. Die pad was oop vir 'n nuwe generasie skrywers.

Met dié gemaal in my kop, dink ek aan méér skrywers, wat die eintlike rebelle was:

Dis nie 'n asprisgeit nie. Dis geskiedenis deur dapper skrywers wat die establishment vrolik skud. Wie onthou nog P.G.du Plessis se 'n Seder Val In Waterkloof, en Siener in die Suburbs? Pure pret, afhangend aan watter kant van die draad jy betrap wil word. Meeste wil nie eers betrap wees nie. Te sensitief. Kognitiewe disassosiasie, kan 'n mens maar sê. Oi, die ou mensdom darem.


Sue Van Waart se kontreistories wat vervat is in haar drie boeke, Swartberg En Sy Mense, Paleise Van Die Pluime, en Kannalandse Kameë het aanvanklik die Klein Karoo op die kaart geplaas. Jan Van Tonder in sy aan-en-af vestiging daar, en skrywers soos Annalie Botes(boorling) in haar roman Klawervier, weet waar die hart van die Klein Karoo verskuil lê. Van Tonder span sy Klein Karoo-ervarings meelewend in.

Terug na Die Verevrou:

Die kombinasie van die Algeriese kontemporêre geskiedenis, met dié van die Klein Karoo is besonders. Ambisieus, maar tog werklikheid, want die hoofkarakter, Liora Papalato (klink nie juis Frans nie, meer Italiaans?) word die naelstring van die twee gebiede, nl. Algerië en Klein Karoo, Suid-Afrika. Haar storie is 'n lugspieëling,niks meer nie, sê Jan Van Tonder, van die werklike meesterpluimbereider, mademoiselle Luisa Pappalardo.


Die ankerlyn deur die storie is die Struthio camelus, of volstruis. Die vere. Baie vere. En dan die 'verevrou' wat die geskiedenis soos murgbene kom uitstamp.

Dan was daar Candice Amat, die steltemeisie van De Rust. Met vere wat haar definieer van kindsdae af. Net soos Liora, wou sy ook vlieg. Maar kon nie. Toe klim sy op die stelte in De Rust, verkoop haar vereprodukte aan toeriste deur die dag, en gly dan saans af teen die Polisiekantoor se vlagpaal.

Pappietjie het haar geleer dat vlieg ook anders kan wees:

Dis ’n ding wat djy ma ka glo, Kandas; praat met een soos hý praat, anners kyk hy op djou af, veral ’n wit mens. Dis hoekom ek sewe dae ’n week werk, lat djy geleerdheid kan kry. Lat mense kan ópkyk na djou. Hóé moet mense na djou kyk, hè?”

“Hulle moet ópkyk na my toe, Pappietjie.”

“Onthou daai ding, nè, onthou hom.”


Die stelte het mense ook gedwing om na haar op te kyk, selfs Kaptein Assie van Aswegen, die wet-en-orde man. Haar kop het hoogtes bereik, met of sonder vlerke. En soos die volstruis, het sy langbene gemaak, maar kon nie eintlik vlieg nie. Metafories het sy wel gevlieg. Ver en wyd.

Vlieg. Oom Moshe Habib(van Oudsthoorn) het Liora, van Algerië) belowe dat sy ook eendag sou vlieg. Op die ou einde sou sy vlieg - op haar manier.

Verevrou is een van daardie boeke wat 'n mens dreineer tot op die murg. Enige hoop of optimisme is uitgestamp. Die halstarige happies was uitgesuig tot slegs die kale bene oorgebly het, wat selfs nie eers deur die honde begeer word nie. Vir die leser was geen hoop op lewe oor nie. Ek persoonlik, en ek vind dit ook in ander lesers se versigtige skrywes, voel geterroriseerd en getraumatiseerd.

Die geskiedenis van die Algerynse rebellie teen die Franse regering, loop hand-aan-hand met die rebellie van Suid-Afrikaanse mensdom teen die Apartheidsregering(kolonialisme). In hierdie verhaal word dit ineengevleg, soos Liora se verestringe.

Wat as onskuldige weerstandspolitiek begin het, het in wraak- en weerwraak ontaard. Brutaal, morsig, grusaam, skokkend. Die verhaal is mos maar al in verskillende Afrikalande afgespeel. Metafore, miskien.

Die beginsel show-don't tell is die primêre doelwit hier. Geen steen was ongeroerd gelaat nie om die bloedige storie te vervolmaak.

