Jump to ratings and reviews
Rate this book

SuperRomanza

Skakerings van Geluk

Rate this book
"Haar geluk bestaan uit verskillende skakerings ...
Lea Richter is vasgevang in ’n situasie waaruit sy nie kan kom nie. Haar ma is aan ’n rolstoel vasgekluister, erg depressief en afhanklik van haar. Lea se onblusbare gees hou haar egter met haar kragtige motorfiets gaan sy op lang ritte en saans skryf sy romanses onder ’n skuilnaam om haar balans te probeer hou.

Om den brode is sy die prim en proper bibliotekaris van Fynbos. Stef Brits, ’n motorfietsrenjaer en
̶handelaar, stap met sy groot stewels in haar biblioteek in en kom gooi haar saai bestaan geheel en al skoon omver. Hy is aantreklik en opwindend – die verpersoonliking van die helde wat Lea vir haar romanses skep.

Stef het lankal besluit dat hy nooit wil trou nie, maar Lea doen iets aan hom wat hom erg omkrap. Hy is ’n filofobiak, bang vir die liefde, maar het nooit met ware liefde rekening gehou nie.

Die hekelgroep van Skakerings besef dat hulle hul plig teenoor Lea en haar ma versuim het en beraam planne om die twee verliefdes te hulp te snel. Lea se ma onthul egter wat die oorsaak van haar psigosomatiese verlamming is en plaas ’n splinternuwe hindernis op die paartjie se pad na geluk. Kan hulle ook dit oorkom?"

241 pages, Kindle Edition

First published April 1, 2019

1 person want to read

About the author

Madelie Human

66 books15 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
4 (40%)
4 stars
6 (60%)
3 stars
0 (0%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 2 of 2 reviews
Profile Image for Amanda.
1,155 reviews
April 18, 2019
Geluk… Dit is wat ek beleef het sedert ek vir die derde maal gaan aandoen het by Madelie Human se kusdorpie, Fynbos. Dit spruit myns insiens uit die kultuur van omgee en opheffing wat die skrywer vir ons skilder. Skakerings, wat begin het as ’n klein tuisonderneming in die tekstielbedryf, skep werk vir talle inwoners van Fynbos met die kleur en weef van wol en die maak van handgemaakte artikels, die patrone waarvan deur hulle eie ontwerper opgetower word.

Omdat ek self versot is op hekelwerk en betrokke is by 'n bediening wat uitreik deur gehekelde blokkieskomberse, kan ek my vereenselwig met die terapeutiese aspek van handwerk. Die skrywer maak dit ’n integrale deel van die storielyn.

Wat ook bydra tot die gevoel van vergenoegdheid by die lees van Skakerings van geluk, is die feit dat daar nie regtig noemenswaardige antagoniste is om die bloeddruk op te jaag nie, ook nie moordenaars om jou te laat naels kou nie. Om die verhaal geloofwaardigheid te gee, is daar darem ’n insident van vandalisme; Fynbos is immers in Suid-Afrika. En ja, daar is ouers wat foute gemaak het, sommige gewoonteoortreders op die koop toe. Ook karakters wat hard wroeg met vooropgestelde oortuigings, maar nie soveel so dat die leser moedeloos word nie.

Madelie Human is 'n deurwinterde skrywer van liefdesverhale, dus hoef ek nie eers te noem dat die skryfstyl heerlik vlot nie. Aan ervaring met die skryf van reekse, skiet sy ook nie te kort nie. Skakerings van geluk volg op Skakerings van hoop en Skakerings van liefde. Dit het gevoel na tuiskoms wanneer Anina, Nadia, Sylvia, Eleanor en ander karakters uit die vorige boeke, deurentyd ’n rol speel in hierdie derde aflewering oor Fynbos en Skakerings. Dit sal gaaf wees vir lesers om die reeks van voor af te lees, maar as dit nie kan nie, gun jouself gerus hierdie stukkie geluk.
Profile Image for Nenette de Lange.
169 reviews5 followers
June 19, 2019
Kan een persoon soveel opoffer? Jip, ek sou presies soos Lea gemaak het. As my ma siek en in ‘n rolstoel is, sal ek my lewe tot stilstand ruk en haar versorg. Lea het alles opgeoffer, om so na haar ma om te sien. Maar op ‘n dag stap daar ‘n man in ‘n oorpak by haar biblioteek in, om ‘n boek te kom uitneem, en hy bly nie eens op die dorp nie. Natuurlik weier sy om dit vir hom te leen. Met sy stert tussen sy bene, gaan kuier Stef by sy ouma, wat ook op die dorp bly. Sonder dat Stef dit besef, gaan kuier hy heel meer by sy ouma, net om ‘n oulike biblioteekkaresse te sien, en nog deel sy sy passie van motorfietse. So leer hulle mekaar ken maar ook gou besef Lea, dat hulle nie ‘n lewe saam kan hê nie. Hy bly en werk in die stad – ‘n baie suksesvolle sakeman en sy moet by haar siek ma bly. Maar so kom ‘n lelike geskiedenis tevore, wat nog verder klippe in die pad van Lea se liefde kom. Gaan sy oor die klippe klim, of bly waar dit veilig is. Weereens, welgedaan Madelie met nog ‘n suksesvolle boek
Displaying 1 - 2 of 2 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.