Jump to ratings and reviews
Rate this book

Kanker Schmanker!

Rate this book
Die oorlewingstog van 'n dapper vrou
“ ʼn Kale vlakte waar my regterbors eens was. Ek maak my oë toe en laat my brein toe om te proe aan hierdie monumentale ding. Kanker schmanker, besluit ek. Ek is nog net soveel vrou soos voor die operasie. My vroulikheid het toe al die tyd nie in my bors gesit nie. Dit sit in my kop, in my hart, in daardie onmeetbare, onaantasbare iets wat die gees genoem word.”
In hierdie aangrypende boek deel die bekende spanningsverhaalskrywer Madelein Rust die intiemste besonderhede van haar reis met borskanker. Dit is ʼn brutaal eerlike vertelling wat haar belewenis van die siekte met patos en humor uitbeeld. Lesers verkry ʼn eiesoortige blik op die fisieke ervarings van borskankerstryders sowel as die ewig veranderende binnewêreld van dié wat teen die siekte veg.
Kanker schmanker! rus borskankerstryders toe met inligting wat nie altyd geredelik beskikbaar is nie en help hul geliefdes om die reis met kanker beter te verstaan. Dit is ʼn boek van hoop en triomf wat die leser hardop laat huil en laat lag. Dis 'n verhaal vir elkeen van ons wat ʼn stryd van enige aard stry.

244 pages, Paperback

First published March 1, 2019

3 people are currently reading
13 people want to read

About the author

Madelein Rust

20 books39 followers
Madelein Rust se liefde vir die geskrewe woord begin in die klein skoolbiblioteek van Brandwag Primêr in Bloemfontein, waar sy pousetye die een boek na die ander verslind. Sy slyp haar skrywerstande reeds op skool, waar sy uitblink in stelwerk en opstelkompetisies. As jong ma sluit sy aan by die Bloemfonteinse Skrywersvereniging, waar sy ’n aantal pryse wen in die vereniging se jaarlikse skrywerskompetisie vir amateurskrywers.

Sy waag haar hand aan romantiese kortverhale, en haar twee pogings in dié genre, Tango in die Kuberruim en Skarlakenvrou, verskyn in Huisgenoot. Een van haar kortverhale, Joy, verskyn in Bateleur Boeke se In ’n Neutedop, gevolg deur Die dag toe oom Willem geval het in Maskew Miller Longman se Literary Awards Edition publikasie, Sussie Veer is dood en ander verhale.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
12 (70%)
4 stars
5 (29%)
3 stars
0 (0%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 5 of 5 reviews
Profile Image for Lelani.
101 reviews30 followers
March 18, 2019
Mens kan nie anders as om hierdie boek al 5 sterre te gee nie. Kanker Schmanker is Madelein Rust se pad met kanker. Die ups en downs. Die oorwinnings en die verliese, klein en groot.

Buiten dat dit lekker lees, is dit beslis kos vir jou siel en vir nabetraging. Daar is oomblikke wat jy saam lag en saam huil. En aan die begin kan jou hart nie anders as om te breek vir enigiemand wat daardie diagnose moet aanhoor nie.

Ek wil net vir Madelein sê: Baie dankie dat jy jou ervaring met ons gedeel het. Dit was beslis 'n eye-opener.
Profile Image for Amanda.
1,157 reviews
May 6, 2019
Toe ek ’n tyd gelede vir Madelein Rust ontmoet het, wou ek weet of sy werk aan ’n nuwe Renata Malan. Eers "iets anders", was haar antwoord. Geen manier dat ek sou raai dat sy besig was om haar reis met borskanker neer te pen nie; trouens, geen manier dat ek kon vermoed dat sy kanker gehad het nie.

Kanker Schmanker is enige tyd net so boeiend soos haar spanningsverhale, want Madelein het ’n baie besondere taalvaardigheid wat nie beperk kan word tot een genre nie. Voeg daarby die nugtere en eerlike, soms humoristiese, vertelling van haar belewenis van die hele proses, vanaf diagnose tot aan die einde van die behandeling, en ek kan waarborg dat die boek met moeite neergesit word. Ek het frases weer en weer gelees, soos die beskrywing van haar skoonma: "... sy is min van woord, maar haar oë is wel ter tale." (bl 45).

Dit was vir my ’n nostalgiese lees, want ek het jare gelede hierdie kankerpad gestap saam met my ma, maar op geen stadium het dit my teneergedruk nie. Daarvoor is die aanslag van die boek te positief, selfs uitdagend. Swaar sluk of selfs trane afvee, dit gaan jy wel. Ek stem een honderd persent saam met die ontdekking waartoe die skrywer gekom het: "Ons bemoedig die lyers, ons vier die oorlewendes en ons eer dié wat gesterf het." (bl. 106)

Elke vrou behoort hierdie boek te lees, maar ek sal ook die manne aanmoedig om te gaan kers opsteek by Jaun, die skrywer se man. Die waarde van ’n eggenoot se ondersteuning en begrip, kan nooit oorbeklemtoon word nie. Ook nie die onwrikbare vertroue wat die skrywer deurentyd gehad het in die genade van haar Here nie. Bravo, Madelein Rust, jy het kanker trompop geloop en nie gehuiwer om jou goeie en slegte dae met ons te deel nie. Kanker schmanker!
Profile Image for Anschen Conradie.
1,495 reviews85 followers
January 26, 2020
#KankerSchmanker! - Madelein Rust
#Lapa

Ek het hierdie boek al ‘n geruime tyd, maar moes moed bymekaarskraap om dit te lees; my ma se stryd teen kanker wat Junie 2017 tot ‘n einde gekom het, was vir my nog te vars in die geheue. Dit was egter my keuse vir die leesuitdaging se biografie/outobiografie/memoir-afdeling, so ek het deurgedruk. En ek is bly ek het. My eie ervaring was oorwegend negatief en dit was vir my beide vertroostend en bemoedigend om deur die lees van die boek herinner te geword het dat daar positiewe stories ook is.

Madelein, ek salueer jou. Baie dankie vir hierdie boek. 5 sterre, hy gaan saam ouetehuis toe.

#Uitdieperdsebek
Profile Image for Zelda.
Author 13 books33 followers
July 7, 2019
Brilliant, honest and often humorous account of one woman's tango with the Big C. A very inspiring book for anyone going through a tough time.
Profile Image for Estè Freysen-Odendaal.
11 reviews1 follower
June 28, 2020
I don't have words! A must read for any-and-everyone, regardless. To Madelein Rust, may our loving God protect you and my your healing be forever!
Displaying 1 - 5 of 5 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.