Baie goed geskryf. Atmosferies en boeiend—tot op 'n punt. By die halfpad-merk was die toon gevestig. Daarna word dit herhaal tot ad finitum toe in. Moord, doodslag, tragedie, hartseer, smart en trane, só asof die Afrikaanse leser nie sélf ook tans al genoeg ervaar in die werklikheid. Geen tjoklits of blomme vir vertroosting nie. Geen genade vir 'n bloeiende siel.

Hoekom vier sterre dan? Dis 'n verhaal wat vertel moes word. Die navorsing was baie goed. Die onderstromings vernuftig. Die metafore goedverskuild. Die dialoog oortuigend. Die voorblad—in die kol. Kyk weer mooi. Aangrypend.

Hierdie is historiese fiksie, na alles gesê en gedoen is. Daar is selde 'n gelukkige einde.
Profile Image for Mareli Thalwitzer.
514 reviews29 followers
October 21, 2019
Ooooooeeee dit was mooi...... Nie die storie so seer nie, dit was plek plek onaangenaam. Maar die spel met woorde (jip, albei betekenisse van die woord "spel" tel hier), beelde, grense en hoogtes was regdeur so gasvry en koesterend. Soos 'n jas van vere. Ek hou maar van skrywers wat soos Boerneef kan toor met die taal en goeël met die klank.
"Kom ons gaan sit onder die boom, dan gesels ons die verlange van die afgelope jare weg - briewe en telefoonoproepe kan nie instaan vir die warmte van geliefdes se teenwoordigheid nie."
Profile Image for Heidi de Goede.
613 reviews8 followers
December 20, 2022
Hierdie boek sal my nog lank bybly. So hartseer, half tragies. Ek wil dit amper 5 sterre gee.
Author 4 books5 followers
August 6, 2019
Ek het lank gevat om die boek te lees, en probeer al van die begin af verwoord wat dit is wat my pla. Ek het nog nie klaar gedink nie, en gaan waarskynlik ook nooit regtig die antwoord kry nie, so ek sal myself moet tevrede stel met wat ek wel kan verwoord.

Die beste deel van die boek is die ongelooflike taalgebruik. Dit is eenvoudig Afrikaans op sy beste en ek dink nie iemand kan daarmee stry nie.

Daar is vir my iets vreeslik uiteenlopend aan die boek, en ek dink nie ek verstaan waarom dit so gedoen was nie.
Daar is elemente van die storie wat vir my so briljant geskryf is, met detail en sorg en deurlopendheid wat soveel intense emosie wakker maak dat ek dit nooit gaan vergeet nie. Soos Candice wat daar bo in die lug rondloop om weg te kom van die wêreld af. Liora wat dieselfde doen, op haar skoppelmaai. Die wreedheid van mense en oorloë. Die spokie. Die verlore liefdes en nog 'n hele paar goed. Dis slim, dit trek my in, dat laat my dinge voel en dit laat my soek na meer.

Dan is daar die ander pool, waar goed wat eintlik belangrik vir die storie is, en wat my potensiëel in ‘n emosionele warboel kon hê, amper soos 'n onbelangrike nagedagte genoem word. Dit gebéúr nie voor jou nie. Mens word nie deel daarvan nie; jy verstaan dit nie en vóél dit nie. Dis amper soos om 'n storie oor mense wat jy nie ken nie te hoor by 'n derde party wat self nie mooi weet wat gebeur het nie. Ek voel gekul daardeur want die boek wys jou dit kan anders wees, want groot dele is anders.

Dis so met Issabel, (ek hoop ek het die naam reg?) wat in die berge vermoor is. Dit word half terloops genoem, mens dink dis oor dit met Liora ook kan gebeur. Dan vind jy later uit dis eintlik 'n sleutelgebeurtenis in die boek, en jy kan eintlik nie eers meer mooi onthou wat nou eintlik gebeur het nie. Dalk is dit 'n struktuurprobleem; dalk het te veel tussenin gebeur, ek weet nie.

Oor die algemeen is die struktuur vir my effens chaoties, en sonder plan. Dinge raak verlore omdat daar aan iets geraak word en dan gaan iets anders aan en die storie kom nooit regtig terug na die deel wat besig was om te gebeur nie. Oor die algemeen gebeur daar goed wat ek nooit heeltemaal verstaan nie. Ek weet bv nou nog nie waarom Candice in die toilet af is nie, en of dit voor of na of as gevolg van die miskraam gebeur nie. Of of dit inderdaad 'n miskraam was nie.

