Jump to ratings and reviews
Rate this book

Bloedlelie

Rate this book
In die somer van 1838 vertrek die Voortrekkerleier Piet Retief en sowat 100 man na die Zoeloekoning Dingaan om oor grond vir die trekkers te onderhandel. In die laer by Doornkop wag sy vrou Magdalena op hulle terugkeer. Die afloop van hierdie sending na Dingaan is wyd opgeteken as die Slag van Bloedrivier. Byna 180 jaar later is Hanna op soek na wat ook al Magdalena nagelaat het. Vroeg in hierdie soektog loop Hanna haar vas in ’n plaasmoord waarvoor sy nie antwoorde het nie. Bitter min is bekend oor Magdalena en haar lewe ná 1838, buiten haar brief in 1841 aan haar skoonfamilie. In Pietermaritzburg staan haar huisie vandag nog, nou ’n klerewinkel. Kort voor haar dood in 1854 besoek ’n handelaar haar in Potchefstroom en staan in sy boek ’n paragraaf aan haar af. Al wat ons het, is vandag en elke mens vertel ’n storie anders. Van ver af is niks soos dit vir ons lyk nie.

310 pages, Kindle Edition

First published March 1, 2019

8 people are currently reading
20 people want to read

About the author

Jeanette Ferreira

19 books6 followers
Jeanette Ferreira
Biographical info
Jeanette Ferreira was born on 20 April 1954 near Tzaneen. She completed her schooling at the Merensky Agricultural High School and later obtained BA Honours and MA degrees at the University of Pretoria and a PhD at Rhodes University (under the guidance of André P. Brink).
She lectured Afrikaans literature at the University of the North, the University of Zululand and Vista University. In 1988 and 1989 she was chairperson of the Afrikaans Writers' Guild.
After her academic career she worked in publishing for 10 years as editor and publisher. She is currently a freelance editor. She has written and compiled several books in a variety of genres, and is particularly known for her popular Anglo-Boer War novels: Babette, Catharina and Charlotta. She lives in Pretoria.
Did you know?
· Her novella Sitate om ’n rewolusie was translated into English (Footnotes on a Revolution) by André Brink, but was never published.
· In 1989 she was a member of the South African delegation of cultural representatives that met with the ANC abroad under the auspices of Idasa.
· Jeanette chooses a piece of music that she listens to continually when she writes a book. For Charlotta it was Oh, virgin of the angel host, sung by the Caerphilly Male Voice Choir.
· In 1999 Babette was adapted into a musical in English that was staged by the RAU Cultural Office. The music critic Paul Boekkooi described it as “an impressive musical love story, a production that should not be missed by enthusiasts of musicals”.

Author bookshelf
Nuwe stories (compiler, Tafelberg, 2012)
Boereoorlogstories 2, (compilerTafelberg, 2012)
Boereoorlogstories, (compiler, Tafelberg, reissue, 2011)
Die son kom aan die seekant op, Human & Rousseau (2007)

Awards
Die Transvaler’s short story competition (1982)
List of titles
Prose
1985 Sitate om ’n rewolusie (novella)
1989 Die mammies, die pappies, die hondjies, die katjies (short stories)
1994 Daardie eerste somer (love story)
1994 Bly by my vannag (love story)
1995 Die onsterflikes (science fiction)
1995 Babette (novel)
1996 Catharina (novel)
1998 ’n Man soos Charles (love story)
1999 Charlotta (novel)
2002 Diepwater (novel)
2007 Die son kom aan die seekant op (novel)
Poetry
1980 Waar een mens saam is
Literary theory
1985 Breyten, die simbool daar
Compiler
1998 Boereoorlogstories (New edition 2011)
1999 Liefde loop ver
2001 Kruis en dwars
2005 Op hulle stukke
2012 Boereoorlogstories 2
2012 Nuwe stories

