Jump to ratings and reviews
Rate this book

Rooi luiperd

Rate this book
Die Luiperd, 'n geheime agent vir 'n organisasie genaamd Die Fabriek, word deur 'n vreemde gas oorval toe hy by 'n bouperseel ondersoek instel. Twee junior agente, Mark Steyn en Lamla Ngwema, ding hierna mee om sy plek in die organisasie te neem ? intussen kry hulle rooi klaring, toestemming om in die loop van hulle pligte mense te mag doodmaak. Kolonel Duvenhage is die hoof van die organisasie en hy lig hulle in dat 'n terreurgroep genaamd Hidra verantwoordelikheid vir die Luiperd (Alec van der Westhuizen) se dood aanvaar het. Steyn en Ngwema moet sielkundig geevalueer word deur Lana Dubois, die kolonel se niggie, maar Steyn gee nie sy samewerking nie en wil niks omtrent sy verlede se nie. Dit frustreer haar; hy fassineer haar ook. Toe Ngwema amper sterf tydens ?n hangsweef-oefening, begin hy vermoed Steyn was vir die byna-"ongeluk" verantwoordelik om hom as kandidaat uit te skakel, ondanks hulle jarelange vriendskap. Nadat Rentia, 'n werknemer van Die Fabriek, met 'n hallusinatoriese stof gespuit word, histeries word en sterf, word in haar baadjiesak 'n kwansuise gelukwensing sy het 'n opedag by die nuwe Bella Vista Gesondheidsoord in die Boland gewen. Al vermoed Die Fabriek dit is 'n lokval, moet daar ondersoek ingestel word ... Ngwema soek egter 'n voorsprong en gaan 'n ooreenkoms met Lana aan ? hy sal haar van Steyn se verlede vertel as sy hom aanwys as die een wat in Rentia se plek na die oord moet gaan. Sy maak so ... en dan begin die verhaal teen 'n asembenemende spoed ontvou, met volop kinkels in die kabel. Heerlike leestof vir almal wat hou van die spanning en intrige wat gepaardgaan met die wereld van spioenasie en geheime agente.

192 pages, Paperback

First published August 1, 2008

9 people want to read

About the author

François Bloemhof

97 books22 followers
François Bloemhof is in die 1960's in die Paarl gebore. Hy het in 1991 op die Suid-Afrikaanse literêre toneel verskyn as De Kat-pryswenner met sy debuutroman "Die nag het net een oog". Sy volgende drie boeke was almal op 'n manier spanningsverhale, voor moeilik klassifiseerbare tekste soos "Storieboek", "Hostis" en "Klipgooi".

Omdat jonger lesers van sy boeke gehou het, het hy ook spesifiek vir hulle begin skryf, met soveel sukses dat hy 'n ruk lank net daarop gekonsentreer het. Hy het gou 'n klomp ATKV-Veertjies ('n kompetisie waarin jong lesers self hul wenboeke aanwys) op sy rak gehad, asook pryse vir die tienermark, insluitend vir "Slinger-slinger" en "Nie vir kinders nie" (in Tafelberg en Sanlam se Jeuglektuurwedstryd) en "Stad aan die einde van die wêreld" (in die Maskew Miller Longman Literêre Kompetisie).

Nadat hy vyf jaar lank nie vir die volwasse mark iets gelewer het nie, het Bloemhof teruggekeer na die genre waarmee hy begin het met "Spinnerak", met Alma van der Pool as die heel eerste vrouespeurder in Afrikaanse fiksie. Sy maak weer so in "Jagseisoen" (2007).

Met verwysing na wat Alfred Hitchcock eenmaal gesê het, het Bloemhof al opgemerk: "Party mense skryf 'slices of life'. Ek het nog altyd 'slices of cake' verkies."

-----------------------------------------------------------------

François Bloemhof was born in the 1960s in Paarl. He made his debut on the South African literary scene in 1991 by winning the De Kat prize for his novel "Die nag het net een oog". His next three books were all thrillers of some sort, before he published largely unclassifiable works like "Storieboek", "Hostis" and "Klipgooi".

Because younger readers liked his books, he began to also write specifically for them, with such success that he became sidetracked for a while. He soon had a host of ATKV-Veertjies (a competition in which young readers select the winning books themselves) as well as prizes for the teenage market, including for "Slinger-slinger" and "Nie vir kinders nie" (in the Tafelberg/Sanlam Youth Literature Competition) and "Stad aan die einde van die wêreld" (in the Maskew Miller Longman Literary Competition).

After a five-year layoff from the adult fiction market, Bloemhof returned to the genre in which he started with "Spinnerak", featuring Alma van der Pool, the first ever female detective in Afrikaans fiction. She returned in "Jagseisoen" (2007).

With reference to a one-time comment by Alfred Hitchcock, Bloemhof has remarked: "Some people write slices of life. I've always preferred slices of cake."

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
2 (13%)
4 stars
4 (26%)
3 stars
5 (33%)
2 stars
3 (20%)
1 star
1 (6%)
No one has reviewed this book yet.

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.