Ander goed wat voel of dit belangrik moes wees, word ook so onderspeel, of as los drade gelaat, en omdat ander dele nie so is nie, weet jy nie terwyl jy dit lees dat dit eintlik belangrik is nie. Party goed lyk weer of dit belangrik is maar as dit nie daar was nie sou dit geen verskil gemaak het nie. Daar is idees wat genoem word maar nie tot reg kom nie. Voorbeelde hiervan is die seun wat net ewe skielik nie meer daar is nie. Dis asof dit eintlik 'n ander storie moes gewees het. Chrestien en Eugenio wat "wegraak." Rosa en Moshe se geskiedenis, wat genoem word maar geen verskil maak aan die storie nie en wat "nou" gebeur nie.

Van die verhoudings en gebeure is vir my vreemd en ongemotiveerd. Waarom sou Tante Alessa bv. die tienerjarige Liora aanmoedig en help om die woestyn in te ry saam met haar nefie, en dit terwyl sy weet iets seksueels gaan plaasvind? Dis ongewoon, en as sulks moes dit dalk gemotiveer geword het? Ek het op geen stadium verstaan waarom sy dit doen nie. Net so het ek niks van Walter se optrede ooit regtig verstaan nie; alhoewel ek kan dink dit was dalk doelbewus so, sodat die leser hom nie leer ken nie - soos wat Candice hom nooit regtig geken het nie. Liora se uiteindelike daad is vir my ook so. Dis asof ek dit lees, en wonder, wat gaan nou aan? Het ek iets gemis?
Ook so met Jaco wat net skielik weg is sonder dat daar voldoende aanlop was. En die polisieman se veranderde houding met Candice; sommer so ewe skielik em dan word dit net agterna in ‘n sin of twee verduidelik.

Oor vreemde verhoudings: Die verhouding tussen Maman en Moshe is vreemd, Liora en Odette is vreemd, Rosa en Moshe is vreemd. Liora en Eugenio se verhouding is vreemd. Sy tree heeltemaal buite karakter op en iniseer alles, en op so manier dat dit onrealisties voel. Dit sou alles werk as dit dieper ondersoek was, maar dit gebeur nie. Liora en haar ma se verhouding is ook weird; hulle is meer soos minnaars as enige minnars in die boek. Dit maak my ongemaklik wat oukei sou wees, maar dit hang in die lug. Dit kom meer oor asof mens skielik moet agterkom hulle is close, maar die skrywer het nie mooi geweet hoe om dit te doen nie.

Ek gaan dit nogtans 4 gee want ek dink die boek is belangrik vir Afrikaans, maar dis 'n effens teësinnige 4 en dis veral vir die taalgebruik wat ek dit gee. Dan gaan ek dele van die boek vir altyd onthou, ander vergeet en hard hoop om nog ander ook te vergeet.

En een laaste ding - daar is geen manier waarop die sekstoneel op die kameel realisties kon gebeur het nie. Behalwe nou dat dit ook ongemotiveerd is waarom dit nou juis op die kameel moes gebeur. As sy kon oorklim kon hulle afklim ook. Dit was sy eerste keer op ‘n kameel en hulle altwee se eerste seksuele ondervinding, wat alreeds lomp is. Hulle sou sonder twyfel daar afgekletter het!


This entire review has been hidden because of spoilers.
Profile Image for Nicola Greeff.
32 reviews5 followers
July 30, 2019
Verevrou is ongelooflik.
Nie net wil jy glad nie die boek neersit nie, maar ook is jy amper te bang om verder te lees net ingeval iets met een van die karakters gebeur.
Jan van Tonder laat mens innig en totaal omgee vir die mense in die boek en selfs waneer dinge skeefloop is jy steeds aan hulle kant.
Die historiese aspek word vertel op ‘n manier wat jy nooit voel jy lees oor historiese gebeure nie, maar tog bly jy geboei.

Die boek laat jou wonder, huil, juig, dink en as jy klaar gelees het is dit moeilik om te verduidelik presies hoekom jy so mal is oor hierdie boek. Al wat jy weet is - jou wind is uit en jy was mal oor dit.
2 reviews
April 12, 2019
Die Verevrou is a drama following the lives of two girls that grow into strong, sure-minded women who share a common love in life - feathers and the preparation thereof. At a ripe old age, Liora finds herself on a bus in the isolated town of De Rust in the Karoo, hoping to at last find the man that once told her to follow her dream - to some day fly. But what she sees on her journey causes heart-churning delay.