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
11 (32%)
4 stars
13 (38%)
3 stars
7 (20%)
2 stars
3 (8%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 3 of 3 reviews
Profile Image for Amanda.
1,155 reviews
April 3, 2019
Van tyd tot tyd kom daar ’n boek oor my pad, waartoe ek met omsigtigheid my #amandinkso voeg. Ek het die boek half hortend begin lees, aandag afgelei deur ander verpligtinge, wat die skrywer en die storie oneer aandoen. Dit is eers nadat ek my spreekwoordelike tande daarin kon kry, dat ek verstom staan oor die hoeveelheid navorsing en kennis wat vasgevang is in die driehonderd bladsye van ’n merkwaardige en eiesoortige historiese roman. Die besondere woordvaardigheid van die skrywer beïndruk. Die geskiedkundige karakters se stem is totaal verskillend van die moderne karakters, met die ryk beelde van die Zoeloe's wat soos 'n rooi koord dwarsdeur die verhaal loop.

Die verhaal wissel tussen die geskiedenis van Piet Retief en sy minder bekende vrou, Magdalena, en die huidige waarin Hanna navors oor Magdalena terwyl haar man doenig is met grondeise. Die skrywer trek ’n treffende parallel tussen die Voortrekkers se soeke na grond en die eise wat tans aan die orde van die dag is, sonder om uitsprake te maak ten gunste van enige bevolkingsgroep. Hanna se opmerking is waar, net soveel vandag as in die agtienhonderds: "Elke kontinent het sy skemers. Afrika s’n dra net swaar aan sy bedroefdheid." (bl 285)

Indien ’n suiwer historiese aanslag nie heeltemal in jou smaak val nie, is Bloedlelie presies wat ek sal aanbeveel, want geskiedenis en die hedendaagse wissel mekaar effektief af, sonder om kontinuïteit in te boet.
Profile Image for Sylvia.
37 reviews8 followers
April 7, 2019
Soms, by die lees van ‘n besondere roman, verlang ‘n leser om meer te weet oor die geskiedenis. ‘Bloedlelie’ is ‘n roman wat daardie begeerte om meer te weet, bevredig. Ferreira, bekend vir haar deeglike navorsing, stel hier ook nie teleur nie. In fyn getekende besonderhede kom die lewensgeskiedenis van die vrou van Piet Retief, naamlik Magdalena Retief, mettertyd helder uit die ink. Die roman speel in twee tydperke af. Hanna, die hooffiguur in die huidige era, is juis op soek na gegewens oor Magdalena. Ook sý worstel met hierdie land se gewelddadige eietydse geskiedenis terwyl sy in Magdalena se angswekkende bestaan van ongeveer honderd en tagtig jaar gelede delf. Jeanette Ferreira se pragtig beeldende styl maak hierdie boek ‘n plesier om te lees en daarby leer die leser baie van ‘n vergane tyd. ‘n Enkele voorbeeld van haar skryfstyl: “Die harp kabbel deur die sitkamer. Viole sug en styg” (105). En ook: “Afrika kraak nie ‘n takkie wanneer ‘n gewone mens sterf nie” (299). Doen jouself ‘n guns en lees ‘Bloedlelie’.
159 reviews2 followers
October 3, 2022
Baie maal vergeet mens die heldinne agter die "skerms". Hierdie verhaal skets die groot rol wat vrouens gespeel het. Dit wys hoe Piet Retief se vrou haar gesin, die medetrekkers ondersteun het toe Piet Retief na Dingaan toe is. Dit is ook ironies dat Piet Retief wat 'n trekkerleier was se vrou soveel beproewinge moes deurmaak wat nie deur haar eie toedoen veroorsaak is. Die verhaal vertel 'n hartseerdeel van die afrikanergeskiedenis. Die boek se feite is histories korrek,nadat ek dit gelees het en almal se inligtingsbron "Google" gebruik het besef daar was regtig Bezuidenhouts by Bloukrans.Iets wat ek weereens besef het is Suid Afrika is soos wit lig deur 'n prisma wat opbreek in verskillende kleure (Elke groep leef anders,dink anders en ons wese "wie ons is" verskil.
Displaying 1 - 3 of 3 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.