Liora Papalato grows up as a French-speaking, Algerian girl on an ostrich farm in the 1960's Sahara Desert. It's a beautiful world, but she craves company. Liora cherishes the visits from her uncle Moshe, who flies over from the Karoo in South Africa to see her. Liora finds that her mother, her aunt and the ostrich egg that Moshe gifts her before his departure is what makes her believe that this isolated world is Heaven on Earth. This is the point in the story where we read about the Algerian war that breaks out, and Liora is forced to fly, true enough - but on burning wings.

Candice Amat is a beautiful, coloured girl that grows up in the isolated town of De Rust in the Karoo in South Africa, a real diamond in the rough. Unlike Liora, she prefers not to mingle with locals. In fact, she walks on stilts when she is on the streets as a vendor that sells feather dusters and fans. It is up there in the sky where she finds her happy place. On a day in the 1990's, through the window of a tourist bus, she locks eyes with an unusual visitor. A gorgeous plume pressed against the window. Candice then speaks the language of the feathers as she drops her fan to the ground - a secret gesture suggesting the possibility of friendship - and a beautiful one at that.

Vir aanhangers van die skrywer, beweer mens gou dat dié boek baie verskil van sy vorige werk. Maar hy hou tog by sy wenresep. In die voorgrond ontmoet ons sterk karakters wat leer en leef, liefde wat gewen en weer verloor word, kinderlike onskuldigheid wat besmet word met die begeleidende dreuning van politieke onrus in die agtergrond.
En dan bo dit als lees ons dit in puik Afrikaanse taalgebruik.
Profile Image for Alta Cloete.
Author 32 books49 followers
July 3, 2019
'n Ongelooflike boek! Doen jouself 'n guns en kry dit in die hande. Jy sal nie dieselfde anderkant uitkom nie.
4 reviews
January 26, 2024
Wat het 'n plaas in die Algerynse Sahara met die Klein Karoo se dorpie De Rust met mekaar te doen? Jan van Tonder weef 'n storie van twee vroue se lewens: 'n hele generasie en die Afrikakontinent uitmekaar, maar hul deel 'n passie vir volstruisvere. Liora Papalato, die meesterplumasier kom soek haar ou vriend en mentor in Suid-Afrika op en ontmoet Candice Amat wat haar dae op stelte deurbring en veersnuisterye aan toeriste smous,
Ek kon die sonsondergang na 'n sandstorm in die Sahara en die geraas van die Meiringspoortwaterval ervaar maar die beskrywing halt nie die verloop van hul verliese en keuses nie. Die karakters word geen wreedheid of sosiale euwels gespaar nie, maar dis nie 'n tranetrekker wat aanhou rol in hulpeloosheid en ellende nie. Sommige dele is ontstellend, maar prikkelend geskryf sodat ek oor die vryheidsoorlog in Algerie gaan oplees het.
Dis voorwaar 'n waardige aanvulling vir enige boekery. Ek sien uit om dit weer te lees om saam met die 6-jarige Liora swaai te ry, welwetende dat haar lewe nie 'n sorgelose swaairit gaan wees nie.
Profile Image for Frieda.
92 reviews1 follower
December 4, 2019
You’ve got my attention when a character ordered Pinot Noir and accepts Pinotage. Wine was a minor commodity in this book with ostrich feathers being the thread that ran through countries, communities and personalities. This book was a combination of many short stories pulled together. A bit of a travel journal, family saga mixed with a lot of intrigue. I am left thinking I need a discussion on this book to understand it better.
Profile Image for Ryno Grové.
2 reviews
February 8, 2020
It is most definitely not a bad book, I just didn't like it at all. I feel like Jan van Tonder was too focused on telling this story of Loisa Pappalato, the person whom Liora- the main character -is based on, that he forgot to tell a story. It was more of a long timeline than anything else. A very somber and upsetting timeline.
Profile Image for Johann.
27 reviews8 followers
April 10, 2022
Wat Jan van Tonder betref, is ek ʼn laatkommer. ʼn Kragtoer van ʼn roman wat my enduit vasgenael gehou het. Sy skryftegniek en realistiese uitbeelding van daardie tydgleuf in ons geskiedenis het grootliks daartoe bygedra.
Profile Image for Wena.
361 reviews1 follower
September 30, 2019
Intense and upsetting, and very well written!
14 reviews
June 29, 2020
Dis pragtig geskryf, maar op 'n manier vir my 'n onaangename storie. Certainly no happy endings
Displaying 1 - 22 of 22 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.